Genade en vrymoedigheid

2023-09-11
Hebreërs 4:16 NLV

Indien jy onwaardig voel om God in gebed te nader, stop en lees hierdie woorde: ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (vers 16 NLV). Let drie belangrike dinge op:

1) Wanneer jy genade nodig het, kan jy God met volle vrymoedigheid nader. Hoekom? Omdat jy na ‘n troon van genade en barmhartigheid, nie na ‘n troon van veroordeling nie, gaan. Al jou sondes – in die verlede, hede en toekoms – is voor betaal die oomblik toe Jesus gesê het: ‘Dit is volbring.’ Satan wil hê dat jy te veroordeel, skuldig en onwaardig voel om God te nader. Die oomblik wat jy egter jou vertroue in Christus plaas, klee God jou in Christus se geregtigheid. Jy kan dus altyd met volle vrymoedigheid na Hom toe gaan.

2) Wanneer jy meer genade nodig het, bid meer. God het al die genade wat nodig is om jou te help, maar jy moet na sy troon toe gaan en daarvoor vra. Die Bybel sê dat ons in genade moet groei en as jy nie elke dag bid nie, groei jy nie in jou geestelike lewe nie. Wat is dus die antwoord? Bestee meer tyd by die troon wat genade uitdeel.

3) God se genade word volgens jou behoefte op daardie oomblik, gegee. Hy sal môre se genade vir jou eers môre gee, so moenie eers die moeite doen om daarvoor te vra nie. Moet egter nie bekommerd wees nie; die aanbod van genade wat jy in Christus het, sal nie môre – of ooit – opraak nie! Dit beteken dat jy altyd welkom is en nie te dikwels na die troon van genade kan gaan nie.

Sielskos: Eseg 22-23; Mark 12:1-12; Ps 78:9-16; Spr 20:11-14

Opoffering en vereenvoudiging

2023-09-10
Deuteronomium 6:7 NLV

Dr Armand Nicholi, ‘n psigiater verbonde aan Harvard Universiteit, is uitgenooi om by ‘n konferensie by die Withuis oor die stand van die Amerikaanse gesin te praat. Hy het verduidelik hoe ‘n besige leefstyl wat ouers ontoeganklik vir hul kinders maak, ‘n soortgelyke effek as egskeiding self veroorsaak. Kruiskulturele studies wys dat ouers in Amerika minder tyd saam met hul kinders as ouers in byna enige ander nasie in die wêreld, bestee.

Generasies lank het vaders hulself eksklusief aan hulle beroepe toegewy. Vandag het moeders egter by die werksmag aangesluit, wat hulle uitgeput na die werksdag en belas met huishoudelike take oor naweke, laat. Gevolglik is niemand by die huis om aan die behoeftes van eensame kleuters en skoolgaande kinders te voldoen nie.

Nicholi beklemtoon die onmiskenbare verband tussen die onderbreking van die ouer-kind verhouding en die toename van psigiatriese probleme wat deesdae te voorskyn kom. ‘As hierdie neiging voortduur,’ het hy gesê, ‘is ernstige nasionale gesondheidsprobleme onvermydelik.’ Jaar na jaar sien ons al hoe meer kinders wat aan depressie, angsversteurings en paniekaanvalle ly. Hierdie syfer sal aanhou groei soos die tempo van egskeiding, kinderverwaarlosing, kindermishandeling en kindermolestering aanhou styg.

Jy vra: ‘Wat is dan die antwoord?’ Opoffering en vereenvoudiging! Selfs al beteken dit dat jy sekere materiële dinge moet opoffer en jou lewe moet vereenvoudig, sorg dat jy tyd saam met jou kinders deurbring! God het vir die Israeliete gesê: ‘Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die huis…’

Sielskos: Gen 6:9-8:4; Matt 24:37-51

Wat sê hulle van jou?

2023-09-09
Nehemia 6:6 NLV

Om Nehemia daarvan te weerhou om Jerusalem se mure te herbou, het sy vyande gerugte oor hom versprei. ‘…Gesem het my vertel dat die mense onder mekaar praat en sê dat jy en die Jode ‘n opstand beplan. Dit is hoekom jy die muur bou. Volgens die gerugte het jy planne om koning te word’ (vers 6 NLV).

Jy kan nie beheer wat mense dink, of hulle daarvan weerhou om dit te sê nie, maar jy kan jou reaksie daarop bepaal. Nehemia het: ‘Ek het toe vir hulle ‘n boodskap teruggestuur: ‘Ek is met ‘n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie.’ Hulle het die boodskap vier keer vir my gestuur en elke keer het ek vir hulle dieselfde antwoord teruggestuur’ (vers 3-4 NLV). Hierdie verhaal leer jou drie belangrike beginsels:

1) Weier om meer aandag aan kritici te gee as wat jy aan ‘n vriend sou gee. Die mense wat die meeste vir Nehemia saakgemaak het, was diegene wat vir hom, eerder as teen hom, was. In plaas daarvan om dus hulle siening te probeer verander, het hy vorentoe beweeg.

2) Besef dat geleentheid hand aan hand met teenstand loop. Paulus het gesê: ‘want hier staan nou ‘n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat reageer. Daar is egter ook baie teenstanders’ (1 Korintiërs 16:9 NLV).

