Vergroot jou vra-kapasiteit

2020-01-04
Jakobus 4:2 NLV

Hoe groot is jou vra-kapasiteit wanneer dit by gebed kom? Elia het vir Elisa gevra: ‘…’Wat kan ek vir jou doen voordat ek van jou weggeneem word?’ ‘Laat my asseblief ‘n dubbele erfgenaamsdeel van u gees ontvang,’ antwoord Elisa’ (2 Konings 2:9 NLV). Sommige van ons mag dalk geskok oor Elisa se antwoord wees, hom as arrogant sien en sê: ‘Jy moet nederig en dankbaar vir die voorreg wees om onder ‘n groot profeet soos Elia te dien; en jouself gelukkig ag dat God jou toelaat om met sy bediening voort te gaan.’ Elisa was egter nie sku nie en Elia het nie aanstoot geneem nie. Hoe het dit uitgedraai? Elisa het sy dubbele porsie ontvang en op die ou einde twee keer soveel wonderwerke as Elia gedoen. Wanneer jy bid, sê God nie: ‘Maak jou versoek redelik en prakties,’ nie. Hy wil hê dat jy groot en oorvloedige versoeke moet hê. Dink net aan hierdie groot belofte: ‘Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsie, die einde van die aarde as jou besitting’ (Psalm 2:8 NLV). Haal die beperkinge van God af! Dink net, as Hy gewillig is om vir jou ‘die nasies as erfporsie’ te gee, sal Hy verseker jou geliefdes red, jou liggaam gesond maak, of vir jou daardie werk, huis of verhouding waarvoor jy bid, gee. Jesus het gesê: ‘Wat julle ook al sou vra in my Naam, dit sal Ek doen…’ (Johannes 14:13 NLV). Net twee keer in die Skrif het iemand iets gesê wat Jesus verbaas het. Op beide geleenthede was dit ‘n demonstrasie van gewaagde geloof deur ‘n nie-Jood, iemand wie die godsdienstige skare gevoel het geen reg op God se wonderbaarlike voorsiening gehad het nie. Die woord vir jou vandag is dus: vergroot jou vra-kapasiteit.

Sielskos: 1 Kor 9-11; Matt 4:12-17; Ps 90:13-17; Spr 1:8-9

Doen hierdie jaar wat God sê

2020-01-03
Jesaja 1:19 NLV

In die elfde eeu, het koning Henry III van Bavaria moeg geword vir al sy verantwoordelikhede as koning, die druk van internasionale politiek en die vervelige lewe aan die hof. Hy het ‘n aansoek by die plaaslike klooster ingedien om as ‘n denker aanvaar te word en die res van sy lewe in gebed en meditasie deur te bring. Die kloosterhoof, Richard, het egter gereageer: ‘U Majesteit, besef u dat die belofte hier een van gehoorsaamheid is? Dat dit moeilik sal wees, aangesien u ‘n koning is?’ Henry het geantwoord: ‘Ek verstaan. Ek sal vir die res van my lewe aan jou gehoorsaam wees, soos God jou lei.’ Die kloosterhoof het geantwoord: ‘Dan sal ek vir jou sê wat om te doen. Keer terug na jou troon en dien God getrou in die plek waar Hy jou geplaas het.’ Na Henry se dood is die volgende stelling tot sy eer geskryf: ‘Die koning het geleer om te regeer, deur gehoorsaam te wees.’ Vandag, en elke dag, het jy die volgende besluite om te maak: 1) Lewe volgens jou eie impulse, of lewe volgens die instruksies wat God in sy Woord vir jou gegee het. 2) Lewe volgens jou eie goeddunke, of onderwerp jouself aan die heerskappy en leierskap van die Heilige Gees wat in jou woon. Wanneer jy daaroor nadink, is die antwoord duidelik! Wanneer jy God gehoorsaam, lei dit tot vrede, vooruitgang, beskerming en bevordering. Sy Woord sê: ‘As julle My maar net gehoorsaam en toelaat dat Ek julle help, sal julle baie hê om te eet.’ Gehoorsaamheid is ‘n daad van jou wil, nie ‘n refleks van jou emosies nie. Doen dus hierdie jaar wat God sê, want Hy het goeie dinge vir jou in gedagte.

