2026-10-19
Josua 24:15 NLV
Joe was ‘n skrynwerker wat vir ‘n boukontrakteur gewerk het. Eendag het die kontrakteur vir hom gesê: ‘Joe, ek stel jou in beheer van die volgende huis wat ons bou. Ek wil hê jy moet die materiaal bestel en toesig hou oor die werk.’ Joe het die opdrag met groot entoesiasme aanvaar. Hy het die bloudrukke bestudeer en elke meting en spesifikasie nagegaan. Toe het hy gedink: ‘As ek werklik in beheer is, hoekom kan ek nie ‘n paar kortpaaie vat nie, goedkoper materiale gebruik en die ekstra geld in my sak steek nie? Wie sal weet? Sodra die huis geverf is, sal dit fantasties lyk.’ Joe het toe tweedegraadse hout en goedkoop beton bestel, goedkoop bedrading ingesit en elke kortpad gevat wat hy kon.
Toe die huis klaar was, het die kontrakteur dit kom besigtig. ‘Jy het ‘n goeie werk gedoen!’ het hy gesê. ‘Jy was al die jare getrou aan my en ek het besluit om my dankbaarheid te betoon deur jou hierdie huis wat jy so pas gebou het, as ‘n geskenk aan jou te gee.’ Nag na nag, terwyl Joe in die bed gelê en geluister het na die dak wat lek en die vloer wat kraak, het hy die boodskap hard en duidelik gehoor: Die huis wat jy bou, is die huis waarin jy sal moet woon!
Skeep jy jou eggenoot en jou gesin af wat liefde, tyd, voorbeeld en onderrig betref? Jy kan maar weet: daar sal ‘n tyd kom wanneer jy spyt sal wees oor wat jy gedoen het en nagelaat het om te doen. Afhangende van tyd en geleentheid, mag jy dalk nie ‘n kans kry om dit ongedaan te maak nie. Maak dus die volgende jou gebed: ‘…Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.’
Sielskos: Eks 36-38; Joh 5:16-30; Ps 41; Spr 27:7-9
2026-10-18
Nehemiah 6:3 NIV
Like David’s older brother Eliab, there will always be people who try to discourage you from killing the giant in your life or taking on any other God-given assignment (see 1 Samuel 17:28). Their resistance could be due to the fact that ‘misery loves company’. Or that they’re projecting their fear and lack of faith onto you. Or it could be envy; they resent your attempt to do what they are afraid to do. And this is even more so when you succeed where they have failed. Whatever their motivation and intention may be, you may have to stand alone in your quest.
Nehemiah’s enemies tried every trick in the book to deter him from rebuilding the wall of Jerusalem. They were relentless. Notice how he handled their opposition: ‘Sanballat and Geshem sent me this message: “Come, let us meet together.”…But they were scheming to harm me; so I sent… this reply: “I am carrying on a great project and cannot go down. Why should the work stop while I leave it and go down to you?” Four times they sent me the same message, and each time I gave them the same answer’ (Nehemiah 6:2-4 NIV).
Nehemiah remained steadfast in what he knew God had called him to do, and you must too. You must be willing to take the put-downs, the envy, the distractions, the discouraging words, and all other opposition and stand on God’s Word: ‘If God is for us, who can be against us?’ (Romans 8:31 NIV). So the word for today is – be careful to whom you listen.
Soul food: Isa 61:1-9; Mark 12:41-44; Jam 2:14-23
Nehemia 6:3 NLV
Soos Dawid se ouer broer, Eliab, sal daar altyd mense wees wat jou probeer ontmoedig om die reus in jou lewe dood te maak of enige ander Godgegewe opdrag aan te pak (sien 1 Samuel 17:28). Hul weerstand kan wees omdat hulle nie wil hê jy moet hulle agterlaat nie. Of dit kan wees dat hulle hul vrees en gebrek aan geloof op jou projekteer. Dit kan selfs afguns wees; hulle is wrokkig dat jy poog om dit te doen wat hulle te bang is om te doen. Hierdie weerstand mag dalk ‘n toppunt bereik wanneer jy slaag waar hulle misluk het. Wat ook al hul motivering en voorneme mag wees, jy sal dalk alleen in jou strewe moet staan.
