Vertraagde intellektuele ontwikkeling (3)

2020-06-06
Spreuke 9:9 NLV

Kom ons kyk na vertraagde intellektuele ontwikkeling. Soms gebruik ons verse soos: ‘Daar is dinge wat dom lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die slim mense te laat verstaan dat hulle niks weet nie…’ (1 Korintiërs 1:27 ABA), as verskoning om nie ons gedagtes te ontwikkel en intellektueel te groei nie. God het gesê: ‘My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis…’ (Hosea 4:6 AFR53). Jou sin van vervulling gaan met intellektuele groei gepaard – iets wat jy nie op ‘n ander manier kan kry nie. Wanneer jy weet dat jy in kennis en begrip groei, word jy minder ontvanklik vir kritiek, verwaarlosing en afjakke. Jou sin van waarde hang nie meer van ander mense se goedkeuring af nie, omdat jy jouself aan jou persoonlike groei meet. Die Bybel sê: “‘n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis” (Spreuke 18:15 NLV). ‘Die oor wat wel hoor, die oog wat reg sien – die Here het al twee gemaak’ (Spreuke 20:12 NLV). Let wel, jy leer deur te luister en te observeer! Ons praat nou nie hier van ure voor die televisie spandeeer wat jou brein dof maak en jou die kuns van gesprekvoering afleer nie. Die Bybel sê: ‘Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar’ (Spreuke 27:17 NLV). Om te groei en skerp te word, het jy vriende in jou lewe nodig wat jou sal opskerp. Daar is drie sleutelaktiwiteite wat jou toekoms bepaal: a) die tyd wat jy met God bestee; b) die verhoudings wat jy aanknoop; en c) die boeke wat jy lees. Die boek waaraan jy die meeste tyd moet bestee, is die Bybel. Nog ‘n gedagte: Enige tyd wanneer jy lees en ‘n goeie gedagte kry of ‘n ‘aha!’ oomblik ervaar, skryf dit neer – anders sal jy dit verloor.

Sielskos: Op 1-4; Mark 14:43-52; Ps 1; Spr 13:1

Vertraagde emosionele ontwikkeling (2)

2020-06-05
Job 11:16 NLV

Kom ons gesels oor vertraagde emosionele ontwikkeling. Wanneer jy nie hulp vir emosionele seer in die verlede kry nie, kan jy jouself bevind waar jy ander mense behandel soos jy behandel is en jou verlede in die hede herhaal. Jy mag dalk die belangrikste mense in jou lewe seermaak en dalk selfs die verhoudings vernietig, sonder dat jy weet hoekom jy so optree. Jy sal die mislukking van die verhouding op jou maat se gewoontes, voorkoms, houding en manier van dinge doen, blameer. Wanneer jy dit doen, sal jy emosioneel vasgevang bly, ‘n gevangene van die seer oorsake van jou wanfunksie. Jy het met ’emosionele gemors’ te doen: verwyte oor foute in die verlede, wrokke oor verkeerde dinge wat aan jou gedoen is en al die ander seerkry wat jy onder ‘n wolk van woede, sinisme en teruggetrokkenheid wegsteek. Jy sal nooit weet wat jy het, of wat jy waarlik nodig het, totdat jy van jou emosionele gemors ontslae raak nie. Hoe doen jy dit? Die antwoord kan in God se Woord en God se teenwoordigheid gevind word: ‘As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs. Jy sal jou swaarkry vergeet. Dit sal weg wees soos water onderdeur ‘n brug. Jou lewe sal helder wees soos in die middel van die dag, alle donkerte so helder soos die oggendlig. Jy sal vol moed wees omdat jy hoop sal hê. Jy sal beskerm wees en rus in veiligheid. Jy sal sonder vrees gaan slaap, en baie sal na jou kyk vir hulp’ (verse 13-19 NLV).

Sielskos: 1 Kon 21-22; Mark 14:27-42; Ps 129; Spr 12:27-28

Vertraagde geestelike ontwikkeling (1)

2020-06-04
Hebreërs 5:12 NLV

Paulus het vir die vroeë kerk gesê: ‘Ek kan nog baie hieroor sê, maar dit is vir my moeilik om dit behoorlik by julle tuis te bring, omdat julle nie eintlik wil luister nie. Om die waarheid te sê, behoort julle eintlik self al mense te gewees het wat ander van die dieper dinge van die godsdiens kon vertel. Maar kyk net na julle: ‘n mens moet julle weer van die begin af al die basiese dinge oor God en sy boodskap leer. Op geestelike gebied is julle soos regte babatjies wat net melk drink en geen vaste kos kan eet nie…’ (Hebreërs 5:11-13 DB). Dit staan as ‘vertraagde ontwikkeling’ bekend en kan met enigeen van ons gebeur. Een van die eerste bewyse dat ‘n kind gesond is en goed groei, is wanneer hulle nie meer nodig het om uit ‘n bottel te drink nie en kan begin om vaste kos te eet. As die enigste tyd wanneer jy geestelik gevoed word Sondagoggend in die kerk is, hoekom is jy dan verras wanneer jy nie die geloof om God vir antwoorde op jou gebede te glo, die krag om versoeking te weerstaan of ‘n sin van God se leiding in jou lewe, het nie? Hoe lank dink jy sal jy hou as jy net een keer ‘n week eet? Dawid het gesê: ‘Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond’ (Psalm 119:103 NLV). Jeremia het geskryf: ‘Toe U met my gepraat het, was u woorde vir my soos kos wat ek kon eet. Ek was bly, want Here, God wat oor alles regeer, U het gesê ek behoort aan U’ (Jeremia 15:16 ABA). Om geestelik te groei, het jy die ‘vaste kos’ van God se Woord nodig (sien Hebreërs 5:14 NLV).

