Die regte houding (2)

2024-05-09
Markus 9:23 NLV

Demosthenes, wat as die beste redenaar in antieke Griekeland bekend was, het ‘n ernstige spraakgebrek gehad. Volgens legende het hy dit oorkom deur verse met klippies in sy mond op te sê en bo die gedreun van die branders by die see te praat. Tydens sy gevangenskap in die Wartburg kasteel, het Martin Luther sy tyd gebruik om die Nuwe Testament in Duits te vertaal. Beethoven het sy grootste simfoniese meesterstukke geskryf nadat hy sy gehoor verloor het. John Bunyan het The Pilgrim’s Progress geskryf toe hy in die tronk was, so ook het Daniel Defoe Robinson Crusoe in die tronk geskryf. Abraham Lincoln word deur baie as die beste Amerikaanse president geag, maar hy sou waarskynlik nie as ‘n groot leier bekend geword het as hy nie die land deur die Amerikaanse burgeroorlog gelei het nie.

Dikwels produseer moeilike situasies groot leiers en denkers. Dit is egter net die geval wanneer hulle houding reg is. Wanneer ‘n probleem in kontak met iemand wat die regte houding het kom, is die resultaat dikwels wonderlik. Uit groot onrus kom groot staatsmanne, sakemanne, wetenskaplikes, opvoeders, pastore en ander na vore. Elke uitdaging is ‘n geleentheid en elke geleentheid het ‘n uitdaging. Dis egter die houding waarmee jy jou probleem benader wat hoofsaaklik die uitkoms bepaal.

Toe ‘n man wie se seun nie kon hoor of praat nie vir Jesus gevra het om hom gesond te maak, het Jesus gesê: ‘…As ‘n mens glo, is álles moontlik!’ (vers 23 NLV). Die man het geantwoord: ‘Ek glo!.. Help my tog om nie meer te twyfel nie!’ (vers 24 NLV). Jesus het hom gehelp en ook sy seun genees. As jy hulp met jou houding nodig het, praat vandag met die Here.

Sielskos: Luk 24:50-53; Hand 1:1-11; Ef 4:7-10

Die regte houding (1)

2024-05-08
Filippense 2:3 NLV

Let op: 1) Die regte houding maak die verskil in jou verhoudings. Theodore Roosevelt het gesê: ‘Die belangrikste enkele bestanddeel in die formule van sukses is die wete hoe om met mense oor die weg te kom.’ Paulus skryf ook: ‘Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange’ (verse 3-4 NLV). As jou rekord met mense nie te goed lyk nie, moet jy dalk na jou houding kyk. Terwyl dit waar is dat sekere mense net ‘n manier het om goed met mense oor die weg te kom, kan selfs iemand met beperkte kommunikasievaardighede leer om met ander oor die weg te kom as hy of sy besluit om hulle houding en aanslag te verander.

2) Jou houding maak ‘n verskil in hoe jy die uitdagings van die lewe benader. Gedurende die Koreaanse oorlog, toe die Amerikaanse soldaat Chesty Puller deur agt vyandige troepe omring was, het hy gesê: ‘Nou goed, hulle is aan ons linkerkant. Hulle is aan ons regterkant. Hulle is voor ons. Hulle is agter ons – hulle kan nie hierdie keer van ons wegkom nie!’ Probleme, uitdagings, struikelblokke en mislukkings is onvermydelik in die lewe. Hoe gaan jy dit dus hanteer? Gaan jy tou opgooi? Gaan jy toelaat dat die omstandighede jou ellendig laat voel? Of gaan jy probeer om die beste daarvan te maak? Die pad wat jy kies gaan van jou houding afhang. Die ou gesegde is waar: Wat jou nie doodmaak nie, maak jou sterker. Onthou die tye in jou lewe wat jy die meeste gegroei het. Was dit nie tye toe jy struikelblokke en probleme moes oorkom nie?

Sielskos: Deut 14-17; Mark 7:1-13; Ps 37:25-31; Spr 12:1-3

The right attitude (1)


Philippians 2:3 NKJV

Observe: (1) The right attitude makes a difference in your relationships. Theodore Roosevelt said, “The most important single ingredient in the formula for success is knowing how to get along with people.” And Paul writes: “Let nothing be done through selfish ambition or conceit, but in lowliness of mind let each esteem others better than himself. Let each of you look out not only for his own interests, but also for the interests of others” (vv. 3-4 NKJV). If your track record with people isn’t too good, maybe you need to look at your attitude. While it’s true that some people just seem to have a winning way with others, someone with limited people skills can learn to win with others if he or she decides to change their attitude and approach.

