Wanneer jy in die donker is (2)

2022-08-07
Markus 6:48 NLV

‘…Kort voor dagbreek die volgende oggend kom Jesus op die see na hulle toe aangeloop… Toe hulle Hom so op die see sien loop, het hulle… gedink dis ‘n spook… Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel en gesê: ‘Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek.’ Hy het toe by hulle in die boot geklim en die wind het gaan lê…’ (verse 48-51 NLV).

Donkerte is nie altyd die werk van die Vyand nie, soms is dit een van God se beste onderrigmiddels. Jy leer die Here die beste ken deur saam met Hom deur die storms te gaan; deur die plek te bereik waar jy dink: ‘As God my nie help nie, gaan ek sink.’ Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Wat Ek… in julle ore [fluister], basuin dit oor die dakke uit’ (Matteus 10:27 NLV). Dis in jou donkerste oomblikke wat God vir jou sommige van jou grootste insigte gee. Die Psalmdigter het gesê: ‘dan is die nag vir U nie so donker nie, maar is so helder soos dag…’ (Psalm 139:12 NLV).

In plaas daarvan om vir jou probleme weg te hardloop, vra God om jou nagvisie te ontwikkel en jou ‘…skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke…’ (Jesaja 45:3 NLV), te wys. Nog een gedagte: Wanneer die donkerte deur God beskik is, moenie jou eie lig probeer skep nie. ‘Hy wat sonder enige lig in die donker loop, moet vertrou op die Naam van die Here, en staatmaak op sy God! Maar julle wat vure aansteek, wat brandende fakkels gereed kry… In smart sal julle gaan lê’ (Jesaja 50:10-11 NLV). Wanneer jy as gevolg van Goddelike ingryping in die donker is, hoef jy nie bang te wees nie; God het beloof om jou daardeur te bring.

Sielskos: Pred 11:7-12:1; Ps 39:4-13; 2 Tim 4:6-8

When you’re in the dark (1)

2022-08-06
Psalm 112:4 NIV

Faith is like film; it’s developed in the dark. Dark days make you lean on God. The truth is, if your faith was never tested, you wouldn’t be motivated to draw closer to Him. Hymnist Edward Mote wrote: “When darkness veils His lovely face, I rest on His unchanging grace… When all around my soul gives way, He then is all my hope and stay. On Christ, the solid Rock, I stand; all other ground is sinking sand.”

It’s easy to praise God when your health is good and your bills are paid. But it’s during the dark days that you discover what your faith is made of and where your trust truly lies: in yourself, in others, or in God. When your days feel as dark as your nights, here is a Scripture you can stand on: “Let the one who walks in the dark, who has no light, trust in the name of the Lord and rely on their God” (Isaiah 50:10 NIV).

Job lived an exemplary life, yet he lost everything. Troubled and perplexed, he cried, “He has blocked my way so I cannot pass; he has shrouded my paths in darkness” (Job 19:8 NIV). Job could see no way through or around the situation. Then he discovered that when you can’t find the reason, you can trust the relationship. “My ears had heard of you but now my eyes have seen you” (Job 42:5 NIV). When he made that discovery, everything changed: “The Lord blessed the latter part of Job’s life more than the former part” (Job 42:12 NIV). What God did for Job – He will do for you.

Soul food: Deut 11-13; Mark 2:23-3:6; Ps 78:65-72; Prov 17:1-2

Wanneer jy in die donker is (1)


Psalm 112:4 NLV

Geloof is soos film; dit word in die donker ontwikkel. Donker dae laat jou op God leun. Die waarheid is dat indien jou geloof nooit getoets word nie, jy nie gemotiveerd sal wees om nader aan God te beweeg nie. Die gesangeskrywer Edward Mote het geskryf: ‘When darkness veils His lovely face, I rest on His unchanging grace… When all around my soul gives way, He then is all my hope and stay. On Christ, the solid Rock, I stand; all other ground is sinking sand.’

Dis maklik om God te prys wanneer jy gesond is en jou rekeninge betaal is. Dis egter gedurende die donker dae wat jy ontdek waarvan jou geloof gemaak is en waar jou vertroue waarlik lê: in jouself, in ander mense, of in God. Wanneer jou dae so donker soos jou nag voel, is hier ‘n Skrifgedeelte waarop jy kan staan: ‘…Hy wat sonder enige lig in die donker loop, moet vertrou op die Naam van die Here, en staatmaak op sy God!’ (Jesaja 50:10 NLV).

