2020-02-27
Psalm 119:130 NLV
Brian Hardin sê dat God in Desember 2005 vir hom gesê het om die Bybel te potgooi. Hardin skryf: ‘Op oujaarsaand het ek my eerste potgooi gelees. Ek het gesê: ‘Ek is Brian. Ek het geen uitsendingservaring nie. Ek weet regtig nie wat ek doen nie, maar ek beplan om hierdie jaar die Bybel deur te lees. As jy hierdie wil ontvang, teken aan op my eposadres.’ Ek het verwag dat vyf mense sou aanteken. Op 1 Januarie 2006, het ek 257 reaksies ontvang en teen Junie is die daaglikse oudio Bybel meer as 200,000 keer afgelaai. Nou, op ons sesde herdenking, is dit meer as 51 miljoen keer afgelaai en is dit steeds een van die top potgooie op iTunes. Met meer as 1.5 miljoen mense wat maandeliks die daaglikse oudio Bybel aflaai, is ons een van die potgooie wat die meeste in die wêreld geluister word. Ons het ‘n massiewe aanlyn familie geword wat saam bid en die Bybel aanhoor. Wanneer iemand bel of die aanlyn gebedslyn met ‘n versoek kontak, bid duisende mense vir daardie persoon. Ons ontvang ‘n eindelose stroom eposse van ontnugterde gelowiges wat die potgooi aanloklik vind. Paartjies wat nog net die skeibrief moes onderteken, het na die potgooi begin luister en agtergekom dat hulle huwelik herstel is. Ek kan jou baie verhale vertel van mense wat hooploos was – en ek bedoel mense wat selfdood oorweeg het – wat vertroosting in God se Woord gevind het en herstel is. Die Bybel het ‘n stem en wanneer dit die kans gegee word om – in konteks – te praat, sal dit wonderlike dinge in jou hart skep. Die Bybel kan selfs die mees verwronge lewe transformeer. Ek weet. Dit het myne radikaal verander.’ Jou lewe sal verander wanneer jy die Bybel lees.
Sielskos: Gen 10-12; Matt 18:10-20; Ps 58; Spr 6:12-15
2020-02-26
1 Samuel 30:8 NLV
God se Woord beloof dat jy vrygemaak kan word van dit waaraan jy vandag verslaaf is. Daar is meer! Jy kan dit wat jy verloor het, of selfs iets beter, ook terugkry. Hoe? Deur te doen wat Dawid gedoen het toe die Amalekiete sy huis vernietig en sy familie gevange geneem het: 1) Hy het na God vir krag om sy probleem te hanteer, gedraai. ‘…Dawid het by die Here sy God krag ontvang’ (vers 6 NLV). As jy die probleem self kon oplos, sou jy dit mos al gedoen het, nie waar nie? Moenie sleg voel nie, voel goed daaroor. Om te erken dat jy magteloos is, is die eerste stap na oorwinning toe. ‘…My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…’ (2 Korintiërs 12:9 NLV). Om te erken dat jy magteloos is, is nie dieselfde as om jouself aan hopeloosheid oor te gee nie. Dit beteken dat jy erken dat jy nie kan nie, dat God kan, en dat Hy sal wanneer jy die probleem vir Hom gee. 2) God het vir Dawid ‘n plan gegee om sy probleme te hanteer. ‘…Ja, agtervolg hulle. Jy sal hulle sekerlik inhaal en alles terugkry wat van jou geneem is.’ Gewapen met God se krag en plan, het Dawid die vyand agterna gesit totdat hy alles teruggekry het wat van hom gesteel is. God wil dieselfde vir jou doen. Hy het beloof: ‘…Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane… verloor het…’ (Joël 2:25 NLV). Wanneer jy na God draai, kan Hy vir jou meer vreugde en sukses in die jare wat voor jou lê gee, as wat jy in al die jare agter jou geniet het. Dis sy plan van herstel vir jou!
Sielskos: Gen 7-9; Matt 18:1-9; Ps 53; Spr 6:9-11
2020-02-24
Jesaja 54:17 NLV
Is jy vals beskuldig? Jesus was ook. Hulle het hom gulsig, ‘n dronkaard en ‘n vriend van sondaars genoem. Hulle het die apostel Paulus daarvan beskuldig dat hy ‘n dwaas, ‘n praatjiesmaker en mal is. Die Bybel het Satan die vader van leuens genoem (sien Johannes 8:44). Wanneer jy toegewyd daaraan is om God se wil te doen, sal hy jou aanval – en mense gebruik om dit te doen. Moenie moedeloos en wanhopig word nie. God sal reg aan jou laat geskied. Sy Woord sê: ‘Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou, sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here. Aan hulle laat Ek reg geskied…’ As jy daarop aandring om weerwraak te neem, sal God terugtree en jou toelaat om dit te doen. As jy egter die situasie in sy hande plaas, kan die toets in ‘n getuienis van sy goedheid en genade in jou lewe, verander. In plaas daarvan om dus tyd te mors deur te kla, bid: ‘Laat u guns oor u dienaar skyn, red my deur u troue liefde. Moenie dat ek in skande kom nie, Here, want ek roep tot U om hulp. Laat die goddeloses in die skande kom… Laat die leuenaars stilgemaak word, dié wat vol hoogmoed en veragting teen regverdiges praat. Hoe groot is die goedheid wat U weggebêre het vir hulle wat U dien, wat U voor die oë van die mense gee aan hulle wat op U vertrou. U verberg hulle veilig in u teenwoordigheid teen komplotte van mense. U bedek hulle in u skuilplek, veilig van dié wat hulle beskuldig (Psalm 31:17-21 NLV). Bid eenvoudig: ‘Here, ek plaas vandag hierdie situasie in u hande. Laat reg aan my geskied.’
