Live in day-tight compartments (1)

2026-10-16
Matthew 6:34 TLB

Sir William Osler was the most famous physician of his generation. He organised the Johns Hopkins School of Medicine and served as a professor of medicine at Oxford University. Considered the father of psychosomatic medicine, his textbook, The Principles and Practice of Medicine, was the principal reference book for medical students for three decades. But Osler’s medical career almost ended as soon as it started because of a nervous breakdown. He was trying to finish his academic requirements, start a medical practice, and make ends meet – all at the same time. It nearly killed him.

Then he came across something that Thomas Carlyle wrote: ‘Our main business is not to see what lies dimly at a distance, but to do what lies clearly at hand.’ Those words revolutionised Osler’s life. In a commencement address at Yale University, Osler told the students he owed his success to a simple principle: living in day-tight compartments. He told them that they needed to let go of dead yesterdays and unborn tomorrows. ‘The load of tomorrow,’ he said, ‘added to that of yesterday, carried today, makes the strongest falter.’

David said: ‘This is the day the Lord has made. We will rejoice and be glad in it’ (Psalm 118:24 TLB). Jesus said: ‘Don’t worry at all about having enough food and clothing… your heavenly Father already knows perfectly well that you need them, and he will give them to you if you give him first place in your life and live as he wants you to. So don’t be anxious about tomorrow. God will take care of your tomorrow too. Live one day at a time’ (Matthew 6:31-34 TLB).

Soul food: Exo 30-32; John 4:39-54; Ps 32; Pro 27:1-3

Lewe een dag op ‘n slag (1)


Matteus 6:34 DB

Sir William Osler was die bekendste geneesheer van sy generasie. Hy het die Johns Hopkins Skool vir Geneeskunde bestuur en as professor in medisyne aan die Universiteit van Oxford gedien. Sy handboek, The Principles and Practice of Medicine, word as die vader van psigosomatiese medisyne beskou en was vir drie dekades lank die belangrikste naslaanboek vir mediese studente. Osler se mediese loopbaan het egter, pas nadat dit begin het, amper weens ‘n senuwee-ineenstorting geëindig. Hy het probeer om aan sy akademiese vereistes te voldoen, ‘n mediese praktyk op die been te bring en kop bo water te hou – alles op dieselfde tyd. Dit het hom amper doodgemaak.

Toe kom hy op die woorde van Thomas Carlyle af: ‘Our main business is not to see what lies dimly at a distance, but to do what lies clearly at hand.’ Hierdie woorde het Osler se lewe verander. In ‘n toespraak by Yale Universiteit, het Osler vir die studente gesê dat hy sy sukses aan ‘n eenvoudige beginsel te danke het: om die lewe een dag op ‘n slag te leef.

Dawid het gesê: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees’ (Psalm 118:24). Jesus het gesê: ‘…Hou op om te sê: ‘Wat gaan ons vandag eet en drink?’ of: ‘Wat gaan ons vandag aantrek?’…Julle het mos ‘n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg… En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!’ (Matteus 6:31-34 DB).

Sielskos: Eks 30-32; Joh 4:39-54; Ps 32; Spr 27:1-3

Rules for serving

2026-10-15
Romans 12:9 NLT

When it comes to serving others, try to live by these three rules:

1) Serve sincerely. ‘Don’t just pretend to love others. Really love them.’ God knows your heart, so be honest with yourself about your true motives in serving and sacrificing for others. If you need help in this area, turn to the Scriptures: ‘For the Word of God is living and powerful, and sharper than any two-edged sword… and is a discerner of the thoughts and intents of the heart’ (Hebrews 4:12 NKJV).

2) Serve silently. ‘When you do a charitable deed, do not sound a trumpet… that [you] may have glory from men’ (Matthew 6:2 NKJV). Note the words, ‘do not sound a trumpet’. When people take your kindness for granted or fail to appreciate the things you do for them, don’t toot your own horn. Look to God for your reward, not people; otherwise you’ll be disappointed. ‘As the eyes of servants look to the hand of their masters… so our eyes look to the Lord our God’ (Psalms 123:2 NKJV).

