Rede vir hoop

2020-09-04
Hosea 2:14 NLV

Bybelse verwysings na vlaktes en valleie simboliseer oor die algemeen hooploosheid. Die Akorvlakte het sy naam gekry toe Akan se familie daar gestenig is en Israel se weermag oorwin is (sien Josua 7:25-26). Om hooploos te voel is menslik en baie van die geskiedenis se noemenswaardige helde het dit ervaar. William Penn het gesê: ‘Daar is amper niks behalwe ondergang en wanhoop rondom ons nie.’ Lord Shaftesbury het verklaar: ‘Niks kan die Britse Ryk van ‘n skeepswrak red nie.’ Benjamin Disraeli het gesê: ‘Daar is geen hoop in industrie, handel en landbou nie.’ Lord Grey het gesug: ‘Die lampe word regoor Europa verdoof; ons sal nie weer die lig in ons leeftyd aanskou nie.’ Daar is doemprofete orals en as jy inkoop by dit wat hulle bied, sal jy op die ou einde oortuig wees dat daar geen hoop vir jou situasie is nie. Niks kan verder van die waarheid af wees nie! Paulus het gesê: ‘Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely… Hy sal doen wat Hy beloof het’ (Hebreërs 10:23 NLV). God kan jou ‘Akorvlakte in ‘n deur van hoop’ omskep. Dis dieselfde belofte wat Hy aan sy mense gemaak het, selfs nadat hulle hul rug op Hom gekeer het. Hy het in Jesaja 65:10 gesê: ‘…die Akorlaagte [sal] ‘n rusplek [wees]… vir hulle uit die volk wat na my wil vra’ (NLV). Soos Henry Blackaby opmerk: ‘Optimiste ignoreer nie moeilikhede nie, maar die wete van God se teenwoordigheid weerhou hulle daarvan om ontmoedig te word. Dis onmoontlik om in sy teenwoordigheid te staan en ‘n pessimis te wees. As ons op ons probleme fokus, sal hulle enorm voorkom. Wanneer ons egter op God fokus, sien ons ons situasie in perspektief en is ons verseker dat alle dinge moontlik is.’

Sielskos: Eseg 10-13; Luk 20:1-8; Ps 20; Spr 19:24-29

Dream house (4)

2020-09-03
Revelation 21:4 NKJV

For the last few days, we’ve imagined what it might be like to live in our dream house. But even though we may be living in the best house in the world, life still happens. Unexpected problems crop up and steal our peace and security; we might become ill and struggle with our health; we lose people we love. Our lives may seem perfect to an outsider, but the reality can be very different. But the first thing to remember is that true peace and security doesn’t come from the things we own, the job we do, or the opinions of others. It comes from God. Psalm 91 says: ‘Those who go to God Most High for safety will be protected by the Almighty. I will say to the Lord, “You are my place of safety and protection. You are my God and I trust you”‘ (v.1-2 NCV). We might never get chance to live in our dream house, but ultimately, God has something for us that’s so much better – a place with Him in heaven forever. We live in a broken world where we might lose possessions, health, and loved ones. But heaven will make up for all we’ve lost. We’ll be reunited with our redeemed loved ones, and we’ll have bodies free from sickness, pain, and every form of limitation. ‘There will be no more death or sorrow or crying or pain. All these things are gone forever.’ But that doesn’t mean that God isn’t with us now. Have another look at the words of Psalm 91 – those words are for all of us, today. Our world isn’t perfect, but our God is, and until we’re united with Him in heaven, He’ll walk alongside us and be our refuge every day of our earthly lives.

Eze 5-9; Luke 19:41-48; Ps 142; Prov 19:21-23

Your dream house (4)


