2023-10-29
Handelinge 26:19 NLV
Paulus het ‘n hemelse visie gehad. ‘…Moenie luister na hierdie profete nie… Die visioene wat hulle oordra, kom nie van die Here af nie. Dit kom van hulleself af!’ (Jeremia 23:16 NLV). Jy moet dus seker maak dat jy volgens God se plan, nie jou eie of iemand anders s’n nie, optree.
Die verhaal van die Toring van Babel leer ons twee dinge: 1) Wanneer mense besluit dat hulle iets gaan doen, slaag hulle dikwels daarin. 2) Om sukses te behaal beteken nie noodwendig dat jy in die wil van God is nie. Die woord babel (verwarring), beteken dat ander mense kan dink jy is reg, terwyl jy egter verkeerd is. Jy vra: ‘Is dit dan nie goed om planne te maak en doelwitte te stel nie?’ Ja, maar jou planne en doelwitte moet uit ‘n visie wat God jou gegee het, spruit.
Toe Paulus gesê het: ‘Dis hoekom… ek nie aan die gesig uit die hemel ongehoorsaam was nie,’ het hy bedoel dat daar net een aanvaarbare reaksie op God se plan is – gehoorsaamheid! Gedeeltelike gehoorsaamheid, selektiewe gehoorsaamheid of vertraagde gehoorsaamheid is steeds ongehoorsaamheid.
William Care, wat as die vader van moderne sendingsreise gesien word, het gemak en rykdom prysgegee om na Indië te gaan en die evangelie daar te gaan verkondig. Een van sy onvergeetlike aanhalings is: ‘Probeer groot dinge vir God, verwag groot dinge van God!’ Jy kan dit egter slegs met selfvertroue sê wanneer jy weet waarvoor God jou geroep het. Wanneer jy weet dat God jou ‘n visie vir jou lewe gegee het, kan jy Hom vertrou, selfs wanneer jy geen manier kan sien hoe om dit te verwesenlik nie.
Sielskos: Ps 103; Mark 5:24-34
2023-10-28
2 Timoteus 1:7 NLV
Om gelukkig in die lewe te wees, moet jy die regte dinge begin doen en ophou om die verkeerde dinge te doen. Een van die eerste dinge wat jy moet doen, is om op te hou om te sê: ‘Ek het net nie enige selfbeheersing nie.’ Selfbeheersing is ‘n keuse en hoe meer jy dit kies, hoe sterker word dit. Die beste deel is dat die krag van selfbeheersing van God af kom, nie van jouself af nie. ‘Want God het ons nie ‘n gees van skugterheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.’
Dit gebeur outomaties wanneer jy tyd in gebed met God en sy Woord bestee. ‘My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê… Hou dit altyd in gedagte. My woorde beteken lewe vir dié wat daarna luister; gesondheid vir die hele liggaam van die een wat hulle betekenis ken. Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen’ (Spreuke 4:20-23 NLV). God sal jou die krag gee om dit te doen, maar jy moet elke dag daardie krag uitoefen.
Daar is geen kortpaaie as dit by selfbeheersing kom nie. Onthou jy hoe baie jy op skool jou maaltafels moes herhaal voor dit deel van jou denke geword het? Nou doen jy dit outomaties. Soortgelyk, wanneer jy begin dink soos God wil hê jy moet dink, sal jy in staat wees om die Duiwel te oorwin en in oorwinning te wandel. Die eerste stap is om op te hou sê: ‘Ek het nie enige selfbeheersing nie.’ Solank as wat jy glo dat jy nie ‘n gedissiplineerde persoon is nie, sal jy nie wees nie. Kom dus vandag in ooreenstemming met God se Woord en begin sê: ‘Ek is gedissiplineerd en het selfbeheersing.’
Sielskos: 1 Tim 1-3; Joh 6:52-59; Ps 114; Spr 24:23-25
2023-10-27
Openbaring 22:20 NLV
Die laaste groot profesie oor Jesus se wederkoms is in 1948 vervul toe die nasie van Israel weergebore is (sien Amos 9:14). Sedertdien tik die horlosie van Bybelse profesieë en die aftelling het begin. Sinici en kritici sê soms: ‘Christene sê al vir honderde jare dat Jesus gaan terugkeer, maar dit gebeur nie.’ Dis bykomende bewyse van Jesus se terugkeer. ‘…dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak… ‘Jesus het belowe dat Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was’…
Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom. Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ‘n dief. Dan sal die hemele met ‘n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby Hom lewe! Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom… ons sien uit na die nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe’ (2 Petrus 3:3-4, 8-13 NLV).
Jesus kom weer – maak seker dat jy gereed is daarvoor.
Sielskos: Hab 1-3; Joh 6:35-51; Ps 127; Spr 24:19-22
2023-10-26
Filippense 3:13 NLV
Om iemand te vergewe wat jou diep seergemaak het, is een van die moeilikste dinge wat jy ooit sal moet doen. Jy weet jy moet vergewe, want om ‘n wrok te koester is soos om ‘n baba te voed; enigiets wat jy voed en koester, sal aanhou groei. Dit maak dit egter nie maklik om te vergewe nie.
