Vriende met God (2)

2019-04-12
Eksodus 33:12 NLV

Ons het gesien hoe Moses met God soos ‘n vriend praat en sê wat hy waarlik voel en dink. God wou dit so gehad het. Kom ons luister na hulle gesprek. Toe Moses vir God gesê het: ‘…U het vir my gesê om hierdie volk te lei… U het wel vir my gesê dat U my baie goed ken en dat ek u goedkeuring wegdra’ (vers 12 NLV), was hy besig om te herhaal wat God so pas vir hom gesê het. Kan jy dink aan ‘n keer toe jy vir jou eggenoot of vriend gesê het: ‘Jy was die een wat …. gesê het!’? Dis wat Moses hier doen – hy herinner God aan sy eie woorde. God wil hê dat jy sy beloftes onthou en hulle in gebed spreek. Nie omdat jy Hom daaraan moet herinner nie, maar om jouself daaraan te herinner. Wanneer jy God se Woord in gebed verbaliseer, bid jy volgens sy wil en word jy ‘n gunstige reaksie gewaarborg. Memoriseer dus Skrifgedeeltes wat met jou behoeftes en begeertes verband hou. Klee jou petisies in sy beloftes. Wanneer jy byvoorbeeld sê: ‘Here, U het gesê dat wanneer ek iets in gebed vra en glo dat ek dit reeds ontvang het, sal U dit vir my doen’ (sien Markus 11:23 NLV), bekragtig dit jou gebed. Hoe meer jy van God se Woord leer, hoe meer sal jou gebedstyd in lyn met sy Woord kom en hoe nader sal jy aan Hom voel. Hou jou Bybel byderhand wanneer jy met God praat, sodat Hy jou gedagtes na die woorde wat Hy wil hê jy moet bid, kan rig.

Sielskos: Dan 3-4; Luk 22:39-46; Ps 130; Spr 10:12

Vriende met God (1)

2019-04-11
Eksodus 33:11 NLV

Wanneer jy met ‘n vriend gesels, is jy onbewaak en ontspanne. Jy kan sê wat jy dink sonder om bang te wees dat jy geoordeel gaan word. Dis hoe Moses en God met mekaar gepraat het – soos twee vriende wat deursigtig met mekaar is en mekaar vertrou. Hulle het gesê wat hulle voel en dink. Die Israeliete het pas ‘n goue kalf gemaak om te aanbid en God was kwaad genoeg om hulle te onterf en nuwe vriende te kies. Moses het ‘n groot krisis op hande gehad en het ‘n ernstige gesprek met God aangeknoop. Hy het in wese vir God gesê: ‘U sien dit op een manier en ek op ‘n ander manier. U perspektief maak my ongemaklik.’ Dit klink soos ‘n openhartige gesprek tussen vriende. Hy was nie besig om oneerbiedig te wees nie, hy het net sy hart oopgemaak. God en Moses het mekaar goed genoeg geken om te praat ‘…soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk…’ Bid jy so? Sonder aanstel; net ‘n gesprek uit die hart met ‘n vriend wat jy vertrou en na aan voel? Dis wat God met Moses wou gehad het – en wat Hy ook met jou wil hê! Godsdienstige clichés en die gewone lysie van gebede kan jou geleentheid om diep en persoonlik met God te konnekteer, ondermyn. Maak eerder teenoor Hom oop. Praat eerlik met Hom oor waar jy vandaan kom en wat jy voel, dink en begeer. Dis hoe om ‘n vriend met God te wees!

Sielskos: Dan 1-2; Luk 22:24-38; Ps 127; Spr 10:11

Seasons

2019-04-10
2 Timothy 4:2 NIV

We all experience seasons in our lives. Sometimes we’re in the season of small beginnings. That season can frustrate us because we want to do the big things for God, not the smaller tasks. We want to be used by God without first learning the skills we’ll need. But God says, ‘Do not despise these small beginnings’ (Zechariah 4:10 NLT). That’s like spring – the season where life is starting to emerge from winter. Other times we’re in a season of joy. Things in our lives seem to be working out, and we’re on fire for God. We’re passionate for His church, and have opportunities to serve Him. This time is like summer. We’re out enjoying God and everything feels great. Our autumn season can feel like things are starting to die in our lives. We’re trying to hold on to the summer, but things don’t seem to be working out for us anymore. Other times we’re in valley seasons. Those times can feel dark and long. We’re tired and start to wonder if new life will ever come again. That’s like winter. But thankfully, spring always follows winter. If we’re not sure what season we’re in, we can ask God. He does everything according to a set time and purpose. God gives us grace for the season we’re in. He gives us the strength to deal with the tougher seasons. And we can grow our faith, even when we’re not in the summer season. Paul said, ‘Be prepared in season and out of season.’ So let’s ask God to show us what season we’re in and how to make it as productive as it possibly can be.

Phil 1-4; Luke 22:14-23; Ps 43; Prov 10:10

In watter seisoen is jy?


