Vry van skuld en oordeel

2026-05-07
Openbaring 12:10 NLV

Satan word ‘die aanklaer van ons medegelowiges’ genoem omdat hy probeer om ons aan alles wat ons verkeerd gedoen het, te herinner. Hoekom? Sodat al ons emosionele energie aan die verlede bestee word en ons niks oor het om groot drome mee te droom of ons Godgegewe lewensopdrag mee te vervul nie. Die ironie van sy beskuldigings is die volgende: Hy laat ons onbelyde sondes met rus. Hoekom slapende honde wakker maak? Hy wil jou nie aan jou onbelyde sonde herinner nie. Hy herinner jou aan sondes wat jy reeds bely het – sondes wat reeds vergewe is. Daarom is dit valse beskuldigings; die sondes is reeds vrygespreek.

Ons moet egter ‘n kritiese onderskeid tref. Veroordeling is om skuldig oor belyde sonde te voel, terwyl oortuiging nodig is om oor onbelyde sonde skuldig te voel. Oortuiging is die manier waarop ons die saak met God regmaak en met ons lewe aangaan. Leer dus om op die oortuigende stem van die Heilige Gees te fokus en die veroordelende stem van die vyand te ignoreer. Die Bybel sê: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV).

As ons onskuldig pleit en nie ons sondes bely nie, is ons skuldig aan dit waarvan ons aangekla word. As ons egter oor ons sondes skuldig pleit, word ons onskuldig bevind en God bewaar en beskerm ons. Ons rekord van sonde word heeltemal uitgewis. Jy kan ook nie twee keer vir dieselfde sonde verhoor word nie. Sodra jy dit bely het, word jou sonde eens en vir altyd vergewe. Die sondelose Seun van God het die skuld geneem, die houe verduur en die val namens jou gedra (sien 1 Johannes 3:5).

Sielskos: Deut 18-21; Matt 8:18-34; Ps 44:1-8; Spr 12:7-9

Lewe vir ‘n saak groter as jouself

2026-05-06
Josua 14:12-13 NLV

Toe Moses vir Kaleb gestuur het om die Beloofde Land te gaan verken, het Kaleb iets gesien wat hom gepla het: die dorp Hebron. Abraham het sy vrou daar begrawe en hy is self daar begrawe. So ook Isak en Jakob. Hebron was ‘n heilige plek. Nou het hulle vyande dit egter bewoon. Dit was meer as wat hy kon verduur, dus het hy Hebron vir Moses gevra. Hy het nie gevra vir Jerusalem, geleë op die berg Moria; of die Eskol-vallei, waar druiwe so groot soos pruime gegroei het; of Jerigo, waar die Jordaanrivier gevloei het nie. Hy wou Hebron hê, wat se grond deur engele besoek is en in wie se aarde die heiligste familie begrawe was. ‘Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.’ Kaleb wou iets groots vir God doen. Hy het volgens ‘n hoër roeping geleef. Miskien is die rede hoekom jou probleme so groot voel, dat jou roeping te klein is.

Max Lucado vertel van ‘n doktervriend wat gereeld mediese reise na afgeleë klinieke onderneem het om die plaaslike minderbevoorregtes te behandel. Hy was ‘n afgetrede chirurg met ‘n ruim inkomste. Hy kon elke dag van sy lewe in gemak en luuksheid deurbring. Hy het egter daarop gefokus om hierdie afgeleë gesondheidsklinieke vir sy eie beswil te ondersteun: ‘Ek het ‘n saak nodig wat groter is as laat slaap, televisie kyk en blokraaie invul,’ het hy gesê. ‘As ek op my eie gemak fokus, kan niks my tevrede stel nie. Wanneer ek egter op God se belange fokus, is ek ‘n gelukkige man.’

Het jy ‘n heilige saak om voor te leef? ‘n Geloof in iets om te koester? ‘n Sendingsreis om voor te leef? Vra God om jou ‘n ‘Hebron’ te gee om tot sy eer op te eis.

Sielskos: Deut 14-17; Matt 8:1-17; Ps 37:32-40; Spr 12:4-6

Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie

2026-05-05
2 Korintiërs 4:17 AFR83

Maak nie saak watter beproewing jy vandag deurmaak nie, herinner jouself: ‘Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie.’ As die vervulling van die visioen wat God jou gegee het, langer neem as wat jy gedink het, herinner jouself: ‘Dit gaan nog gebeur!’

In sy biografie, God in My Corner, vertel die tweemalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman ‘n verhaal van ‘n bejaarde vrou wat oor haar gunsteling Bybelvers uitgevra is. Sy het geantwoord: ‘Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…’ Sy het verduidelik hoekom: ‘Ek weet dat wanneer ek deur ‘n beproewing gaan, dit nie daar is om te bly nie; dit kom – en dit gaan weer verby.’

Die ander kant van hierdie muntstuk is as volg: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). Met ander woorde, Hy sal die slegte tye laat verbygaan en dit in vreugde laat eindig! God voltooi altyd wat Hy begin. ‘Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word…’ (Habakuk 2:3 NLV).

Terwyl hy teen ‘n lewensgevaarlike siekte gestry het en sy vyande sy troon wou oorneem, het Dawid hom tot die Here vir hulp gewend. God het hom nie teleurgestel nie. Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en staan daarop: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde’ (Psalm 30:6 NLV). ‘U het my droefheid verander in ‘n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd’ (Psalm 30:12-13 NLV).

