2024-05-14
Kolossense 3:21 NLV
Nog ‘n kwessie van ouerlike verwarring is die volgende: 4) Bitter teenoor beter. Wat is bitterheid? Dit is sterk gegriefdheid of sinisme. Hoe veroorsaak ouers bitterheid in hulle kinders? Oorweeg die volgende snellers:
a) Teenstrydigheid. Dit gebeur wanneer jy een dag outokraties en outoritêr en die volgende dag permissief is. Wat vandag ‘n sterk teregwysing teweegbring, bring môre ‘n glimlag van toegeeflikheid mee. Jou kind weet dus nooit wat om te verwag nie.
b) Buierigheid. Vandag is jy pret en dis lekker om by jou te wees; môre is jy geïrriteerd en afwesig.
c) Onredelikheid. Daar is nie spasie vir bespreking nie, geen geleentheid vir jou kinders om hulle gevoelens te verken nie. ‘Doen soos ek sê omdat ek so gesê het!’ Die kind word dus nooit die kans gegun om deur die redeneringsproses te dink nie.
d) Skeldende gedrag. Dit mag dalk fisies of emosioneel (deur jou liefde te weerhou, stilstuipe te kry of jou kind te verwerp), wees. Of dit mag dalk verbaal (deur te skree en woorde wat seermaak te gebruik), wees.
e) Om een ding te sê maar ‘n ander te doen. Jy bely sekere oortuigings, maar oefen dit nie uit nie. Jy verwag van jou kinders om respek te betoon, terwyl jy disrespekvol teenoor ander is. Jy verwag eerlikheid van jou kinders, maar hulle sien hoe jy jou pad deur die lewe lieg en bedrieg. Kinders is skerp waarnemers – hulle mag dalk nie iets sê nie, maar daar is nie veel wat jy doen wat hulle aandag ontglip nie. Hulle sien jou teenstrydighede – wanneer wat jy sê nie ooreenstem met wat jy doen nie.
Al hierdie gedrag kan hulle wrokkig maak. ‘Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders nie sodat hulle nie moedeloos word nie.’ Moenie jou kinders moedeloos maak nie.
Sielskos: Deut 28-29; Mark 8:14-26; Ps 44:17-26; Spr 12:12-14
2024-05-13
Proverbs 23:13 NIV
Here are some more areas where parents are often confused. (2) Discipline versus punishment. “Foolishness is bound up in the heart of a child, the rod of discipline will drive it far from him.” (Proverbs 22:15 AMPC). Notice God’s choice of words: “the rod of discipline” not the “rod of punishment.” Discipline and correction are about teaching and learning; punishment is about making a child suffer for their behavior. Children need discipline – not punishment, which is often administered by a frustrated and angry parent. “Do not withhold discipline from a child.” Withholding discipline prepares them for a life of failure and suffering. Discipline is focused on improving their behavior. It teaches right and wrong by giving consequences that directly relate to the child’s choices. It may take the form of being grounded or suspending privileges, but it should always be for the child’s benefit, never to inflict pain.
(3) Love versus indulgence. Our materialistic world confuses love with indulgence. Loving parents give without spoiling, withhold for the child’s good, and motivate them by rewarding good behavior. Indulgent parents give kids whatever they want, irrespective of behavior, thus failing to motivate them to be responsible. Spoiled kids develop a sense of entitlement and an expectation that others exist to please them. Indulgent parents are frequently guilt driven and afraid their kids won’t like or love them. They mistake indulgence for love, and breed children who demand, manipulate, and are never satisfied. Love requires talking, listening, understanding, laughing, sharing tough times, respecting and encouraging your kids with unconditional acceptance. Such love costs nothing but is worth everything.
Soul food: Deut 25-27; Mark 8:1-13; Ps 44:9-16; Prov 12:10-11
Spreuke 23:13 NLV
Hier is nog ‘n paar areas waar ouers dikwels verward is. 2) Dissipline teenoor straf. ‘Tug is nodig! As ‘n kind toegelaat word om te doen net wat hy wil, loop dinge verkeerd. Dissipline verdryf stoutighede’ (Spreuke 22:15 DB). Dissipline en korreksie gaan oor onderrig en leer; straf gaan daaroor om ‘n kind vir sy gedrag te laat ly. Kinders het dissipline nodig – nie straf, wat dikwels deur ‘n gefrustreerde en woedende ouer toegedien word – nie. Wanneer jy dissipline weerhou, berei jy hulle vir ‘n leeftyd van mislukking en lyding voor. Dissipline fokus daarop om hulle gedrag te verbeter. Dit leer hulle reg en verkeerd deur gevolge wat direk aan die kind se keuses gekoppel is, te gee. Dit mag dalk wees om hulle te hok of hulle van sekere voorregte te ontneem, maar dit moet altyd tot die kind se voordeel wees en nie om pyn toe te dien nie.