2 Timoteus 4:2 NLV

As jy jou saad op die verkeerde tyd saai, loop jy die risiko om jou oes te verloor. Hoekom? Omdat jy nie die seisoen waarin jy is, herken het nie. Is jy in die seisoen van klein begin? As jy is, sê God: ‘Wie minag die dag van oënskynlik klein dingetjies?..’ (Sagaria 4:10 NLV). Die rykheid en stabiliteit wat uit ‘n klein begin en geleidelike sukses kom, is blywender as die temperamentele optrede van diegene wat nooit hulle eie swakhede ontdek het of ‘n ware sin van afhanklikheid aan God ontwikkel het nie. Vra vir God as jy nie seker is in watter seisoen jy is nie. Hy doen alles volgens ‘n gevestigde tyd en doel. In die herfs ploeg jy die grond, saai die saad, strooi kunsmis en kyk dan die volgende lente uit vir die oes. Intussen wag jy, omdat die grond besig is om sy voedingstowwe weer aan te vul om ‘n oes te kan produseer. Die wortelstelsel wat nodig is vir sterk, gesonde groei, is besig om te ontwikkel. Verstaan die volgende: God gee vir jou genade vir die seisoen waarin jy is – nie die een waarin jy was of die een waarin jy graag wil wees nie. Toe Paulus gesê het: ‘…Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie…,’ het hy besef dat hy in die winter van sy bediening was. Dis hoekom hy sy kennis aan sy opvolger, Timoteus, uitgestort het. Paulus het nie die veranderende seisoene weggewens nie. Nee, toe sy tyd as speler tot ‘n einde gekom het, het hy eenvoudig ‘n afrigter geword. Vra dus vir God om jou te wys in watter seisoen jy is en hoe om dit die produktiefste seisoen van jou lewe te maak.

Sielskos: Fil 1-4; Luk 22:14-23; Ps 43; Spr 10:10

Gaan dieper!

2019-04-09
Lukas 5:4 NLV

Die dissipels het die hele nag probeer visvang, maar niks gevang nie. Toe het Jesus gesê: “‘Vaar nou dieper in en gooi jou nette uit…’ En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het!” (Lukas 5:4-6 NLV). Let drie dinge op: 1) Om harder te werk is nie noodwendig die antwoord nie. Die dissipels het die hele nag hard gewerk. Niemand kan hulle werksetiek bevraagteken nie. Wanneer jy egter in water wat te vlak is visvang, gaan geen hoeveelheid inspanning resultate meebring nie. 2) Jy moet God gehoorsaam, selfs wanneer jy nie sy plan verstaan nie. Petrus, ‘n gesoute visserman, het sy trots eenkant geskuif en gesê: ‘…Maar as u so sê, sal ons weer probeer’ (vers 5 NLV). In Getsemane het Jesus dieselfde houding geopenbaar toe Hy gebid het: ‘…Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!’ (Lukas 22:42 NLV). 3) Dit werk altyd om dieper te gaan. Jesus het gesê dat net een huis in die storm staande gebly het, omdat die bouer diep gegrawe het en op ‘…’n sterk fondament wat ‘n rotsbasis gelê is’ (Lukas 6:48 NLV), gebou het. Die skrywer Phil Yancey se voormalige pastoor het gesê dat hy soms soos ‘n ou handgedrewe pomp gevoel het. “Elkeen wat by hom kom sou die hefboom ‘n paar keer vinnig pomp en elke keer sou hy voel hoe iets uit hom dreineer. Uiteindelik het hy niks meer gehad om te gee nie. Hy het hierdie gedagtes aan ‘n baie wyse non genoem en verwag dat sy mooi woorde sou sê oor hoeveel wonderlike opofferings hy maak. In plaas daarvan het sy vir hom wonderlike raad gegee: ‘Daar is net een ding om te doen wanneer jou put droog is. Gaan dieper!'” Dis die woord vir jou vandag!

Sielskos: Lev 26-27; Luk 22:1-13; Ps 56; Spr 10:8-9

Staan vas!

2019-04-08
Hebreërs 11:27 NLV

Die lewe van Moses kan in drie woorde opgesom word: ‘Hy het volgehou.’ Hy het ten spyte van die minagting van Farao, die magtigste monarg op aarde, volgehou. Hy het ten spyte van die hardkoppigheid van die Israeliete, wat gekla, geblameer en gerebelleer het, volgehou. Hy het ten spyte van die kritiek van Miriam en Aäron, sy eie familie, volgehou. Hy het ten spyte van die negatiewe verslag van die tien spioene wat van die Beloofde Land af teruggekom het (sien Numeri 13:33), volgehou. Hoe het Moses dit gedoen? ‘Omdat hy geglo het, het Moses… volgehou soos iemand wat sy oog op die onsienlike gevestig hou.’ Hy het sy oë op God – nie op mense nie – gevestig gehou. Paulus gee ons die geheim om al die gevegte in ons lewens te wen: ‘Dan… sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan’ (Efesiërs 6:13 NLV). Staan vas wanneer dit lyk of dit met jou vyande goed gaan. Staan vas wanneer dit lyk of die bose wen. Staan vas wanneer groot mense kleinlik optree en wanneer klein mensies outoriteit wat hulle nie verdien nie, vereis. Staan vas wanneer niemand sal weet dat jy verkeerd opgetree het nie. Geestelik gesproke, waar is jy vandag? Voel jy bewerig in areas waarin jy eens op ‘n tyd sterk gestaan het? Gee jy toe aan versoeking, vrees, buierigheid of die opinies van ander omdat jy moeg vir hulle afkeuring is? Staan vas! Moses het sy oë op die Here gevestig. Hy het hom konstant daaraan herinner dat sy enigste doel in die lewe was om die Here te behaag, te gehoorsaam, te verheerlik en sy goedkeuring te kry. Die woord vir jou vandag is dus: Staan vas!

Sielskos: Lev 23:26-25:55; Luk 21:29-38; Ps 50:16-23; Spr 10:4-7