2020-01-11
Spreuke 29:11 NLV
Woede is soos ‘n vuur: Wanneer dit beheer word, kan dit warmte en gemak meebring. Wanneer dit egter buite beheer raak, kan dit alles in sy pad vernietig. Die Bybel sê: “‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.” Jy kan woede verbaal of deur stilte uitdruk. Wanneer jy stilte as ‘n wapen gebruik om iemand seer te maak, wend jy jou tot emosionele manipulasie en kinderagtigheid. Kan jy onthou hoe jy as kind gesê het: ‘Ek gaan nie meer met jou praat nie,’ wanneer iemand geweier het om te doen wat jy wil hê? Dit mag dalk aanvaarbare gedrag vir ‘n kind wees, maar nie vir diegene wat tot geestelike volwassenheid geroepe is nie. As jy geneig is om gereelde woedeuitbarstings te kry, is hier ‘n paar Skrifgedeeltes om ter harte te neem: 1) ‘…Selfbeheersing is beter as om ‘n stad in te neem’ (Spreuke 16:32 NLV). 2) “‘n Verstandige mens hou homself in bedwang. Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien” (Spreuke 19:11 NLV). 3) ‘Moenie gou kwaad word nie; ergenis hoort by dwase’ (Prediker 7:9 NLV). 4) ‘…Wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie’ (Jakobus 1:19-20 NLV). ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (Efesiërs 4:31-32 NLV). Vra dus vir God om jou te help om jou woede onder beheer te kry.
Sielskos: Eks 10-12; Matt 6:1-8; Ps 71:1-16; Spr 2:1-2
Proverbs 29:11 AMP
Anger is like fire: When it’s kept under control, it can bring warmth and comfort. But when it’s out of control, it can destroy everything in its path. The Bible says, “A…fool always loses his temper and displays his anger, but a wise man [uses self-control and] holds it back.” You can express anger verbally or through silence. When you use silence as a weapon to hurt someone, you’re resorting to emotional manipulation and indulging in childish immaturity. When you were a child and someone refused to do what you wanted, do you remember saying, “I’m not talking to you anymore”? That may be acceptable behavior for a child, but not those who are called to be spiritually mature. If you’re given to frequent outbursts of temper, here are some Scriptures you’d do well to take to heart: (1) “Better…one with self-control than one who takes a city” (Proverbs 16:32 NIV). (2) “A person’s wisdom yields patience; it is to one’s glory to overlook an offense” (Proverbs 19:11 NIV). (3) “Do not be quickly provoked in your spirit, for anger resides in the lap of fools” (Ecclesiastes 7:9 NIV). (4) “Be quick to listen, slow to speak and slow to become angry, because human anger does not produce the righteousness…God desires” (James 1:19-20 NIV). (5) “Get rid of all bitterness, rage…anger, brawling and slander, along with every form of malice. Be kind and compassionate to one another, forgiving each other, just as in Christ God forgave you” (Ephesians 4:31-32 NIV). So ask God to help you get your anger under control.
Soul food: Exo 10-12; Matt 6:1-8; Ps 71:1-16; Prov 2:1-2
2020-01-10
Isaiah 26:14 NKJV
Psychologists tell us that one out of three people has experienced physical, emotional, or sexual abuse. Most are ashamed to talk about it! They walk around filled with resentment, thinking not only about the offender, but also the people who should have protected them and didn’t. The truth is, if they don’t get help, the memory of what was perpetrated against them can end up hurting them more than the event that actually happened. If you’re a victim of abuse, here are some Scriptures you need to read, stand on, and turn into a prayer: “I cried out to You, O Lord…’You are my refuge, my portion in the land of the living. Attend to my cry, for I am brought very low; deliver me from my persecutors [memories], for they are stronger than I. Bring my soul out of prison [the past], that I may praise Your name'” (Psalm 142:5-7 NKJV). “O Lord…masters besides You have had dominion over us; but by You only we make mention of Your name. They are dead, they will not live; they are deceased, they will not rise…You have punished and destroyed them, and made all their memory to perish” (Isaiah 26:13-14 NKJV). Now, by an act of your will (not your emotions), forgive your offender and their power over you will be broken! Once you’ve done that, place them in God’s hands and allow Him to deal with them. Refuse to remain a victim. Instead of continuing to live in secret shame, start testifying to others about the power of God that can “[heal] the brokenhearted and [bind] up their wounds” (Psalm 147:3 NKJV).