3) Liefde teenoor toegeeflikheid. Ons materialistiese wêreld verwar liefde met toegeeflikheid. Liefdevolle ouers gee sonder om te bederf, weerhou vir die kind se beswil en motiveer hulle deur goeie gedrag te beloon. Toegeeflike ouers gee kinders wat hulle ook al wil hê, ongeag hul gedrag, gevolglik leer hulle nie verantwoordelikheid nie. Bedorwe kinders ontwikkel ‘n gevoel van geregtigheid en ‘n verwagting dat ander bestaan om aan hulle eise te voldoen. Toegeeflike ouers is dikwels skuldgedrewe en bang hul kinders hou nie van hulle of is nie lief vir hulle nie. Hulle verwar toegeeflikheid met liefde en kweek kinders wat eis, manipuleer en nooit tevrede is nie. Liefde vereis dat jy praat, luister, verstaan, lag, moeilike tye deel, mekaar respekteer en jou kinders met onvoorwaardelike aanvaarding bemoedig. Sulke liefde kos niks, maar is van onskatbare waarde.
Sielskos: Deut 25-27; Mark 8:1-13; Ps 44:9-16; Spr 12:10-11
2024-05-12
Psalm 127:3 NLV
Kom ons kyk vir die volgende paar dae na ‘n paar praktiese areas waar ons as ouers dikwels verward is. 1) Leiding teenoor kritiek. As jy ‘n kalm, aangename en inskiklike kind het wat skool, huiswerk en huishoudelike take geniet, sal dit ‘n vreugde wees om hulle: ‘…met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra’ (Efesiërs 6:4 NLV), op te voed.
Baie van ons het egter selfgeldende kinders met ‘n sterk wil en hul eie agenda ontvang. Hierdie kinders weet wat hulle wil hê en hoe om dit te kry. Hulle weet ook wat hulle nie wil eet, dra, hoor, sê en doen nie! Die ouers van hierdie kinders het hulp nodig om die tipe verhouding wat vertroue skep en wedersydse gesprekke en respek toelaat, te bou. In hierdie gevalle kan leiding maklik in kritiek ontaard wat aanhoudend die kind se foute beklemtoon: ‘Jy lyk soos ‘n hanswors in daardie klere… Jy is nooit betyds nie… Hoekom kan jy nie daarvan hou nie…’
‘n Baie beter benadering is om vir die kind die oplossing uit te wys. Geldige leiding wat negatief aangebied word, sal die kind se eiewaarde skaad, wrokke kweek en die moontlikheid om wedersydse respek op te bou, vernietig. Hulle het nodig om jou te hoor sê: ‘Ek karring nie net aan jou nie – ek is aan jou kant!’
Wanneer normale konflik te voorskyn kom – en dit sal – is die versoeking om aanmatigend en gefrustreerd te word, daar. Dit veroorsaak dat hulle kwaad, ontmagtig en onseker van hulself en van jou voel – ‘n uitnodiging tot rebellie. As jy egter jou kind as iemand wat aan hulle kant is, met geduldige, praktiese hulp lei, sal skakels gevorm word wat samewerking, vertroue en wedersydse respek aanmoedig.
Sielskos: Gal 5:22; Luk 19:11-26; Ps 36:5-9; Heb 10:19-23
Psalm 127:3 NLT
Over the next few days, let’s look at some practical areas where we as parents are often confused. (1) Guidance versus criticism. If you have a placid, agreeable, and compliant child who enjoys school, homework, and doing household chores, bringing “them up in the training and instruction of the Lord” will be a joy! (Ephesians 6:4 NIV).
Many of us, however, are given assertive, strong-willed kids with their own agendas. These kids know what they want, and when and how to get it. They also know what they don’t want to eat, wear, hear, say, and do! And parents of these kids need help in building the kind of relationship that creates trust and allows for mutual discussion and respect in a tug-of-war atmosphere. In such cases giving guidance can easily become criticism, constantly emphasizing the child’s faults: “You look ridiculous in that… you’re never on time… why can’t you be like…”
A much better approach is to point the kid to the solution. Even valid guidance offered negatively will damage self-worth, breed resentment, and destroy the possibility of building mutual respect. They need to hear you say, “I’m not on your back – I’m on your team!”
When normal conflict arises – and it will – it’s tempting to become overbearing or frustrated. When you shout, insult, or humiliate the child, you lose sight of your parental goal of guiding and training. This leaves them feeling angry, disempowered, uncertain of themselves and you – an invitation to rebellion. But if you guide your child as one who is on their team, with patient practical help, links will be forged that encourage cooperation, trust, and mutual respect.
Soul food: Gal 5:22; Luke 19:11-26; Ps 36:5-9; Heb 10:19-23