3) Onthou dat dit die groot gevegte is wat groot oorwinnings behaal. Satan sal jou nie gelukwens wanneer jy besluit om God se wil te doen nie; hy sal jou tree vir tree probeer beveg. Jy het egter ‘…reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon’ (1 Johannes 4:4 NLV). God is vandag aan jou kant, dus is jou oorwinning verseker.

Sielskos: Eseg 20-21; Mark 11:27-33; Ps 78:1-8; Spr 20:7-10

Oorgegooi van ervaring tot ervaring

2023-09-08
Jeremia 48:11 NLV

God het gesê: ‘Vanaf die vroegste tye het Moab rustig geleef… Moab is soos ou wyn wat kon verouder, wat nie van houer na houer oorgegooi is nie. Die smaak het nie verlore gegaan nie.’ Hierdie Skrifgedeelte skets twee prentjies vir ons; een natuurlik en een geestelik.

In die natuurlike prentjie sien ons hoe wyn gemaak word deur van houer na houer oorgegooi te word. In die geestelike prentjie sien ons hoe God ons verander deur ons van een ervaring na die volgende oor te gooi. Wanneer die wyn uit een houer in ‘n ander gegooi word, laat dit die afsaksels agter wat verwyder moet word om ‘n goeie oesjaar te produseer.

Soortgelyk sal God toelaat dat jy in situasies oorgegooi word om jou swakpunte te openbaar sodat jy daaraan kan werk. Maak nie saak hoe ongemaklik dit is of hoe graag jy daaruit wil ontsnap nie, God sal jou nie toelaat om dit agter te laat totdat jou kwessies suksesvol hanteer is nie. Hoe weet jy wanneer jou kwessies suksesvol hanteer is? Wanneer jy jou volgende ervaring binnegaan, sal jy dit agterlaat.

Wanneer wyn gemaak word, bestee wyn nie dieselfde hoeveelheid tyd in elke houer nie, omdat elke houer ‘n ander doel het. Net die wynmaker ken die doel van elke houer en kan dus die tyd wat die wyn daarin moet wees, bepaal. As jy van een ervaring na ‘n volgende oorgegooi word, lees die volgende: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV).

Sielskos: Eseg 16:53-19:14; Mark 11:12-26; Ps 27; Spr 20:5-6

Die regte mense en die regte omgewing

2023-09-07
Lukas 8:54 AFR53

Die Bybel sê: ‘Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood… Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word. En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie. En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap. En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was. En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op! En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee’ (verse 49-55 AFR53).

Daar is belangrike lesse hieruit te leer. Om die opstandingskrag van Christus te ervaar, het jy die regte mense en die regte omgewing nodig. Net soos olie en water nie sal meng nie, sal geloof en twyfel ook nie. Let op dat Jesus Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom in die huis geneem het en die res van die mense uitgejaag het. Was sommige van hulle dalk beledig en het hulle Hom daaroor gekritiseer? Seker, maar wanneer jy jouself in ‘n krisis bevind, moet jy jouself met mense wat saam met jou op God se Woord kan staan en Hom vir die antwoord kan glo, omring. In die oorspronklike Griekse teks het Jesus gesê: ‘Moenie bang wees nie; glo net en hou aan glo en sy sal gesond word.’ Jy het mense nodig wat saam met jou God sal aanhou glo vir die antwoord.

Sielskos: Eseg 14:1-16:52; Mark 11:1-11; Ps 112; Spr 20:1-4

Hoor die ‘sagte fluistering’

2023-09-06
1 Konings 19:12-13 NLV

Toe Isebel Elia se lewe bedreig het, het hy na ‘n grot toe gevlug. Dis toe God vir hom gesê het: “‘Kom buitekant toe en gaan staan voor My op die berg,’ sê die Here vir hom. Terwyl Elia daar staan, het die Here by hom verbygegaan en ‘n geweldige rukwind het die berg uitmekaargeruk en die rotse gebreek voor die Here. Tog was die Here nie in die wind nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur, maar die Here was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ‘n sagte fluistering. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak…” (verse 11-13 NLV).

God kan enige plek, enige tyd, deur enigiemand, in enige situasie, met jou praat. Hy sal egter dikwels sy grootste insigte met jou deel wanneer jy alleen by Hom is. Om God se ‘sagte fluistering’ te kan hoor, moet twee dinge gebeur:

1) Jy moet stilte hê en afgesonder wees. Dit beteken dat jy alles anders moet uitsluit en op God moet fokus. Nie almal sal dit verstaan of waardeer nie, maar jy moet dit doen as jy van Hom wil hoor.

2) Jy moet naby aan Hom kom. Die gemiddelde persoon kry deesdae daagliks vyftig tot eenhonderd teksboodskappe en eposse. So lank as wat jy gewillig is om te stop en na ander te luister, maar nie na God nie, sal jou probleme nie opgelos word nie en jou situasie sal nie verander nie. Die liedjieskrywer Everett W. Sugg stel dit so: ‘Shut in with God in a secret place, There in the Spirit beholding His face, Gaining more power to run in this race, oh I long to be shut in with God.’

Sielskos: Eseg 10-13; Mark 10:35-52; Ps 20; Spr 19:24-29