2025-02-17
Matteus 19:6 NLV
Dit mag dalk ‘n verrassing vir jou wees, maar die hoofdoelwit van die huwelik is nie om kinders te kry nie. Paartjies wat nie kinders kan kry nie, is net so getroud as paartjies wat wel kan kinders kry. Jesus het gesê: ‘…Daarom sal ‘n man sy pa en ma agterlaat en hom by sy vrou voeg. So sal hulle tot een liggaam verenig word…’ (vers 5 NLV). Wanneer God na ‘n ouer en kind kyk, sien Hy twee. Wanneer God na ‘n broer en suster kyk, sien Hy twee. Wanneer God egter na ‘n man en vrou kyk, sien Hy een.
Voel jy ooit of jy by die persoon met wie jy getrou het vasgevang is? Wel, jy is! Om te trou en een liggaam te word is nie wat twee mense vir mekaar doen nie, maar wat God vir hulle doen. Die huwelik is nie ‘n verhouding wat deur die samelewing, of die wet, of seks of selfs liefde bymekaar gevoeg word nie. Die huwelik is wat God bymekaar voeg. Die goeie nuus is dat wanneer God julle bymekaar voeg, kan Hy julle bymekaar hou.
Deesdae is die algemeenste rede om te skei ‘onversoenbare verskille.’ Jesus het egter na die hart van die kwessie toe gegaan – die kwessie van die hart. ‘…Moses het egskeiding toegelaat as ‘n toegewing aan die sondige hardheid van hulle harte, maar dit was nie wat God oorspronklik bedoel het nie’ (vers 8 NLV). God kan julle harte teenoor mekaar versag en Hy kan julle harte teenoor mekaar oopmaak. Jy sê: ‘Maar ek het al alles probeer en niks werk nie.’ Probeer God! Hy kan jou eggenoot se hart verander en vir julle ‘n nuwe toekoms saam gee.
Sielskos: Gen 42-43; Luk 10:25-37; Ps 33:1-12; Spr 5:7-14
2025-02-16
Galasiërs 3:6 AFR53
Ons dink dat Abraham ‘n stralekrans gehad het. Nie so nie. Nie een keer nie, maar twee keer gooi hy sy vrou onder die bus. Soos hulle deur Egipte gereis het, het Abram vir Sarai gesê: ‘Jy is ‘n baie mooi vrou; ek is bang die Egiptenare gaan my doodmaak sodat een van hulle jou as vrou kan vat, so kom ons sê vir hulle jy is my suster’ (sien Genesis 12:11-13). As jy dink dat dit erg is, doen Abraham dieselfde roetine ‘n tweede keer terwyl hy en Sara in die streek van Negev woon (sien Genesis 20).
Hoekom gooi God nie tou op met Abraham nie? Want Abraham gooi nie tou op met God nie! Abraham het uiteindelik ‘n plek in sy pad met God bereik waar sy résumé lees: ‘Teen alle verwagtinge in het Abraham geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: ‘Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel.’ En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns reeds heeltemal gedaan was – hy was al omtrent 100 jaar oud – en dat sy vrou Sara nie meer kinders kon hê nie. Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het. Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het!’ (Romeine 4:18-22 NLV).
Let die woorde: ‘sy geloof het sterker geword,’ op. God se plan is nie om jou weg te gooi nie, maar om jou geloof te ontwikkel en jou te gebruik om heerlikheid aan sy Naam te bring.
Sielskos: Eks 20:3; Hand 14:1-18; 1 Sam 5:1-5
2025-02-15
Kolossense 3:15 ABA
God wil hê dat jy ‘n rustige gemoedstoestand moet hê. Sy Woord sê: ‘Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer. God het julle gekies om een te wees, die een liggaam van Christus, sy kerk. Daarom moet julle in vrede met mekaar lewe. Julle moet ook dankbaar wees’ (vers 15 ABA).
Geen posisie of besitting is dit werd as jy nie vrede het nie; geld, status, populariteit – dis alles sinloos as jy vrede kort. Jy kan eenvoudig nie ‘n prys op die waarde van vrede plaas nie. Baie van ons bestee ons lewens om die suksesleer te probeer uitklim, maar elke keer wat ons hoër beweeg, verloor ons meer van ons vrede en vreugde, om nie eers van tyd saam met ons familie te praat nie. Ons lewens word deur die druk en stres om vas te klou aan dit wat ons bereik het, verteer. Ons is egter nooit waarlik suksesvol as ons nie vrede het nie.
Sommige van ons doen verskeie werke om dit wat die wêreld voor ons swaai en sê: ‘Jy moet hierdie hê om waarlik gelukkig te wees,’ te verkry. Ons kry daardie dinge, maar ons het steeds nie enige vrede nie. Romeine 14:17 sê vir ons: ‘As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daaroor dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk’ (NLV).
God wil hê dat jou behoeftes oorvloedig vervul moet word en dat jy in ‘n posisie moet wees om ander mense te seën. Moet egter nie iets probeer bekom as jy dit nie vreedsaam kan hê nie.
