Gaan dieper!
2019-04-09Lukas 5:4 NLV
Die dissipels het die hele nag probeer visvang, maar niks gevang nie. Toe het Jesus gesê: “‘Vaar nou dieper in en gooi jou nette uit…’ En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het!” (Lukas 5:4-6 NLV). Let drie dinge op: 1) Om harder te werk is nie noodwendig die antwoord nie. Die dissipels het die hele nag hard gewerk. Niemand kan hulle werksetiek bevraagteken nie. Wanneer jy egter in water wat te vlak is visvang, gaan geen hoeveelheid inspanning resultate meebring nie. 2) Jy moet God gehoorsaam, selfs wanneer jy nie sy plan verstaan nie. Petrus, ‘n gesoute visserman, het sy trots eenkant geskuif en gesê: ‘…Maar as u so sê, sal ons weer probeer’ (vers 5 NLV). In Getsemane het Jesus dieselfde houding geopenbaar toe Hy gebid het: ‘…Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!’ (Lukas 22:42 NLV). 3) Dit werk altyd om dieper te gaan. Jesus het gesê dat net een huis in die storm staande gebly het, omdat die bouer diep gegrawe het en op ‘…’n sterk fondament wat ‘n rotsbasis gelê is’ (Lukas 6:48 NLV), gebou het. Die skrywer Phil Yancey se voormalige pastoor het gesê dat hy soms soos ‘n ou handgedrewe pomp gevoel het. “Elkeen wat by hom kom sou die hefboom ‘n paar keer vinnig pomp en elke keer sou hy voel hoe iets uit hom dreineer. Uiteindelik het hy niks meer gehad om te gee nie. Hy het hierdie gedagtes aan ‘n baie wyse non genoem en verwag dat sy mooi woorde sou sê oor hoeveel wonderlike opofferings hy maak. In plaas daarvan het sy vir hom wonderlike raad gegee: ‘Daar is net een ding om te doen wanneer jou put droog is. Gaan dieper!'” Dis die woord vir jou vandag!
Sielskos: Lev 26-27; Luk 22:1-13; Ps 56; Spr 10:8-9