3) Serve selectively. You’re not called to go to every place, meet every need, and help every person. On two different occasions God stopped Paul from going into Asia to preach the gospel. But look what happened next: ‘And a vision appeared to Paul in the night. A man of Macedonia stood and pleaded with him, saying, “Come over to Macedonia and help us.”…immediately we sought to go to Macedonia, concluding that the Lord had called us to preach the gospel to them’ (Acts 16:9-10 NKJV). Why is this important to know? Because when God guides you, He provides for you!

Soul food: Exo 28-29; John 4:27-38; Ps 100; Pro 26:27-28

Reëls vir bediening


Romeine 12:9 NLV

Wanneer dit by die dien van ander kom, moet jy probeer om volgens hierdie drie reëls te leef:

1) Dien opreg. ‘Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart uit…’ God ken jou hart, wees dus eerlik met jouself oor jou ware beweegredes om ander te dien en vir hulle op te offer. As jy hulp in hierdie area nodig het, wend jou tot die Skrif: ‘Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as die ontleedmes van ‘n chirurg… Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop’ (Hebreërs 4:12 NLV).

2) Dien stilweg. ‘Wanneer jy iemand in nood help, moenie ‘n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen om deur die mense opgehemel te word…’ (Matteus 6:2 NLV). Wanneer mense jou vriendelikheid as vanselfsprekend aanvaar of nie die dinge wat jy vir hulle doen waardeer nie, moenie jou eie beuel blaas nie. Draai na God vir jou beloning en nie na mense toe nie; anders sal jy teleurgestel word.

3) Dien selektief. Jy is nie geroep om na elke plek te gaan, in elke behoefte te voorsien en elke persoon te help nie. By twee verskillende geleenthede het God Paulus gekeer om na Asië te gaan om die evangelie te gaan verkondig. Kyk egter wat volgende gebeur het: ‘Daar het Paulus in die nag ‘n visioen ontvang. Hy het ‘n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: ‘Kom oor na Masedonië toe en help ons.’ …ons [het] onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig’ (Handelinge 16:9-10 NLV). Waarom is dit belangrik? Want wanneer God jou lei, voorsien Hy vir jou!

Sielskos: Eks 28-29; Joh 4:27-38; Ps 100; Spr 26:27-28

Die gevolge van ongehoorsaamheid

2026-10-14
Josua 7:10-11 NLV

Jerigo se mure het geval en Josua was oorweldig deur die oorwinning. Hulle volgende uitdaging was die stad Ai, met ‘n bevolking van slegs 20 000 mense. Josua het toe besluit dat 3 000 van sy soldate die stad kon inneem. Hy was egter verkeerd. ‘Die mense van Ai het die Israeliete van die poort van die stad af agternagesit en hulle gejaag tot by die klipskeure waar hulle omtrent 36 van hulle teen die skuinste doodgemaak het. Die volk se moed het in hulle skoene gesak’ (vers 5 NLV).

Wat het hierdie nederlaag veroorsaak? Akan, een van Josua se soldate, het God se bevel verontagsaam en van die buit van Jerigo geneem en dit in sy tent weggesteek. Gevolglik het Israel ‘n vernederende nederlaag gely en Akan en sy familie is in die Laagte van Akor met klippe doodgegooi. Josua het ‘n ineenstorting gehad. Hy het sy klere geskeur en op die grond neergeval en gebid: ‘…As ons tog maar liewer aan die ander kant van die Jordaan gebly het!’ (vers 7 NLV). Let op wat God vir hom gesê het: ‘…Staan op. Hoekom lê jy daar op die grond? Israel het oortree…’

Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer: daar is ‘n tyd om te bid, en daar is ‘n tyd om op te staan en die kwessies waaroor God jou aanspreek, te hanteer! Soms bid ons in die hoop dat God ons ongehoorsaamheid sal oorsien of van plan sal verander. God se doel is egter om ons te verander! Waarom het Akan van die buit van Jerigo geneem? Omdat hy nie op God se vermoë en bereidwilligheid om vir hom te sorg, vertrou het nie. Spreek God jou ook daaroor aan?

Sielskos: Eks 25-27; Joh 4:13-26; Ps 89:38-52; Spr 26:23-26