Sielskos: 1 Kor 5-8; Matt 4:1-11; Ps 90:7-12; Spr 1:5-7

This year do what God says


Isaiah 1:19 NKJV

In the eleventh century, King Henry III of Bavaria became tired of his responsibilities as king, the pressures of international politics, and the mundane worldliness of court life. He made an application to Prior Richard at a local monastery to be accepted as a contemplative and spend the rest of his life in prayer and meditation. Prior Richard responded, “Your Majesty, do you understand that the pledge here is one of obedience? That it will be hard, since you have been a king?” Henry said, “I understand. The rest of my life I will be obedient to you, as Christ leads you.” Prior Richard said, “Then I will tell you what to do. Go back to your throne and serve faithfully in the place where God has put you.” After Henry died, this statement was written in his honor: “The king learned to rule by being obedient.” Today, and every day, you have these decisions to make: (1) Live by your own impulses, or live according to the instructions God has given you in His Word. (2) Go according to your own best thinking, or submit yourself to the rule and the leading of the Holy Spirit who lives within you. When you think about it, the answer is clear! Obeying God leads to peace, progress, protection, and promotion. His Word says, “If you are willing and obedient, you shall eat the good of the land.” Note the words “willing and obedient.” Obedience is an act of your will, not a reflex of your emotions. So this year – do what God says, for He has “good” things in mind for you.

Soul food: 1 Cor 5-8; Matt 4:1-11; Ps 90:7-12; Prov 1:5-7

Die Here is hierdie jaar by jou

2020-01-02
Rigters 6:12 NLV

Daar word ‘n verhaal vertel van ‘n man wat ‘n arend se eier in die nes van ‘n werfhoender gesit het. Die arend het uitgebroei en tussen die klomp hoenders grootgeword. Sy hele lewe lank het die arend gedoen wat die hoenders gedoen het: in die grond vir sade en insekte geskrop, gekloek en gekekkel, en nooit meer as ‘n paar voet van die grond af gevlieg nie. Een dag het hy egter ‘n manjifieke voël gesien wat grasieus bo hom vlieg en gevra: ‘Wat ‘n pragtige skepsel? Wat word dit genoem?’ Die hoender langs hom het geantwoord: ‘Dis ‘n arend, die koning van alle voëls. Moet jou nie aan hom steur nie, want jy sal nooit soos hy wees nie.’ Dus het die arend teruggegaan om in die grond te pik en gesterf met die idee dat hy ‘n werfhoender was. Wie het vir jou gesê dat jy nie potensiaal het nie? Wie het vir jou gesê dat jy nie sukses in die lewe sal behaal of ‘n impak sal maak nie? Verseker nie God nie! Toe die Engel van die Here vir Gideon geroep het om Israel van die Midianiete te red, het hy met ‘n lang lys verskonings, gereageer. Die engel het egter vir hom gesê: ‘…Die Here is by jou, dapper man!… Gaan met hierdie krag wat jy het en gaan bevry die Israeliete..! Dis Ek wat jou stuur’ (verse 12-14 NLV). Let twee belangrike dinge in hierdie verhaal op. Eerstens het God oor Gideon se lewensdoel, nie sy huidige omstandighede nie, gepraat. Tweedens het God hom daaraan herinner dat dit nie van die gestuurde se krag nie, maar van die Een wat hom stuur se krag sou afhang of die stryd gewen sal word. Jy is vandag magtig, omdat God by jou is.

Sielskos: 1 Kor 1-4; Matt 3:11-17; Ps 90:1-6; Spr 1:1-4

This year “the Lord is with you.”


Judges 6:12 NKJV

The story’s told of a man who put an eagle’s egg into the nest of a barnyard chicken, and the eaglet hatched and grew up with the brood of chickens. All his life he did what the chickens did: scratched in the dirt for seeds and insects, clucked and cackled, and never flew more than a few feet off the ground. Then one day he saw a magnificent bird soaring gracefully above him and asked, “What a beautiful creature. What’s it called?” The chicken next to him said, “That’s an eagle, the king of all birds. But don’t give him any mind, because you could never be like him.” So the eagle returned to pecking in the dirt, and died thinking it was a barnyard chicken. Who told you that you don’t have potential? Who told you that you won’t succeed in life or make an impact? Certainly not God! When the Angel of the Lord called Gideon to deliver Israel from the Midianites, he responded with a litany of excuses about why he wasn’t qualified for the job. But the angel told him, “The Lord is with you, you mighty man of valor!…Go in this might of yours, and you shall save Israel…Have not I sent you?” (vv. 12-14 NKJV). Notice two important things in this story. First, God spoke to the destiny within Gideon, not to his present circumstances. Second, God reminded him that it was not the power of the one being sent, but of the One sending him that would win the battle. Today you are “mighty” because God is with you.

Soul food: 1 Cor 1-4; Matt 3:11-17; Ps 90:1-6; Prov 1:1-4