Sielskos: Gen 40-41; Luk 10:13-24; Ps 28; Spr 5:3-6
2025-02-14
Johannes 5:30 NLV
Die derde bousteen wat Jesus se verhouding met sy Vader definieer is gehoorsaamheid. Wanneer jy weet dat jy van God gehoor het, het jy die selfvertroue om enigiets wat die lewe na jou kant toe gooi te hanteer, en om enige opdrag wat Hy vir jou gee, aan te pak. Christus se eerste wonderwerk was om water in wyn by ‘n bruilof in Kana te verander. Daar sal jy ‘n stelling vind wat noodsaaklik is om God se wonderbaarlike krag in jou lewe te ervaar: ‘…Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle noukeurig doen’ (Johannes 2:5 NLV). Dit beteken dat jy gewillig moet wees om God te gehoorsaam wanneer Hy vir jou sê om iets te doen wat nie rasioneel lyk nie, wanneer dit nie populêr is nie, wanneer dit ongerieflik is, wanneer dit jou duur te staan kom en wanneer dit van jou verwag om ‘n onbekende paadjie te loop.
Jy sal slegs hierdie vlak van gehoorsaamheid bereik wanneer jy jouself aan ‘n lewe van intimiteit met God en afhanklikheid van God, toegewy het. Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid word nie gekweek wanneer jy probeer om God meer lief te hê nie, maar wanneer jy ‘n openbaring van God se wonderlike, onverdiende, onfeilbare liefde vir jou het: ‘Op hierdie manier het God sy ware liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang. Dít is ware liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem’ (1 Johannes 4:9-10 NLV). Bid dus vir ‘n openbaring van God se groot liefde vir jou.
Sielskos: Gen 37-39; Luk 10:1-12; Ps 5; Spr 5:1-2
2025-02-13
Johannes 5:19 NLV
Die tweede bousteen wat Jesus se verhouding met sy Vader definieer is die volgende: afhanklikheid. Corrie ten Boom het altyd gesê: ‘Ek is net die handskoen, Jesus is die hand wat dit vul en daardeur werk.’ Dis ‘n beeld van Christus se verhouding met sy hemelse Vader en ‘n bloudruk van die tipe verhouding wat jy met God kan hê. Jy sal twee baie belangrike dinge in die Bybel oor Jesus opmerk:
1) Hy het nooit ‘n vrees vir mislukking gehad, soos ons so dikwels het nie. Hoekom nie? Omdat Hy gereeld gebid en leiding by sy Vader gekry het. Hy het nooit getwyfel nie, omdat Hy geweet het dat Hy volgens die Vader se Woord en volgens sy wil optree. Totdat jy van God gehoor het, is jy ‘n vraagteken. Wanneer jy egter van God gehoor het, is jy ‘n uitroepteken.
2) Jesus het geweet dat Hy nie enigiets van belang sonder sy Vader se leiding en krag kon bereik nie, dus het Hy nooit probeer om dit te doen nie. Ons sê egter dat ons God vertrou, maar tree dan op asof alles net van onsself afhang. Die resultaat? Ons val plat op ons gesigte en hou aan wonder hoekom dit gebeur.
Elke aksie van God in jou lewe is bedoel om jou afhanklikheid aan Hom te laat toeneem, nie te laat afneem nie. Iemand het een keer gesê: ‘Jy sal nooit weet dat Christus al is wat jy nodig het, totdat Christus al is wat jy oor het nie.’ Om jou by ‘n plek van totale afhanklikheid aan Hom te bring, sal God toelaat dat jou ego vermorsel en jou selfgenoegsaamheid weggestroop word. Op daardie punt maak jy ‘n lewensveranderende ontdekking: Wanneer jy niks anders behalwe God oor het nie – God is genoeg!
Sielskos: Gen 35-36; Luk 9:57-62; Ps 149; Spr 4:25-27
2025-02-12
Johannes 5:20 NLV
Hierdie drie dinge definieer die verhouding wat Jesus met sy Vader gehad het en is die bloudruk vir die tipe verhouding wat jy met God moet bou: intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid.Kom ons kyk eerste na intimiteit. Jesus het gesê: ‘Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ Jy openbaar slegs jouself, insluitend jou mees innerlike gedagtes en geheime, aan iemand met wie jy intimiteit deel. Wanneer jy intiem met God word, sal Hy dinge met jou deel wat ander mense nie weet nie.
Dawid se grootste passie was om God intiem te ken. In Psalm 25:4 skryf hy: ‘Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie’ (NLV). Dan volg hy dit op deur te sê: ‘Die Here se voorneme is duidelik vir dié wat Hom dien. Aan hulle maak Hy sy Verbond bekend’ (vers 14 NLV). Om ‘n intieme verhouding met God te hê, verg drie dinge:
a) Begeerte. Die waarheid is dat jy tans so naby aan God is as wat jy begeer om te wees; anders sal jy jou prioriteite herrangskik om dit te laat gebeur.
b) Dissipline. Dit beteken dat jy elke dag alleen tyd saam met God in gebed en Bybelstudie moet bestee. Wanneer jy bid, praat jy met God. Wanneer jy die Bybel lees, praat God met jou.
c) Verblyding. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Iets wonderliks gebeur wanneer jy jouself in die Here verbly. Sy begeertes word jou hartsbegeertes, dus kan Hy jou daarmee vertrou.
Wil jy ‘n meer intieme verhouding met die Here hê? As jy gewillig is om dit na te streef, kan jy dit hê.
Sielskos: Gen 32-34; Luk 9:46-56; Ps 145:14-21; Spr 4:23-24