Job het ‘n voorbeeldige lewe gelei, maar tog alles verloor. Ontsteld en verward het hy uitgeroep: ‘God het my pad versper. Hy het dit donker voor my gemaak’ (Job 19:8 NLV). Job kon nie ‘n weg uit die situasie sien nie. Toe het hy ontdek dat wanneer jy nie die rede kan vind nie, jy die verhouding kan vertrou. ‘Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien’ (Job 42:5 NLV). Toe hy hierdie ontdekking gemaak het, het alles verander: ‘Die Here het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste…’ (Job 42:12 NLV). Wat God vir Job gedoen het – sal Hy ook vir jou doen.

Sielskos: Deut 11-13; Mark 2:23-3:6; Ps 78:65-72; Spr 17:1-2

When life seems too hard

2022-08-05
Genesis 18:14 NKJV

Much of our stress is brought on by our need to know everything ahead of time – to be in control. Even after we pray and supposedly turn the problem over to God, we live by the philosophy “hope for the best and plan for the worst”! You don’t put your money into the bank and then stay awake all night worrying about it, right? Well, have at least that much confidence in God!

When you find yourself in the downward spiral of “How? What? When? Where?” stop and give it to God. Not the limited God of your understanding, but the unlimited God whose track record speaks for itself, whose faithfulness never fails, and who has earned the right to ask, “Is anything too hard for [me]?”

Jesus never suffered from the fear of failure like we do. Why? Because He never entertained the thought that He couldn’t do something that His Father had assured Him He could do. And He didn’t suffer from the fear of lack, either. Even though He lived a simple life, He was responsible for supporting Himself and a team of others. How did He do it? The Bible says He prayed morning, noon, and night, staying in constant touch with His heavenly Father. Consequently, He knew how to catch fish when they weren’t biting, and even find tax money in a fish’s mouth when He needed it.

Now, God may not provide for you in exactly that way, but He has promised to take care of you. Here is a promise you should live by today: “God cares for you, so turn all your worries over to him” (1 Peter 5:7 CEV).

Soul food: Deut 8-10; Mark 2:13-22; Ps 78:56-64; Prov 16:33

Wanneer die lewe te moeilik voel


Genesis 18:14 NLV

Baie van ons stres word deur ons behoefte om alles vooruit te weet – om in beheer te wees – veroorsaak. Selfs nadat ons gebid het en kwansuis die probleem aan God oorgegee het, lewe ons volgens die filosofie van: ‘Hoop vir die beste en beplan vir die ergste!’ Jy sit nie jou geld in die bank en lê dan heelnag wakker en bekommer jou daaroor nie, nie waar nie? Vertrou dan ten minste dieselfde op God! Wanneer jy jouself in die afwaartse spiraal van ‘Hoe? Wat? Waar? Wanneer?’ bevind, stop en gee dit aan God oor. Nie aan die beperkte God van jou begrip nie, maar aan die onbeperkte God wie se getrouheid nooit faal nie, en wat die reg verdien het om te vra: ‘Is daar enigiets wat te moeilik is vir [My]?’

Jesus het nooit dieselfde vrees vir mislukking gehad nie. Hoekom nie? Omdat die gedagte dat Hy nie iets kan doen wat die Vader Hom verseker het Hy kan doen, nooit eers by Hom opgekom het nie. Hy het ook nie aan die vrees vir gebrek gely nie. Selfs al het Hy ‘n eenvoudige lewe gelei, was Hy verantwoordelik om Homself en ‘n span ander mense te onderhou. Hoe het hy dit gedoen? Die Bybel sê dat Hy oggend, middag en aand gebid het en konstant in kontak met sy hemelse Vader gebly het. Gevolglik het Hy geweet hoe om visse wat nie byt nie te vang en selfs belastinggeld in ‘n vis se mond te kry toe Hy dit nodig gehad het.

God mag nou wel dalk nie vir jou op presies dieselfde manier voorsien nie, maar Hy het beloof om vir jou te sorg. Hier is ‘n belofte waarvolgens jy vandag moet leef: ‘Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om’ (1 Petrus 5:7 NLV).

Sielskos: Deut 8-10; Mark 2:13-22; Ps 78:56-64; Spr 16:33