(2) Your attitude makes a difference in how you face life’s challenges. During the Korean War when US Marine Chesty Puller found himself surrounded by eight enemy divisions, his response was, “All right, they are on our left. They are on our right. They’re in front of us. They’re behind us – they can’t get away from us this time!” In life, problems, challenges, obstacles, and failures are unavoidable. So, how are you going to deal with them? Will you quit? Will you let conditions make you miserable? Or are you going to attempt to make the best of things? Which path you select depends on your attitude. The old saying is true: What doesn’t kill you makes you stronger. Remember the times in your life when you have grown the most. Weren’t they times when you had to overcome obstacles and problems?

Soul food: Deut 14-17; Mark 7:1-13; Ps 37:25-31; Prov 12:1-3

Beweeg van mislukking na sukses (2)

2024-05-07
Job 8:7 NLV

Dis makliker om sukses te herken wanneer jy terugkyk as wanneer jy vorentoe kyk. Vir sommige van ons kan dit baie jare neem voor ons ons sukses herken, dit vier en standvastig daarin voel. Dis omdat ons die regte perspektief kortkom. Op sy breedste, is ‘n brug van twee myl lank nodig om die Mississippi rivier oor te steek; by sy oorsprong is die rivier so smal dat jy daaroor kan spring. Dis egter steeds dieselfde rivier. Die meeste dinge begin klein!

Het jy al van die Rusgebed gehoor? Dit gaan as volg: ‘God, gee my die rus om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge wat ek kan, te verander, en die wysheid om die verskil te ken.’ Dit is die eerste keer in ‘n klein kerkie in Massachusetts deur die teoloog Reinhold Niebuhr tydens ‘n Sondagoggend diens gebid. Net ‘n klein groepie mense was daardie dag in die kerk, maar een persoon het so baie van die gebed gehou dat hy na die diens vir Niebuhr vir ‘n kopie daarvan gevra het. ‘Hier,’ het Niebuhr geantwoord en ‘n opgefrommelde stuk papier vir die gemeentelid gegee. ‘Ek glo nie ek sal meer nut daarvan hê nie.’

Raai wat? Na die Onse Vader, is dit die gebed wat die meeste in die wêreld gebid word. Is dit nie ironies dat Niebuhr se gebed so gewild geword het nadat hy gedink het hy sal geen nut meer daarvan hê nie? Met hierdie verhaal in gedagte, lees die volgende Skrifgedeelte en dink waarlik daaroor: ‘En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.’ Met God se hulp kan jy jou mislukking in sukses verander en aangaan om groter dinge te doen.

Sielskos: Deut 11-13; Mark 6:45-56; Ps 37:16-24; Spr 11:30-31

Moving from failure to success (2)


Job 8:7 NKJV

It’s easier to recognize success looking back than it is looking forward. For some of us, it can be many years before we recognize our success, celebrate it, and feel secure in it. That’s because we lack a proper perspective. At its widest point, the Mississippi River requires a two-mile-wide steel span bridge to get across; while at its source, the stream is so small you can jump over it. But it’s still the same river. Most things start small!

Have you ever heard the Serenity Prayer? It goes like this: “God, grant me the serenity to accept the things I cannot change, courage to change the things I can, and wisdom to know the difference.” It was first prayed in a little church in Massachusetts by theologian Reinhold Niebuhr during a Sunday morning service. Only a small group of people was in the congregation that day, but one person liked the prayer and after the service, he asked Niebuhr for a copy. “Here,” Niebuhr responded, handing over a crumpled piece of paper. “I doubt I’ll ever have any more use for it.”

Well, guess what? Next to the Lord’s Prayer, it’s the most used prayer in the world. Isn’t it ironic that Niebuhr’s prayer became so popular? Evidently, his perspective wasn’t too good because he didn’t know what he had. With that story in mind, read this Scripture again and really think about it: “Though your beginning was small, yet your latter end would increase abundantly.” With God’s help, you can turn your failure into success and go on to greater things.

Soul food: Deut 11-13; Mark 6:45-56; Ps 37:16-24; Prov 11:30-31