Soul food: Exo 7-9; Matt 5:38-48; Ps 46; Prov 1:32-33
Jesaja 26:14 NLV
Sielkundiges sê dat een uit elke drie mense fisiese, emosionele of seksuele mishandeling ervaar het. Die meeste is egter te skaam om daaroor te praat! Hulle is gevul met verwyte, nie net teenoor die oortreder nie, maar ook teenoor die mense wat hulle moes beskerm het en dit nie gedoen het nie. Die waarheid is dat indien hulle nie hulp kry nie, sal die herinnering aan die oortreding wat teenoor hulle gepleeg is, hulle dalk op die ou einde seerder maak as die gebeure self. As jy ‘n slagoffer van mishandeling is, kan jy die volgende Skrifgedeeltes lees, daarop staan en dit in ‘n gebed verander: “Ek het tot U gebid, Here. Ek het gesê: ‘U is my toevlug, my deel in die land van die lewendes. Luister na my hulpgeroep, want ek is terneergedruk. Red my van dié wat my vervolg [herinneringe], want hulle is te sterk vir my. Bevry my uit die gevangenis [die verlede] sodat ek u Naam kan loof…'” (Psalm 142:6-8 NLV). ‘Here ons God, ander het oor ons regeer, maar ons aanbid U alleen. Dié wat ons gedien het, is nou dood en weg. Hulle sal nooit weer terugkom nie! U het hulle aangeval en vernietig, en hulle is lankal vergete’ (Jesaja 26:13-14 NLV). Nou, deur ‘n daad van wil (nie deur jou emosies nie), vergewe jou oortreder en hulle mag oor jou sal gebreek wees! Sodra jy dit gedoen het, plaas hulle in God se hande en laat Hom toe om hulle te hanteer. Weier om ‘n slagoffer te wees. In plaas daarvan om aan te hou om in geheime skande te leef, begin om teenoor ander mense oor die krag van God te getuig, sodat die gebroke hart genees kan word en die wonde verbind kan word (sien Psalm 147:3).
Sielskos: Eks 7-9; Matt 5:38-48; Ps 46; Spr 1:32-33
2020-01-09
Spreuke 29:18 NLV
Karen Williams verduidelik verder: ‘Om suksesvol as ‘n span te funksioneer, moet elke persoon opgelei word om te verstaan hoe die ander lede funksioneer. Dis die enigste manier wat hulle in staat gaan stel om te kommunikeer, omdat hulle almal verskillende “tale” praat. Die visioenêr moet die rasieleier word, wat die visie aanhoudend vir almal in die implementasievlak voorhou, sodat hulle kan onthou hoekom hulle doen wat hulle doen. Hulle moet verstaan dat die prosespersoon en die taakpersoon verskillende maatstawwe vir hulle eie sukses het en hulle moet vooruitgang en mylpale met lof en viering erken. Die prosespersoon moet in staat wees om die visioenêr te bemoedig dat die visie deur die prosesse bereik sal word. Hulle moet ook die taakpersoon aanmoedig om te besef dat elke taak noodsaaklik vir die sukses van die voltooide visie is en dat dit krities is dat hulle die take volgens die gedefinieerde prosesse moet voltooi. Net so moet die prosespersoon en die taakpersoon besef dat die visioenêr aanmoediging deur terugvoering wat hulle ondersteuning vir die visie demonstreer, nodig het. Die visioenêr kan nie sonder hierdie onderskraging lei nie. Die prosespersoon kan nie sonder hierdie onderskraging lei of dien nie. Die taakpersoon kan nie sonder hierdie onderskraging dien nie. Daar is verskillende maatstawwe vir elke persoon, wat hulle in staat stel om hulself as suksesvol in sy of haar spesifieke rol te sien. Die sleutel is natuurlik om die regte gawe in die regte rol te plaas, sy of haar waarde aan die hele span te kommunikeer en dit aanhoudend in die openbaar en privaat te ondersteun.’ Dis hoekom Paulus aan sy span geskryf het: ‘Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God’ (Filippense 1:3 NLV).
Sielskos: Eks 4-6; Matt 5:27-37; Ps 42:6-11; Spr 1:28-31