Is jou nette leeg?

2022-08-04
Johannes 21:3 NLV

Toe Jesus sy dissipels geroep het, het Hy vir hulle gesê: ‘…Ek sal julle vissers van mense maak’ (Matteus 4:19 NLV). Tog, nadat hulle gehoor het dat Hy belowe het om uit die dood uit op te staan en Hom ook na die opstanding gesien het, het hulle teruggekeer na dit wat hulle gedoen het voor hulle Hom ontmoet het: visvang.

God sal jou ervarings in die verlede gebruik om jou te onderrig, maar Hy lei jou altyd vorentoe – nooit terug nie. Wanneer vrees en onsekerheid jou wil laat terugkeer na die sekuriteit wat jy ken, eindig jy soos die dissipels op: ‘…[hulle] het gedurende daardie nag niks gevang nie.’

Daar is egter goeie nuus: As God jou geroep het, is jy steeds geroepe. Let op hoe Jesus hulle aangespreek het: ‘…Kinders, het julle nie iets om te eet nie?..’ (Johannes 21:5 NLV). Ten spyte van jou gebrekkige prestasie, is jy steeds God se verloste kind. Vervolgens sê Hy vir hulle: “…’Gooi die net aan die regterkant van die boot uit en julle sal vis kry.’ Hulle het die net uitgegooi, maar kon dit nie weer intrek nie as gevolg van die groot hoeveelheid vis. Die lieflingdissipel sê toe vir Petrus: ‘Dit is die Here!’…” (Johannes 21:6-7 NLV). Jesus het toe saam met hulle ontbyt geëet, hulle vertwyfelinge verwyder en hulle bemagtig om die wêreld te verander.

Wanneer jy buite God se wil werk, is dit om soos aan die verkeerde kant van die boot vis te vang; jy maak net jouself moeg en het min om vir jou inspanning te wys. Misluk jy? Dalk is jy besig om aan die verkeerde kant van die boot vis te vang. Dinge sal begin uitwerk wanneer jy jouself aan Christus onderwerp, jou verbondskap met Hom vernuwe en Hom toelaat om jou te lei.

Sielskos: Deut 5-7; Mark 2:1-12; Ps 78:40-55; Spr 16:32

Are you coming up empty?


John 21:3 NKJV

When Jesus first called His disciples, He told them, “I will make you fishers of men” (Matthew 4:19 KJV). Yet after hearing Him promise to rise from the dead and actually seeing Him alive, they went back to what they were doing before they met Him: fishing.

Now, God will use your past experiences to teach you, but He always leads you forward – never back. When fear and uncertainty make you want to go back to the security of what you know, you end up like the disciples: “That night they caught nothing.” But there is good news: If God has called you, you’re still called. Notice how Jesus addresses them: “Children, have you any food?” (John 21:5 NKJV). In spite of your lackluster performance, you’re still God’s redeemed child.

Next, He tells them: “‘Throw your net on the right side of the boat and you will find some.’ When they did, they were unable to haul the net in because of the large number of fish. Then the disciple whom Jesus loved said to Peter, ‘It is the Lord!'” (vv. 6-7 NIV).

Notice what Jesus did next. He ate breakfast with them, renewed fellowship, removed their doubts, and empowered them to change the world. There is an important lesson here. When you work outside God’s will, it’s like fishing on the wrong side of the boat; you wear yourself out and end up having little to show for your efforts. Are you failing? Maybe it’s because you’re fishing on the wrong side of the boat! Things will start to work out right when you submit to Christ, renew your fellowship with Him, and allow Him to direct you.

Soul food: Deut 5-7; Mark 2:1-12; Ps 78:40-55; Prov 16:32

Jy moet liefde betoon (3)

2022-08-03
Johannes 15:12 NLV

Roep in jou gedagtes die persoon op wat jy dit die moeilikste vind om voor lief te wees. Hoe kan jy leer om hierdie tipe persoon lief te hê? Eerstens, voordat jy hulle kan liefhê, moet jy voel en verstaan hoe innig God jou liefhet. Paulus skryf: ‘Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef…’ (Efesiërs 3:17-19 NLV).

