Moenie bekommerd wees nie, God is getrou

2021-05-30
2 Tessalonisense 3:3 NLV

Die meeste van ons bekommernisse kan in twee woorde opgesom word: ‘Wat as?’ Wat as die mediese toetse se uitslae sleg is… wat as die mark ineenstort… wat as my maat my los… wat as ek my werk verloor… die lys is oneindig. ‘…Want vrees sluit straf in…’ (1 Johannes 4:18 AFR53), en deur op jou bekommernisse in plaas van God se getrouheid te fokus, laat jy toe dat Satan jou straf.

Jy hoef dit egter nie te doen nie! Jesus sê vir ons om nie ‘…beangs of ontsteld…’ (Johannes 14:27 NLV), te word nie. Paulus sê: ‘Moenie… die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Salomo skryf ook: ‘Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ‘n fees’ (Spreuke 15:15 NLV).

As jy bang is vir wat voor jou lê, stop en kyk op God se getrouheid terug. ‘Mag God self, dié God wat vrede bewerk, julle volkome aan Hom toewy. Mag Hy julle heeltemal – gees, siel en liggaam – onberispelik bewaar…’ (1 Tessalonisense 5:23 NLV). As jy dus deur bekommernisse geteister word, kan jy op die volgende beloftes in die Bybel staan. ‘…Loof die Here wat ons… vrede gegee het. Hy het sy beloftes gehou wat Hy lank reeds gemaak het’ (1 Konings 8:56 DB).

Jy sê: ‘Maar ek het God gefaal. Kan ek regtig van Hom verwag om my te help?’ Ja, want: ‘…as ons ontrou is – Hy bly getrou…’ (2 Timoteus 2:13 NLV). Voor God jou verlos het en jou sy kind gemaak het, was Hy van al jou foute, gebreke en mislukkings bewus. Nietemin, sy Woord sê Hy is: ‘…getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.’ Die woord vir jou vandag is dus: Moenie bekommerd wees nie, God is getrou.

Sielskos: Eks 16:1-35; Joh 6:30-40

Om verder as die ‘kerplaks’ te kom

2021-05-29
Hebreërs 12:1 NLV

Daar is die verhaal van ‘n reisiger wat ‘n ghoeroe langs die pad teëgekom het en vir hom gevra het: ‘Waar is die pad na sukses?’ Die bebaarde wysgeer het nie geantwoord nie, maar net na ‘n plek in die verte gewys. Die man, opgewonde oor die vooruitsig van vinnige en maklike sukses, het in die regte rigting gehardloop. Kerplaks! Hy het hom in ‘n ander bloedgroep in geval. Hy het terug gestrompel, seer en verbaas. Hy het aangeneem dat hy seker die boodskap misverstaan het en het die ghoeroe weer dieselfde vraag gevra. Weer het hy stom na dieselfde rigting gewys. Dus het die reisiger weer in daardie rigting begin hardloop. Hierdie keer was die kerplaks oorverdowend. Bebloed, gebroke en kwaad het die reisiger teruggekruip en vir die ghoeroe geskree: ‘Ek het gevra waar die pad na sukses is! Jy beter nou praat en my sê!’ Eers toe het die wysgeer gepraat. ‘Sukses is daardie kant toe. Dis net ‘n entjie verder as die kerplaks.’

Ons almal het al die ‘kerplaks’ ervaar. Daar is geen manier om dit te vermy nie. Dis egter wat ons na die kerplaks doen wat die verskil maak. Volharding wen altyd. Die Bybel sê: ‘…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê.’ Daar word vertel dat die kampioenjaer, Rick Mears, die volgende gesê het: ‘Om eerste klaar te maak, moet jy eers klaarmaak.’ As jy dus geval het, staan weer op en hou aan.

Die Amerikaanse leerkrag Hamilton Holt het gesê: ‘Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie. Halwe inspanning produseer nie halwe resultate nie, dit produseer geen resultate nie. Werk, aanhoudende werk en harde werk, is die enigste manier om resultate te bereik.’ Die woord vir jou vandag is dus: Hou aan volhard en jy sal wen.