Nehemia se vyande het elke truuk in die boek probeer om hom te ontmoedig om die muur van Jerusalem te herbou. Hulle was meedoënloos. Let op hoe hy hul teenstand hanteer het: ‘Toe stuur Sanballat en Gesem vir my ‘n boodskap met die versoek dat ek hulle… moes ontmoet. Ek het besef dat hulle beplan het om my kwaad aan te doen. Ek het toe vir hulle ‘n boodskap teruggestuur: ‘Ek is met ‘n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie.’ Hulle het die boodskap vier keer vir my gestuur en elke keer het ek vir hulle dieselfde boodskap teruggestuur’ (Nehemia 6:2-4 NLV).
Nehemia het standvastig gebly in dit wat hy geweet het God hom geroep het om te doen, en jy moet ook. Jy moet bereid wees om die afkeer, die afguns, die afleidings, die ontmoedigende woorde en alle ander teenstand te verduur en op God se Woord te staan: ‘…As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees?’ (Romeine 8:31 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – wees versigtig na wie jy luister.
Sielskos: Jes 61:1-9; Mark 12:41-44; Jak 2:14-23
2026-10-17
Psalm 118:24 NLV
In The Screwtape Letters het C.S. Lewis geskryf dat God wil hê dat die mensdom hoofsaaklik aan twee dinge aandag moet gee: ‘Aan die ewigheid self en aan daardie tydstip wat hulle die Teenswoordige noem. Want die Teenswoordige is die punt waarop tyd die ewigheid aanraak.’ In die lig van hierdie waarheid het Screwtape, die veteraan-demoon, ‘n beginner, genaamd Wormwood, as volg aangeraai: ‘Ons taak is om hulle weg van die ewige en van die Teenswoordige te stuur. Met dit in gedagte, versoek ons dus soms ‘n mens om in die Verlede te leef.’
Screwtape het Wormwood toe van ‘n ander demoniese taktiek vertel – om mense so ver te kry om in die toekoms te lewe. ‘Ons wil ‘n hele generasie hê wat voortdurend die einde van die reënboog nastreef, nooit eerlik, of vriendelik, of gelukkig oor waar hulle hulle tans bevind nie, maar besig om elke geskenk wat in die Teenswoordige aan hulle gebied word, op die altaar van die toekoms op te offer.’
Of ons nou lewenslange verslawings oorkom of lewensdoelwitte nastreef, die een sleutel om dinge te bereik, is om dit in hanteerbare en meetbare stappe op te breek. ‘n Doelwit is ‘n droom met ‘n sperdatum. Suksesvolle programme wat alkoholiste en verslaafdes help om nugter te word en innerlike krag te vind, gebruik die slagspreuk: ‘Een dag op ‘n slag!’ As jy ‘n gewoonte wil breek, breek dit in meetbare stappe op. Jy sal, net soos in boks, ‘n paar rondtes wen en ‘n paar rondtes verloor. Jy moet egter een dag en een rondte op ‘n slag veg. Voor jy jou oë uitvee, sal die dae wat jy wen baie meer as die dae wat jy verloor word.
Sielskos: Eks 33-35; Joh 5:1-15; Ps 87; Spr 27:4-6
Psalm 118:24 NKJV
In The Screwtape Letters, C.S. Lewis demonstrated that God wants humankind to attend chiefly to two things: ‘To eternity itself, and to that point of time, which they call the Present. For the Present is the point at which time touches eternity.’ In light of that truth, Screwtape, the veteran demon, advised a novice named Wormwood with these words: ‘Our business is to get them away from the eternal, and from the Present. With this in view, we sometimes tempt a human…to live in the Past.’
Screwtape then advised Wormwood about another demonic tactic – getting people to live in the future. ‘We want a whole race perpetually in pursuit of the rainbow’s end, never honest, nor kind, nor happy now, but always using as mere fuel wherewith to heap on the altar of the future every real gift which is offered to them in the Present.’
Whether we are overcoming lifelong addictions or going after life goals, one key to accomplishing things is breaking them down into manageable and measurable steps. A goal is a dream with a deadline. And without a deadline, the dream is dead in the water. Successful programmes that help alcoholics and addicts find sobriety and strength use the slogan: ‘One day at a time!’ If you want to break a habit, break it down into day-tight compartments. Just like boxing, you’ll win some rounds and lose some rounds. But you’ve got to fight one day and one round at a time. Before you know it, your winning streaks will get longer, and your losing streaks will get shorter.
Soul food: Exo 33-35; John 5:1-15; Ps 87; Pro 27:4-6