Sielskos: Deut 11-13; Matt 7:15-29; Ps 37:25-31; Spr 12:1-3

Vertrouelinge, ondersteuners, kamerade

2026-05-04
1 Konings 3:9 NLV

Byna alle sleutelverhoudings in jou lewe kan in drie kategorieë verdeel word: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade. Kom ons kyk na elkeen.

1) Vertrouelinge. Dit is die mense wie se verhoudings met jou lewenslank duur. Hulle is onvoorwaardelik lief vir jou, staan by jou en staan agter jou, in goeie en slegte tye. Jou beste belang is hul nommer een prioriteit. Hulle probeer nooit om wat hulle van jou weet vir hul eie gewin te gebruik, of jou geheime in jou gesig terug te gooi nie. Paulus het aangaande Timoteus gesê: ‘Timoteus is immers die enigste persoon wat met dieselfde opregte gesindheid as ek aandag sal gee aan julle belange. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het…’ (Filippense 2:20-22 NLV).

2) Ondersteuners. Hierdie mense deel dieselfde doelwitte, waardes en beginsels as jy, maar hulle is nie altyd daar vir jou nie. Dis egter belangrik om ondersteuners in jou lewe te hê. Hulle dra energie, passie en entoesiasme by. Jy kan saam met hulle werk om gemeenskaplike doelwitte te bereik en brûe te bou. Maak net seker dat jy nie verwag dat ondersteuners dieselfde lojaliteit as vertrouelinge sal hê nie. Hulle is vir ‘n rede en ‘n seisoen by jou betrokke en dan beweeg hulle aan.

3) Kamerade. Dit is die mense wat as gevolg van ‘n gemeenskaplike saak tot jou aangetrokke is. Hulle leer jou dalk nie ken nie, of hou dalk nie van jou nie, maar op die slagveld sluit hulle by jou aan om ‘n gemeenskaplike vyand te verslaan. Sodra die geveg verby is, eindig die verhouding of dit koel ten minste af. Jou enigste band is jou gemeenskaplike vyand.

Leer dus die mense wat in jou lewe is ken: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade.

Sielskos: Deut 8-10; Matt 7:1-14; Ps 37:16-24; Spr 11:30-31

Confidants, constituents, comrades


1 Kings 3:9 NKJV

Nearly all key relationships in your life can be broken down into three categories: confidants, constituents, and comrades. Let’s look at each.

(1) Confidants. These are the people whose relationships with you are lifelong. They love you unconditionally, stand by you, and have your back in good times and bad. Your best interest is their number one priority. They never seek to use what they know about you for their own gain or throw your secrets back in your face. Paul said concerning Timothy: “I have no one like-minded, who will sincerely care for your state. For all seek their own, not the things which are of Christ Jesus. But you know his proven character” (Philippians 2:20-22 NKJV).

(2) Constituents. These people share the same goals, values, and principles you have, but they aren’t always there for you. But having constituents in your life is important. They contribute energy, passion, and enthusiasm. And you can work with them to accomplish common goals and build bridges. Just be sure not to expect constituents to have the loyalty of confidants. They are with you for a reason and a season, and then they move on.

(3) Comrades. These are the people who are attracted to you because of what they are against. They may not get to know you, or even like you, but on the field of battle, they join you as soldiers to defeat a common enemy. Once the fight is over, the relationship ends or at least cools. Your only bond is your common enemy.

So, get to know who’s in your life: confidants, constituents, and comrades.

Soul food: Deut 8-10; Matt 7:1-14; Ps 37:16-24; Prov 11:30-31

Neem die volle plan van God ter harte

2026-05-03
Handelinge 20:27 NLV

Meer as honderd jaar gelede het William Booth, die stigter van die Heilsleër, profeties gesê: ‘Die grootste gevaar wat die komende eeu in die gesig staar, sal godsdiens sonder die Heilige Gees, Christendom sonder Christus, vergifnis sonder bekering, verlossing sonder wedergeboorte, politiek sonder God en die hemel sonder die hel wees.’ Dit is vandag net so waar as wat dit toe was.

Paulus het die leiers van die kerk in Efese vermaan om ‘…die volle plan van God…’ ter harte te neem. Hy het gesê: ‘Pas julleself op en die hele kudde oor wie die Heilige Gees julle as ouderlinge aangestel het. Julle moet as herders die kerk van God versorg, dié kerk wat Hy vir Hom verkry het deurdat sy eie Seun gesterf het. Self weet ek dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie spaar nie. Selfs uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat, deur verdraaide dinge te verkondig, die gelowiges sal probeer verlei om hulle te volg. Daarom: Wakkerloop! Onthou dat ek vir drie jaar lank sonder ophou vir elkeen van julle die regte koers aangedui het, dag en nag, met trane’ (verse 28-31 NLV).

Op die vooraand van sy teregstelling het Paulus die aflosstokkie aan sy opvolger Timoteus met hierdie woorde oorhandig: ‘Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig. Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie… Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg. Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou… Voltooi die bediening wat God jou gegee het’ (2 Timoteus 4:2-5 NLV).

Sielskos: Gen 1:1-2:3; Joh 1:1-18