Keer terug na Bet-El!

2020-12-30
Genesis 35:15 NLV

Wat moet jy doen wanneer jy moedeloos voel en bang is dat jy jou pad byster geraak het? Dit is die vraag waarvoor Jakob te staan gekom het. Toe hy sy hart na God toe draai, het hy die volgende antwoord gekry: “…’Trek verder en gaan woon by Bet-El. Bou daar vir My ‘n altaar. Ek is die God wat aan jou verskyn het toe jy destyds weggevlug het van jou broer Esau af.’ Jakob beveel toe almal in sy huishouding: ‘Raak ontslae van julle afgodsbeelde, was julle en trek skoon klere aan. Ons gaan nou na Bet-El toe waar ek ‘n altaar wil bou tot eer van die God wat my gebede verhoor het toe ek in die verknorsing was. Hy was oral by my waar ek gegaan het'” (verse 1-3 NLV).

Jy mag dalk nie noodwendig afgode aanbid nie, maar waarvan moet jy ontslae raak? Bet-El beteken: ‘huis van God.’ Jakob het dus teruggekeer na die plek waar hy God ontmoet het, waar hy ‘n visie vir sy toekoms gekry het en waar hy eerste die vreugde van ‘n lewe in ‘n verbondsverhouding met God, beleef het.

Het jy ‘n gemors van jou lewe gemaak? Keer dan terug Bet-El toe. Bou ‘n altaar en plaas jou lewe daarop. Doen wat die Skrif sê: ‘…As julle dink aan alles wat God in sy groot ontferming vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ‘n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is’ (Romeine 12:1-2 NLV).

Sielskos: 2 Kor 6:14-7:1; Matt 3:1-10; Ps 116; Spr 31:30-31

Moenie ontmoediging versprei nie

2020-12-29
Numeri 13:32 NLV

Ontmoediging het veroorsaak dat die Israeliete aan God se belofte begin twyfel het, hulle drome opgegee het en in die wildernis gesterf het. Ironies genoeg was hulle net ‘n paar dae se reis van die Beloofde Land af! Hoe het dit gebeur?

Nadat hulle veertig dae in Kanaӓn, ‘n land vol sulke oorvloed dat dit twee manne geverg het om een tros druiwe te dra, bestee het, het tien van die twaalf verkenners teruggekom en gesê: ‘…’Ons durf nie teen hulle optrek nie. Hulle is sterker as ons.’ Hulle het toe ‘n gerug begin versprei oor die land wat hulle gaan verken het…’ (verse 31-32 NLV). Sal jy graag wil weet hoe God oor mense wat sulke ontmoediging versprei voel? ‘Die tien mans… wat teruggekom het en die gemeenskap teen God opgemaak het met die slegte gerug wat hulle oor die land versprei het, het gesterf vanweë ‘n plaag wat die Here gestuur het’ (Numeri 14:36-38 NLV).

Wat van jou? Wanneer jy sien dat ander mense voor negatiewe situasies te staan kom, spreek jy jou twyfel oor hulle vermoë om sukses te behaal uit? Kan jy na iemand se planne luister sonder om teleurstellende opmerkings te maak? Dink aan al die mense wat jou gedurende jou leeftyd al moed ingepraat het! In ‘n wêreld wat deur negatiwiteit en slegte nuus geteister word, het almal ‘n bietjie bemoediging van tyd tot tyd nodig.

Maak dus ‘n bewustelike poging om opregte woorde van bevestiging, ondersteuning en inspirasie teenoor die mense in jou sirkel van invloed te spreek. Wanneer jy ‘n ontmoediger teëkom, moenie toelaat dat hulle jou van stryk bring nie. Herinner jouself en hulle dat God ‘…mag het om… oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). Omdat Hy kan!