Sielskos: 1 Kon 18:16-20:43; Mark 14:12-26; Ps 124; Spr 12:26

Dien iemand vandag

2020-06-03
Galasiërs 5:13 NLV

Voor Hy na die kruis toe is, sê die Bybel dat Jesus: ‘…toe van die tafel af opgestaan [het], sy bo-klere uitgetrek, ‘n doek gevat en dit om Hom vasgebind [het]. Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was’ (Johannes 13:4-5 NLV). Toe het Hy gesê: ‘Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen… As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle gelukkig wees as julle dit ook doen’ (verse 15-17 NLV). Wat ‘n les! Liefde kan nie in isolasie manifesteer nie. Dit kan nie gedoen word wanneer jy alleen voor die rekenaar of televisie sit nie. Om die sanger Michael W. Smith aan te haal: ‘Love wasn’t put in your heart to stay. Love isn’t love till you give it away.’ Hoe het Jesus sy liefde aan die dissipels bewys? Deur ‘n dienskneg se doek aan te trek. Waar kan jy dit ook doen? Enige plek! Wat van môre by die kantoor, die fabriek of die bouperseel? Jou werksplek kan ‘n heilige plek word waar God se teenwoordigheid die alledaagse, dag-tot-dag roetine kan seën, omdat die liefde van God binne-in jou ‘n dienskneg se doek dra. ‘Laat ek daardie kopieë vir jou maak… Ek sal jou telefoon antwoord terwyl jy gou jou kind se kosblik vir hom skool toe vat… Dit lyk of jy deur ‘n rowwe tyd gaan, ek is ‘n goeie luisteraar. Ek mag dalk nie al die antwoorde ken nie, maar ek weet van Iemand wat doen.’ Paulus sê dat ons mekaar met liefde moet dien. Gaan dus uit jou pad om vandag iemand te dien.

Sielskos: 1 Kon 16:1-18:15; Mark 14:1-11; Ps 4; Spr 12:25

Soek donkies – en ontdek jou lewensdoelwit (2)

2020-06-02
1 Samuel 10:27 NLV

Wanneer God jou vir ‘n spesifieke doel roep, sal nie almal daaroor bly wees nie. ‘Maar daar was ook sommige bose manne wat ontevrede was en gesê het: ‘Hoe kan hierdie man ons red?’ Hulle het hom verag en geen geskenke vir hom gebring nie. Saul het hom egter nie aan hulle gesteur nie.’ Jou gawes – en die resultate wat dit meebring – bevestig jou roeping. “…Samuel [sê] vir [Saul]: ‘…jy moet hier bly staan, want ek het ‘n boodskap van God vir jou…'” (1 Samuel 9:27 NLV) Wanneer jy weet dat jy ‘n opdrag van God af gekry het, sal die kritiek van ander jou minder affekteer. God se teenwoordigheid stel jou gerus, sy Woord rig jou treë en sy vrede laat die storm binne-in jou bedaar. Wanneer jy God se stem gehoor het, sal vleitaal jou nie beïnvloed nie, omdat beide jou voete op die grond geplaas is en omdat jou instruksies duidelik is. Jy sal nie ander mense se lof nodig hê nie, want God se vertroue in jou sal jou heeltemal bevredig. Nadat jy God se stem gehoor het, verander jou houding onmiddellik; jy sal nie die toekoms met woede of vrees ingaan nie. God het gepraat, sy Woord los elke kwessie op en oor tyd sal Hy reg bewys word. Hier is ‘n belangrike Skrifgedeelte om in gedagte te hou: ‘Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie…’ (Sagaria 4:10 DB). In plaas daarvan om jouself met ander mense te vergelyk en jouself af te kraak, moet jy elke klein treetjie wat jy in geloof op pad na jou Godgegewe doelwit neem, vier.

Sielskos: 1 Kon 14-15; Mark 13:24-37; Ps 121; Spr 12:23-24

Looking for donkeys – and discovering your destiny (2)


1 Samuel 10:27 NKJV

When God calls you to a special destiny, not everyone will be happy about it. “Some…said, ‘How can this man [Saul] save us?’ So they despised him, and brought him no presents. But he held his peace.” Note Saul’s reaction to his critics: “He held his peace.” Bottom line: It’s not your responsibility to convince others of your calling; it’s their responsibility to discern it. The Bible says, “A man’s gift makes room for him” (Proverbs 18:16 NAS). It’s your gifts – and the results they produce – that validate your calling. “Samuel said to Saul…’stand here awhile, that I may announce to you the word of God'” (1 Samuel 9:27 NKJV). When you know you’ve heard from God, the criticism of others will affect you less. His presence reassures you, His words direct your steps, and His peace settles the storm within you. After you hear the voice of God, the flattering words of others can’t puff you up, because both your feet are on the ground and your instructions are clear. You will not require the praise of others, for His confidence in you satisfies completely. After you hear the voice of God, your attitude changes instantly; you won’t face the future with anger, torment, or fear. God has spoken, His words have settled every issue, and time will prove Him correct. And here’s an important Scripture to keep in mind: “Do not despise these small beginnings, for the Lord rejoices to see the work begin” (Zechariah 4:10 NLT). Instead of comparing yourself with others and putting yourself down, celebrate each small step of faith you take on the way to your God-given destiny.

Soul food: 1 Kings 14-15; Mark 13:24-37; Ps 121; Prov 12:23-24