Probeer om die volgende te verstaan: Vergifnis is ‘n besluit, nie ‘n emosie nie. As jy wag totdat jy lus voel om te vergewe, loop jy die risiko om in die marteling van ‘n wrok vasgevang te bly. Toe Petrus vir Jesus gevra het hoe dikwels hy iemand wat teen hom oortree het moet vergewe, het Jesus geantwoord: ‘…tot sewentig maal sewe toe!’ (Matteus 18:22 NLV). Met ander woorde, vergewe en hou aan vergewe tot jy verby dit beweeg.
Let egter vier dinge op:
1) Vergifnis beteken nie dat jy jou verhouding met die oortreder moet hervat nie, veral as hulle sonder berou is en weier om hulle gedrag te verander.
2) Dit beteken nie dat jy dit wat hulle gedoen het goedpraat of met hulle saamstem nie.
3) Dit stel hulle nie vry van gevolge nie, maar stel jou vry en laat jou met jou lewe aangaan.
4) Dit beteken nie dat jy dit nie meer gaan onthou nie, maar dat jy die krag sal hê om anders daaroor te dink; met genade eerder as wrokkigheid.
Moet ook nie toelaat dat Satan jou oortuig dat jy nog nie vergewe het omdat jy dit steeds onthou nie. Die vermoë om te vergewe is ‘n aangeleerde gedrag. Hoe meer jy dit oefen, hoe beter raak jy daarmee. Dit gebeur wanneer jy maniere soek om begrip vir jou oortreder te hê en iets vind om oor medelye te hê.
Sielskos: Nahum 1-3; Joh 6:25-34; Ps 98; Spr 24:15-18
2023-10-25
Jesaja 41:10 NLV
Die eerste vrou wat ‘n Nobelprys gewen het, was die Franse fisikus madame Marie Curie. Sy het gesê: ‘Niks in die lewe moet gevrees word nie, maar slegs verstaan word.’ Dus:
1) Kry die feite oor dit wat jy vrees om sodoende die geheimsinnigheid en verkeerde informasie daaroor, uit die weg te ruim.Juf Lize Hattingh help hiermee. sy kan password reset
lhattingh@monnies.co.za2) In plaas daarvan om op jou fobie te fokus, fokus op God se beloftes: ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddende regterhand’ (vers 10 NLV). Soos jou geloof in God sterker word, sal die bedreiging van jou vrese swakker word.
3) Ontspan. Verbeel jouself dat jy vredevol en vry van die kettings van vrees is. Stel jou die positiewe uitwerking op jou lewe voor wanneer jy daarvan verlos word.
4) Konfronteer elkeen van die vreesaanjaende omstandighede een vir een. Elke enkele hekkie wat jy oorwin, versterk jou.
Verbind jouself dus om die vrese wat verwoesting oor jou gemoedsrus saai, te oorkom. Jesus het gesê: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie’ (Johannes 14:27 NVL). Moenie toelaat dat vrees jou regeer nie! Word pro-aktief en bewapen jouself met God se beloftes. Hardloop jou vrese trompop soos Dawid na Goliat gehardloop het, met die wete dat jy in die Naam van die Here oorwinning sal behaal.
Sielskos: 2 Pet 1-3; Joh 6:16-24; Ps 85; Spr 24:11-14
2023-10-24
Jeremia 33:3 NLV
Lees die volgende: ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.’ Wie het dit gesê? Die God van die heelal! Wat dink jy is jou kanse om die president of die eerste minister op die telefoon in die hande te kry? Niks! Tog kan jy ongeag jou opvoeding, gesofistikeerdheid, etniese agtergrond of finansiële status met God praat en Hy sal jou antwoord. Hy beloof ook nie net om jou gebede te beantwoord nie, maar om jou ongelooflike dinge te vertel waarvan jy niks weet nie.
Soms sê ons: ‘Dis die dinge wat ek nie weet nie wat my bang maak.’ Besighede sluit en werkers word afgelê. Roetine mediese ondersoeke openbaar lewensbedreigende uitdagings. Terroriste bedreig ons veiligheid en politici verraai ons vertroue in hulle. Die klein seuntjie het gebid: ‘Here, seën asseblief vir Mamma, Pappa, bababoetie en vir my. Here, kyk ook asseblief mooi na Uself, want as iets met U gebeur, is ons almal in die moeilikheid!’
Jy sê: ‘Maar ek is nie seker of God al ooit met my gepraat het nie.’ Jy moet egter met Hom praat en toelaat dat Hy deur sy Woord en sy inwonende Gees met jou praat. Soms wag God voor Hy jou antwoord omdat Hy op twee plekke gelyk werk. Hy werk aan die probleem waaroor jy gebid het en Hy werk om jou daarvoor gereed te kry. Soms neem die tweede gedeelte langer as die eerste. Soos die bekende gesang lui: ‘O what peace we often forfeit, O what needless pain we bear, All because we do not carry everything to God in prayer!’
Sielskos: 2 Sam 22:31-24:25; Joh 6:1-15; Ps 126; Spr 24:10