Sielskos: Mal 3-4; Matt 2:16-23; Ps 139:13-24; Spr 31:28-29

Die gawe van bemoediging

2020-12-28
Romeine 12:6,8 NLV

Het jy geweet dat daar so ‘n ding soos ‘die gawe van bemoediging’ is? Daar is! Die Bybel sê: ‘Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het… As God aan jou die gawe gegee het… om ander op te beur, dóén dit dan inderdaad…’

Jy hoef nie talentvol te wees of ‘n hoë IK te hê om hierdie gawe te demonstreer nie. Jy ontmoet elke dag mense wat bemoediging nodig het. Hulle mag dit dalk nie op die oppervlak wys nie, maar hulle sukkel om kop bo water te hou. Sommige van hulle is op die punt van wanhoop en jou woorde kan hulle opbeur. Selfs ‘n glimlag kan dit doen.

Job het gesê: ‘Wanneer hulle moedeloos was, het ek hulle met ‘n glimlag bemoedig. Wanneer ek met goedkeuring na hulle kyk, was dit vir hulle kosbaar’ (Job 29:24 NLV). Salomo het gesê: ‘Bekommernis rem ‘n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly’ (Spreuke 12:25 NLV).

Moenie aanneem dat mense wat status en sukses het, nie bemoediging nodig het nie. Dawid was ‘n skrywer wie se psalms reg rondom die wêreld gelees is. Hy was Israel se populêrste koning. Hy het egter dae gehad wat hy so laag gevoel het dat dit vir hom gevoel het of hy moes opreik net om aan die bodem te raak: ‘Ek is op die punt van ineenstorting, ek beleef voortdurend pyn’ (Psalm 38:18 NLV).

Dis nie net gemiddelde mense wat bemoediging nodig het nie – mense wat topverkoper boeke skryf en konings het dit ook nodig. Almal het dit nodig. Dis goed, want wanneer jy die gawe van bemoediging het, sal jy nooit sonder ‘n werk sit nie. Wees dus vandag sensitief vir God se leiding en wanneer Hy jou aanpor om iemand te bemoedig – doen dit!

Sielskos: Mal 1-2; Matt 2:9-15; Ps 139:1-12; Spr 31:25-27

Jy ‘moet’ jouself liefhê

2020-12-27
Matteus 22:39 NLV

Wanneer God jou red, posisioneer Hy jou ‘in Christus.’ Van daardie oomblik af, sien Hy jou as geregtig. Jy is ‘…. vrygespreek, nie omdat [jy] die wet onderhou nie, maar omdat [jy] in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo’ (Filippense 3:9 AFR83).

Toe jy groot geword het, mag jou ouers jou dalk die indruk gegee het dat as jy goed genoeg was, hulle vir jou sou lief wees en jou sou aanvaar. Gevolglik dink jy dat God dieselfde oor jou voel. Hy doen egter nie. Jy kan inderwaarheid nooit goed genoeg wees om God se liefde te verdien nie, daarom klee Hy jou in Christus se geregtigheid en sê: ‘Ek is onvoorwaardelik lief vir jou, ten spyte van al jou foute.’

As God lief is vir jou, dan is jy waardig om liefgehê te word, nie waar nie? Dit beteken dat jy jouself kan liefhê! As jy met onsekerheid, skuldgevoelens, selftwyfel en selfweersin stoei, sal dit uiteindelik in jou verhoudings manifesteer.

Die Switserse sielkundige Paul Tournier het gesê: ‘As ‘n persoon vir God lief is soos hy veronderstel is om te wees, sal hy ander mense liefhê soos hy veronderstel is om te doen. En wanneer hy vir God en ander mense lief is soos hy veronderstel is om te wees, sal hy nooit ‘n sielkundige nodig hê nie.’

God se liefde gee vir jou ‘n geestelike beeld van jouself wat jou in staat stel en bekragtig om liefde te gee en liefde van ander mense te ontvang. Die waarheid is dat Christus steeds vir jou sou gesterf het, selfs al was jy die die enigste sondaar wat ooit gelewe het. Wanneer jy dit waarlik besef, sal jy begin om vir jouself lief te wees en begin om die volheid van jou Godgegewe potensiaal, te ontwikkel.