Revelation 21:4 NKJV

Dave Dravecky pitched for the San Francisco Giants baseball team in the 1980s. In 1988 doctors discovered a tumor in his pitching arm, and in 1991 his arm had to be amputated. In his book When You Can’t Come Back, he writes about his sense of loss. “I miss doing things with my own two hands, and – of course – I really miss baseball. There’s a scene in the movie Field of Dreams where Shoeless Joe Jackson – one of the eight Chicago White Sox players banned from baseball for conspiring to lose the 1919 World Series – said, ‘Getting thrown out of baseball was like having part of me amputated. I’d wake up in the night with the smell of the baseball park in my nose and the cool of the grass on my feet. Man, I did love this game. I’d have played for food money…The sounds – the smells. I’d have played for nuthin’.” Dravecky continues, “That scene had a powerful effect on me. I missed those feelings too. The feeling of stitched seams as you cradle a new ball in your hand…the sound of a bat cracking out a base hit. I’d have played for food money. I’d have played for nuthin’.” We live in a fallen world where we lose limbs and lose loved ones. But heaven will make up for all we’ve lost. We’ll be reunited with our redeemed loved ones, and we’ll have bodies free from sickness, pain, and every form of limitation. “There shall be no more pain, for the former things have passed away.” One day you’ll live in your dream house!

Soul food: Eze 5-9; Luke 19:41-48; Ps 142; Prov 19:21-23

Jou droomhuis (4)


Openbaring 21:4 NLV

Dave Dravecky was in die 1980’s die gooier vir die San Francisco Giants bofbalspan. In 1988 het dokters ‘n gewas in die arm waarmee hy gegooi het, ontdek en in 1991 moes sy arm geamputeer word. In sy boek, When You Can’t Come Back, skryf hy oor sy gevoel van verlies. ‘Ek mis dit om dinge met my eie twee hande te doen en natuurlik mis ek bofbal. Daar is ‘n toneel in die rolprent, Field of Dreams, waar Shoeless Joe Jackson – een van die agt Chicago White Sox spelers wat uit bofbal verban is nadat hulle geknoei het om die 1919 Wêreldreeks te verloor – gesê het: ‘Om uit bofbal verban te word was soos om ‘n deel van my te amputeer. Ek het in die nag wakker geword met die reuk van die bofbalpark in my neus en die koelte van die gras onder my voete. Maggies, maar ek was lief vir hierdie spel. Ek sou vir geen salaris gespeel het.’ Dravecky gaan voort: ‘Daardie toneel het ‘n kragtige effek op my gehad. Ek het ook daardie gevoelens gemis. Die gevoel van die nate wanneer jy ‘n nuwe bal in jou hand vashou… die geluid van die kolf wat die bal tref. Ek sou ook vir geen salaris gespeel het.’ Ons almal lewe in ‘n gebroke wêreld waar ons ledemate en geliefdes verloor. Die hemel sal egter opmaak vir alles wat ons verloor het. Ons sal met ons verloste geliefdes herenig word en ons liggame sal vry van siekte, pyn en enige vorm van beperkings wees. ‘…Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het eenvoudig verbygegaan.’ Eendag sal jy in jou droomhuis woon!

Sielskos: Eseg 5-9; Luk 19:41-48; Ps 142; Spr 19:21-23

Jou droomhuis (3)

2020-09-02
Openbaring 7:15 NLV

Wanneer jy aan jou droomhuis dink, ontstaan daar nog twee vrae. Hoe naby is dit aan waar ek werk? Het jy al ooit gewonder wat ons in die hemel gaan doen? Omdat die hemel die nuwe Paradys sal wees, lees die volgende: “God het hulle geseën deur te sê: ‘Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde'” (Genesis 1:28 NLV). Die Bybel voorsien ons nie van spesifieke werksbeskrywings oor wat ons in die hemel gaan doen nie, maar die eerste Paradys gee ons twee belangrike leidrade: a) ‘Wees vrugbaar en vermeerder.’ Jy sal nie sukkel om jou rekeninge te betaal nie. Jy sal nie teleurstelling of vertrapte drome ervaar nie. Elke droom en elke kreatiewe idee wat jy het, sal vervul word. b) ‘Onderwerp die aarde en heers.’ Ons sal dus tot leierskap- en bestuursposisies bevorder word. Daar is egter ‘n verskil! God het vir Adam gesê: ‘…Daarom vervloek ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met droefheid sukkel om ‘n bestaan daaruit te maak’ (Genesis 3:17 NLV). In Openbaring sê God egter: ‘Geen vervloeking van enigiets sal langer meer bestaan nie…’ (Openbaring 22:3 NLV). Hier is dus die vraag: Gaan jy hemel toe wanneer jy sterf? Is jy seker? Jy kan wees. Johannes het gesê: ‘Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God’ (1 Johannes 5:13 NLV).

Sielskos: Eseg 1-4; Luk 19:28-40; Ps 111; Spr 19:18-20