Sielskos: Gen 1-3; Matt 17:1-13; Ps 40:1-8; Spr 6:1-5
2020-02-23
1 Samuel 1:27 NLV
Hanna wou bitter graag ‘n moeder word. ‘…Sy het tot die Here gebid…terwyl sy vreeslik huil’ (vers 10 DB). Sy het ook ‘n belofte aan God gemaak dat indien Hy haar ‘n seun sou gee, sy hom ‘…vir sy lewe lank aan U, Here, teruggee…’ (vers 11 DB). Dit het so gebeur. Die Bybel sê: ‘Binne drie maande het Hanna ‘n baba verwag… (vers 20 DB). Rut het dieselfde ondervinding gehad: ‘…Boas [was] die pa van Obed by Rut…’ (Matteus 1:5 NLV). Rut was ‘n brandarm weduwee toe God haar aan Boas, die eienaar van die veld waarin sy gerwe opgetel het, voorgestel het. Sy was ‘n nie-Jood, hy was ‘n Jood en hulle is deur die wet verbied om te trou. God het egter die struikelblok wat in hulle pad gestaan het verwyder en uit hulle huwelik is ‘n klein seuntjie genaamd Obed gebore. Hy was ‘n stamvader van koning Dawid en uiteindelik ook van ons Here Jesus. God het gesê: ‘Ek is die Here, die God van al die mense. Is daar iets te moeilik vir My om te doen?’ (Jeremia 32:27 NLV). Vir ingeval jy nie seker van die antwoord op daardie vraag is nie, lees die volgende: ‘…U het die hemel en die aarde deur u groot krag en mag gemaak. Niks is vir U te moeilik om te doen nie!’ (Jeremia 32:17 NLV). As jy vandag vir God vir ‘n kind vra, staan op hierdie Skrifgedeeltes en glo Hom: ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg… Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom…’ (Psalm 37:4-5, 7 NLV).
Sielskos: Titus 2:1-14; Gen 39:6-12; Spr 25:28
2020-02-22
2 Kronieke 20:21 NLV
Sesdens, dank God solank. Verbeel jouself jy staan bo-op ‘n berg en kyk oor ‘n vallei na ‘n berg aan die ander kant. ‘n Groot geveg is op die punt om in die vallei te begin. Op een berg, staan drie vyandige leërmagte gereed om Israel te vernietig. Op jou berg is die Israeliete, waar hulle leier, Josafat, vir hulle sê: ‘Hier is God se strydsplan. Almal wat in die koor sing – ek wil hê julle moet voor loop.’ So het die Israeliete se leërmag in die geveg ingemarsjeer met die koor in die voorste linies wat lofgesange aan God sing. Het die plan gewerk? Ja. Die teenstanders het deurmekaar geraak en op die ou einde mekaar doodgemaak – en al wat God se mense moes doen was om die buit te verdeel! Hoekom het God dit op hierdie manier gedoen? Om ons te leer om Hom in geloof te prys, selfs voor die oorwinning plaasvind. Wanneer jy bid: ‘Here, ek weet ek het probleme, maar ek dank U solank, omdat daar geen situasie is wat U nie kan beredder nie,’ gebeur drie dinge: 1) Jou atmosfeer verander. Jy voel nie meer bang nie, omdat jy die versekering van God se teenwoordigheid het. 2) Jou houding verander. Jy begin sê: ‘Here, hierdie mag dalk te groot vir my wees, maar dis nie vir U te groot nie. 3) Jou benadering verander. In plaas van om woorde van twyfel te spreek, begin jy woorde van geloof spreek. Omdat jou geloof God eer, eer Hy jou geloof en begin die geveg in jou guns draai. Nog ‘n belangrike sleutel tot oorwinning: Moenie God net vir ‘n rukkie prys en dan ophou nie; hou aan om Hom te prys tot jou deurbraak kom.
Sielskos: Pred 9-12; Matt 16:13-28; Ps 36; Spr 5:21-23
2020-02-21
2 Kronieke 20:17 NLV
Vyfdens, neem jou posisie in. Jy moet vas staan tydens ‘n krisis en ‘n houding van stille vertroue inneem wat sê: ‘Ek gaan op God vertrou.’ Een pastoor skryf: ‘Dis iets wat ek stadig maar seker leer; dis nooit God se wil dat ek van ‘n moeilike situasie weghardloop nie. As ek dit doen, sal die situasie my net volg en ‘n bietjie verder langs die pad weer inhaal. Dit mag dalk nie dieselfde lyk nie, maar dit sal dieselfde wees. Hoekom? Omdat God my wil leer dat Hy vir elke situasie voldoende is. As ons dit nie vandag leer nie, mag ons dit dalk volgende week leer. As ons dit nie volgende week leer nie, sal ons dit dalk volgende jaar leer. Ons sal dit wel uiteindelik leer – liewer vroeër as later. Ons kan probleme voorkom deur posisie in te neem en in stille vertroue op God te wag.’ Waarop wag ons in vertroue? ‘Glo in die Here, en julle sal vas staan. Glo in sy profete, en julle sal suksesvol wees’ (vers 20 NLV). Eerstens moet ons vas op God se karakter staan. God is getrou en ons kan op Hom staatmaak. Tweedens, moet ons vasstaan op die geskrifte wat Hy deur sy profete aan ons gegee het – met ander woorde, die waarheid van die Bybel. Die Bybel is God se Woord en ons moet eenvoudig in stille vertroue op sy geskrewe beloftes staatmaak. Die woord vir jou vandag is dus: Neem posisie in en staan vas op die onveranderende karakter van God en die onveranderende beloftes van sy Woord.
Sielskos: Pred 5-8; Matt 16:1-12; Ps 33:13-22; Spr 5:15-20