Sielskos: Ps 103:8-18; Joh 3:16-18; Hand 2:38-41

Vind ‘n doel in jou werk

2020-12-26
Genesis 2:15 NLV

Eers het God ‘n man gemaak. Toe het Hy ‘n tuin gemaak en vir die man gesê: ‘Versorg dit.’ Miskien dink jy dat werk as gevolg van die sonde ontstaan het. Dis waar, werk het op daardie punt ‘n ander betekenis aangeneem, maar dis ‘n fout om te dink dat ons eerste ouers nie ‘n doelwit gehad het nie.

Van die oomblik wat Adam en Eva geskep is, is dit duidelik dat God vir ons bedoel het om soos Hy te wees – kreatief, produktief en doelgerig in take wat tot sy doelwitte bydra. Adam en Eva was verantwoordelik vir die tuin en het voor hulle selfsugtige besluit om ongehoorsaam aan God te wees, maksimum vervulling in hulle werk ervaar.

Die Bybel sê: ‘Toe neem die Here God grond en vorm al die verskillende soorte diere en voëls daaruit. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen ‘n naam gegee’ (vers 19 NLV). Die eerste werk in die heelal het ingesluit om die aard, gawes en sterkpunte van elke skepsel te identifiseer en oor hulle toesig te hou. Dis ‘n bestuursposisie! Iemand wat besig is benodig ‘n uitvoerende assistant, dus is Eva geskep om Adam se ‘helper’ te wees.

Jy hoef nie verder as die Bybel te kyk om te besef dat produktiewe werk God se plan vir jou lewe is nie. ‘n Werk wat goed gedoen word, is sy eie beloning. Dit gee jou ‘n sin van waarde, waarsonder jy in depressie kan verval. Moenie in die strik van die media trap wat sê dat suksesvolle mense nie nodig het om te werk nie. Ons is geskep om ‘n doel in die lewe te vervul, ten spyte van hoeveel geld in ons bankrekening is.

Sielskos: Sag 12-14; Matt 2:1-8; Ps 97; Spr 31:22-24

Kersfees gaan oor Christus

2020-12-25
Matteus 2:11 NLV

Hy is in die nederigste omstandighede gebore, tog was die hemel bo Hom gevul met engelliedere. Sy geboorteplek was ‘n stal, tog het die ster die rykes en edeles van duisende myle ver af gebring om Hom te aanbid. Sy geboorte was teenoorgesteld van die wette van die lewe en sy dood was teenoorgesteld van die wette van die dood, en tog is daar geen wonderwerk groter as sy geboorte, sy lewe, sy dood, sy opstanding en sy lesse nie. Hy het nie landerye of vissersbote gehad nie, tog het Hy die tafel vir meer as 5,000 mense gedek, met meer as genoeg brood en vis. Hy het nooit op duur tapyte gestaan nie, tog het Hy op die see geloop.

Sy kruisiging was die grootste misdaad van alle tye, tog was dit uit God se perspektief die enigste prys wat ons verlossing moontlik kon maak. Toe Hy gesterf het, het min oor Hom gerou, maar tog het God ‘n duisternis oor die son laat hang. Diegene wat Hom gekruisig het, het nie gesidder oor wat hulle gedoen het nie en tog het die aarde onder hulle geskud. Sonde kon hom nie raak nie. Ontbinding kon nie sy liggaam beetkry nie. Die grond wat rooi geword het van sy bloed, kon nie sy stof eis nie. Vir meer as drie jaar het Hy die evangelie gepreek. Hy het geen boek geskryf nie, Hy het geen hoofkantore gehad nie en Hy het geen organisasie gebou nie.

Tog is Hy tweeduisend jaar later ‘n sentrale figuur in menslike geskiedenis, die ewige tema van alle preke, die spil waarom alle eeue draai, die enigste Verlosser van die menslike geslag. Kom ons sluit hierdie seisoen van feesviering by die wyse manne aan wat voor Hom neergeval en Hom aanbid het. Kom ons onthou: Kersfees gaan oor Christus!

Sielskos: Jes 9:1-7; Matt 1:18-25; Miga 5:2-5a; Jes 7:14