Sielskos: 1 Kon 18:16-20:43; Mark 12:28-44; Ps 113; Spr 12:15-17

Behou die opgewondenheid

2021-05-28
1 Korintiërs 7:33-34 NLV

Dr James Dobson skryf: ‘Watter een van die volgende paartjies is meer geneig om die grootste fisiese aantrekkingskrag in die huwelik te geniet? Die paartjie wat elke uur saam deurbring en omtrent eksklusief net op mekaar fokus, of die man en vrou wat ander belangstellings het en na tye van onafhanklikheid weer bymekaar kom? Verrassend genoeg is dit die paartjie wat mekaar spasie gun.

Volgens gedragsnavorsers, is die gesondste huwelike met die hoogste seksuele spanning die huwelike wat asemhaal – verhoudings wat wissel tussen tye van nabyheid en teerheid en tye wat meer onafhanklik is, wat dan weer bymekaar kom vir nog ‘n reünie soos die siklus vorder. Dit is hoekom dit nie altyd voordelig is vir ‘n man en vrou om saam te werk nie, of eksklusief op mekaar in die afwesigheid van vriende en kollegas buite die familie, te konsentreer nie.

Daar is iets aan die diversiteit van belangstellings en aktiwiteite van elke eggenoot wat die paartjie daarvan weerhou om mekaar te verteer en die verhouding uiteindelik uit te laat brand. Die huwelik is ‘n marathon en nie ‘n naelloop nie. Mans en vrouens moet ‘n sisteem uitwerk wat hulle liefde vir ‘n leeftyd sal lewendig hou. Om ‘n gesonde belangstelling in baie dinge te kweek, is ‘n groot stap in daardie rigting.’

Hoe doen mens dit? 1) Deur te deel sonder om te versmoor. 2) Deur so veilig in julle liefde te voel dat julle mekaar vertrou. 3) Deur te begryp dat jou maat se persoonlike groei sekere elemente benodig wat jy nie kan voorsien nie en dit heeltemal so te aanvaar.

Sielskos: 1 Kon 16:1-18:15; Mark 12:13-27; Ps 108; Spr 12:14

Wees wie God jou gemaak het om te wees!

2021-05-27
1 Korintiërs 15:10 NLV

Het jy die verhaal gehoor van die vrou wat ‘n hartaanval gehad het en dringend hospitaal toe is? Op die operasietafel het haar hart gaan staan, waartydens sy God gesien het en Hom gevra het of haar lewe verby was. ‘Nee,’ het God geantwoord. ‘Jy het nog drie-en-veertig jaar, twee maande en agt dae oor om te leef.’ Die vrou was so in haar skik dat sy besluit het om in die hospitaal te bly en plastiese chirurgie op haar gesig en lyf te kry. Sy het selfs ‘n stilis laat kom om haar haarkleur te verander, met die gedagte dat omdat sy soveel tyd oor het, sy die meeste daarvan moet maak. Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, is sy egter deur ‘n ambulans omgery toe sy oor die pad stap. Terug in God se teenwoordigheid, het sy woedend gevra: ‘Ek dog U sê ek het nog meer as veertig jaar oor om te lewe!’ God het geantwoord: ‘Jammer, ek het jou nie herken nie.’

Op ‘n ernstiger noot, sal God jou help om die beste te wees wat jy kan wees, maar Hy sal jou nie help om iets te word wat Hy nooit vir jou bedoel het om te wees nie. Aanvaar dus jouself, wees lief vir jouself en geniet dit om die beste weergawe van jouself te wees. Die Engelse teoloog Julius Hare het gesê: ‘Wees wie jy is. Dis die eerste stap om beter te word as wat jy is.’

Daar is niks meer uitputtend en frustrerend as om jou lewe as iemand wat jy nie is nie, te probeer lei. Wees dus vandag wie God jou gemaak het om te wees! Staan op en verklaar die volgende saam met die apostel Paulus: ‘Maar deur God se onverdiende goedheid is ek wat ek vandag is.’