God wil hê dat jy sy liefde moet voel en moet verstaan. Ons het God lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het (sien 1 Johannes 4:19). Hoekom is dit belangrik om God se liefde te voel? Omdat ongeliefde mense dikwels liefdelose mense is. Wanneer jy nie opreg geliefd voel nie, is jy nie lus om liefde te betoon nie. Jy moet dus eerstens God se liefde vir jouself ervaar.

Jesus het gesê: ‘…Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het.’ Jesus was tydens jou ergste dade en jou laagste oomblikke lief vir jou. Die wete dat Christus jou liefhet, gee vir jou waarde en sekuriteit; dit stel jou ook in staat om die risiko te neem om ander mense lief te hê. Al wat God van jou vra is dat jy gewillig moet wees om liefde te betoon en Hy sal vir jou die krag gee om dit te doen. ‘…Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het’ (Romeine 5:5 NLV).

Sielskos: Deut 3-4; Mark 1:35-45; Ps 78:32-39; Spr 16:31

You are commanded to love (3)


John 15:12 NKJV

Picture in your mind the person you find hardest to love. How can you learn to love this kind of person?

First, before you can love them, you must feel and understand how deeply God loves you. Paul writes: “I pray that Christ will be more and more at home in your hearts, living within you as you trust in him. May your roots go down deep into the soil of God’s marvelous love; and may you be able to feel and understand, as all God’s children should, how long, how wide, how deep, and how high his love really is; and to experience this love for yourselves” (Ephesians 3:17-19 TLB).

Notice the words “feel… understand… experience.” God wants you to feel His love, and He wants you to understand His love. Why? First John 4:19 says that we love God because He first loved us. Why is it important to feel loved by God? Because unloved people are often unloving people. When you do not feel genuinely loved, you do not feel like giving love. So, first, you have to experience God’s love for yourself.

Jesus said, “Love one another as I have loved you.” During your worst acts, and in your lowest moments, Jesus loves you. Knowing you are loved by Christ gives you value and security; it also enables you to risk loving others. All God asks is that you be willing to love, and He will supply the power to do it. “The love of God has been poured out in our hearts by the Holy Spirit who was given to us” (Romans 5:5 NKJV).

Soul food: Deut 3-4; Mark 1:35-45; Ps 78:32-39; Prov 16:31

Jy moet liefde betoon (2)

2022-08-02
Efesiërs 5:2 NLV

Die Grieke het vier verskillende woorde gebruik om tussen verskillende tipes liefde te onderskei: 1) Storge, wat natuurlike toegeneentheid beteken; 2) Eros, wat seksuele aantrekkingskrag beteken; 3) Philia, wat emosionele toegeneentheid of vriendskap beteken; 4) Agape, wat onvoorwaardelike, opofferende liefde beteken.

Wanneer die Bybel ons van God se liefde en die tipe liefde wat ons vir Hom en mekaar behoort te hê, vertel, is die woord altyd ‘agape’, wat ‘n verbintenis om op te tree, aandui. Weet jy dat dit moontlik is om iemand waarvan jy nie eens hou nie, lief te hê? As God ons wil leer om lief te hê, sal Hy inderdaad sekere mense in ons lewens inbring wat moeilik is om lief te hê. Die waarheid is dat ons lewens vol mense is van wie ons nie hou nie. Ons hou nie van die manier waarop sekere mense praat nie. Ons hou nie van die manier waarop sommige mense optree nie. Ons hou nie van die klere wat ander mense aantrek nie. Maar bowenal, is ons geneig om nie van mense te hou wat nie van ons hou nie.

As jy vir ‘n oomblik daaroor dink, kan jy heel waarskynlik ‘n lang lys mense opnoem van wie jy nie hou nie. Hulle sal heel waarskynlik mense wees met wie jy sukkel om oor die weg te kom. Jesus het nooit van ons verwag om ‘n tere toegeneentheid vir almal te hê nie. Hy het nie enige warmte teenoor die Fariseërs gevoel nie. Ons hoef nie van almal te hou nie, maar ons moet vir hulle lief wees. Wat bedoel die Bybel wanneer ons lees: ‘…leef ‘n lewe van liefde…’? Dat ons hierdie onvoorwaardelike liefde: a) elke dag moet uitleef, b) dat dit in ‘n sekere rigting beweeg en c) dat dit inspanning verg.

Sielskos: Deut 1-2; Mark 1:21-34; Ps 78:17-31; Spr 16:26-30