Sielskos: 1 Kon 14-15; Mark 12:1-12; Ps 101; Spr 12:12-13

Doen wat God jou geroep het om te doen

2021-05-26
Johannes 17:4 NLV

Josef se broers het sy droom verafsku, dus het hulle hom in ‘n put gegooi. Jesus se familie het nie sy roeping verstaan nie; op ‘n stadium het hulle gedink Hy is mal. Tog, toe hy die einde van sy lewe bereik het, kon hy sê: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U my gegee het om te doen.’ As jy wag tot almal verstaan en met jou saamstem, sal jy nooit doen wat God jou geroep het om te doen nie.

In die laaste deel van die negentiende eeu, toe die Metodiste ‘n kerklike konferensie gehou het, het een leier opgestaan en sy visie vir beide die kerk en die groter samelewing gedeel. Hy het sy mede-predikante vertel hoe hy geglo het dat mense eendag van plek tot plek sou vlieg, eerder as om met perde te reis. Dit was ‘n konsep wat heeltemal te vreemd vir baie in die gehoor was. Een man, biskop Wright, het opgestaan en vurig geprotesteer: ‘Dwaalleer! Vlug is slegs vir die engele bedoel!’ Hy het verder gegaan deur te sê dat indien God wou gehad het dat mense moes vlieg, Hy vir hulle vlerke sou gegee het. Duidelik was die biskop nie in staat om in te sien wat die spreker voorspel het nie. Toe hy klaar geprotesteer het, het hy sy twee seuns, Orville en Wilbur, geroep en die ouditorium verlaat. Dis reg – sy seuns was die beroemde Orville en Wilbur Wright! Verskeie jare later, op 17 Desember 1903, het hulle reggekry wat hulle pa as onmoontlik verklaar het; hulle het die eerste menslike vlug onderneem.

Baie mense verkies die gemak van die verlede bo die risiko’s van die toekoms. As jy hulle ondersteuning en goedkeuring nodig het, sal jy nooit doen wat God jou geroep het om te doen nie.

Sielskos: 1 Kon 12-13; Mark 11:27-33; Ps 128; Spr 12:10-11

Steek die ‘wat as’ lyn oor

2021-05-25
2 Korintiërs 9:11 NLV

Pastoor Andy Stanley skryf: ‘Soos jy vorentoe in jou verhouding met God beweeg, sal Hy af en toe jou greep op jou beursie toets. Dis ‘n toets van geloof; elke nou en dan sal God jou aanspoor om uit jou gemaksone van vrygewigheid te klim. As jy regtig God in beheer van jou finansies wil hou, moet jy toegee.

Daar is ‘n lyn wat jy gewillig moet wees om oor te steek. Jy moet gewillig wees om op ‘n plek te kom waar jy nie op jou eie finansiële opgaring kan vertrou nie, maar slegs op die Here self as jou voorsiener. Dit beteken nie dat jy onverantwoordelik met jou geld moet wees nie. Jy moet egter ‘n houding hê waar God se stem harder as jou eie ‘wat as’ vrae in jou lewe is. Jy kan daaraan as jou ‘wat as’ lyn dink. Jy sal weet dat jy naby daardie lyn is wanneer jou begeerte om vrygewig te wees voor vrae soos: ‘Wat as die rentekoers verander?’ of ‘Wat as die inflasiekoers verhoog?’ te staan kom.

Hierdie lyn is verskillend vir almal. So vreesaanjaend soos dit met tye kan voel, gee God ons finansiële saad vir een doel: om te saai. Tensy ons ons hande oopmaak en die saad laat val, sal ons nooit weet watter vrugte Hy daaruit te voorskyn kan bring nie.’ Hier is ‘n Bybelse beginsel waarvan jy altyd seker kan wees: ‘…wie ruimhartig saai, sal volop oes’ (2 Korintiërs 9:6 NLV). Wanneer jy daardie tree van geloof neem en die ‘wat as’ lyn oorsteek, belowe God jy sal: ‘In elke opsig… ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (vers 11 NLV). Begin saai en kyk wat gebeur.

Sielskos: 1 Kon 10-11; Mark 11:12-26; Ps 45; Spr 12:7-9