Vra God vir ‘n droom (4)

2019-01-04
Genesis 45:11 DB

Die droom wat God vir Josef gegee het, het nie daaroor gegaan om Josef goed te laat voel omdat hy tweede in bevel van die hele Egipte kon wees nie, maar om hom te posisioneer om sy familie en die wêreld in ‘n tyd van hongersnood te kon voed. Wanneer God jou ‘n droom gee, sal dit jou – en ook ander mense – seën. God se plan is om jou ‘n instrument te maak om sy wil te vervul. Uit Josef se familie het die Verlosser van die wêreld gekom, maar sy familie is deur uitwissing bedreig. Dus het God ‘n plan in plek gestel wat gesorg het dat Josef die farao se droom uitgelê het en die troon bestyg het, sodat sy plan uitgevoer kon word. Josef se verhaal bewys ook dat ‘n God-gegewe droom jou houding teenoor ander mense kan verander, insluited diegene wat jou mishandel het. Dit sal jou meer genadig, liefdevol en vergewinsgesind maak. Hulle het onthou hoe hulle hom mishandel het; en Josef se broers het gebewe toe hulle voor hom staan en besef het dat hy hulle lot in sy hande hou. Hy het egter geweier om terug te slaan, of selfs ‘n woord te spreek oor wat hulle gedoen het. Hy het vir hulle gesê, ‘…ek sal vir Pa-hulle sorg. Vir al die kinders en al die werkers ook.’ In plaas van weerwraak, wou hy die verhouding herstel. Hy het verder as hulle dade gekyk en gesien dat God in alles waardeur hy is, aan die werk was. ‘Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is…’ (Genesis 50:20 NLV). Hoe jy ander behandel, veral wanneer jy in ‘n magsposisie is, bepaal hoe God jou sal behandel.

Sielskos: Jes 8-11; Luk 1:26-38; Ps 10:1-11; Spr 1:10-16

Ask God for a dream (3)

2019-01-03
Genesis 37:5 NKJV

The story of Joseph teaches that success can cause others to mistreat you. Not everyone will celebrate your success, including some of those closest to you. When Jesus’ fame began to spread, the first people to reject Him were from the town He grew up in. It caused Him to say, “A prophet is not without honor except in his own country” (Matthew 13:57 NKJV). The Bible says of Joseph, “His brothers envied him” (Genesis 37:11 NKJV). There it is – envy! When God blesses you, those who feel left out may target you. Some may feel more worthy and deserving, and that your blessing came at their expense. That’s how Cain felt when he murdered his brother Abel. That’s how King Saul felt when David killed Goliath and the people sang, “Saul has killed thousands, but David has killed tens of thousands” (1 Samuel 29:5 GNT). Shortly afterwards Saul started throwing spears at David. And the spear never left his hand until it plunged into his own heart. That’s because envy is like a boomerang; it comes back to hurt the one who throws it. When their father threw a party to celebrate the homecoming of his prodigal son, the older brother said, “These many years I have served you…yet you never gave me a…feast” (See Luke 15:29 AMPC). He made three mistakes we often make: (a) He compared himself to his brother. (b) He exposed his brother’s sins and shortcomings. (c) He failed to appreciate the extent of his father’s love for him and the blessings he had bestowed on him. So learn from his mistakes.

Soul food: Isa 4-7; Luke 1:11-25; Ps 90:7-17; Prov 1:5-9

Vra God vir ‘n droom (3)


Genesis 37:5 NLV

Die verhaal van Josef leer ons dat sukses kan veroorsaak dat ander mense jou sleg behandel. Nie almal sal jou sukses vier nie, insluitend sommige wat die naaste aan jou is. Toe Jesus bekend begin raak het, was die eerste mense wat Hom verwerp het, inwoners van die dorp waarin Hy grootgeword het. Dit het Hom genoop om te sê, ‘…n Profeet word oral gerespekteer behalwe in sy tuisdorp en in sy eie familiekring’ (Matteus 13:57 NLV). Die Bybel sê, ‘Al die broers was jaloers op Josef…’ (Genesis 37:11 DB). Wanneer God jou seën, sal party mense jou teiken. Sommige sal voel dat hulle dit meer verdien as jy en dat jy jou seëning ten koste van hulle ontvang het. Dis hoe Kaïn gevoel het toe hy sy broer, Abel, vermoor het. Dis hoe koning Saul gevoel het toe Dawid vir Goliat doodgemaak het en die mense gesing het, ‘…Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!’ (1 Samuel 29:5 NLV). Jaloesie is soos ‘n boemerang, dit keer terug om die een wat dit gegooi het, seer te maak. Toe hulle vader ‘n partytjie gehou het om die tuiskoms van sy verlore seun te vier, het die ouer broer gesê, ‘…Ek het al die jare hard gewerk vir Pa… En in al hierdie tyd het Pa my nie eers ‘n bokkie gegee om saam met my vriende fees te vier nie’ (Lukas 15:29 NLV). Hy het drie foute gemaak wat ons self dikwels maak: a) Hy het homself met sy broer vergelyk. b) Hy het sy broer se sondes en tekortkominge blootgestel. c) Hy het nie die liefde wat sy pa vir hom gehad het en die seëninge wat sy pa vir hom gegee het, waardeer nie. Leer dus uit sy foute.

Sielskos: Jes 4-7; Luk 1:11-25; Ps 90:7-17; Spr 1:5-9

Vra God vir ‘n droom (2)

2019-01-02
Genesis 37:9 NLV

As jy reeds die droom wat God jou gegee het, vervul het, vra Hom vir nog ‘n droom. ‘n Groter een. Die Bybel sê, ‘Daarna het Josef nog ‘n droom gehad…’ In die eerste droom het hy gerwe gesien wat voor hom buig, maar in die tweede droom het hy gesien hoe sterre in die hemel voor hom buig. ‘n Woord van waarskuwing egter: Voor God jou nog ‘n droom gee, sal Hy eers kyk wat jy met die droom maak wat Hy reeds vir jou gegee het. ‘Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie…’ (Sagaria 4:10 DB). Groot resultate begin gewoonlik met nederige werk. ‘…God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid. Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak’ (1 Petrus 5:5-6 NLV). As dit jou droom is om finansieel voorspoedig te wees, is dit in harmonie met God se beloftes (sien Deuteronomium 8:18; 2 Korintiërs 9:8; 3 Johannes v 2). Daar is egter drie skriftuurlike voorwaardes waaraan jy moet voldoen sodat jou droom vervul kan word: 1) Jy moet bereid wees om God met jou huidige inkomste te eer (sien Maleagi 3:8-10). 2) Jy moet bereid wees om dit wat jy het te deel en aan die behoeftes van ander te voorsien (sien Spreuke 11:25). 3) Jy moet fiskale dissipline beoefen eerder as om roekeloos te spandeer en impulsief aankope te doen (sien Spreuke 21:20). Wanneer jy aan sy voorwaardes voldoen, beloof God om jou te seën en die droom wat Hy jou vir jou lewe gegee het, te vervul.

Sielskos: Jes 1-3; Luk 1:1-10; Ps 90:1-6; Spr 1:1-4

Ask God for a dream (2)


Genesis 37:9 NKJV

If you’ve already fulfilled the dream God gave you, ask Him for another one. A bigger one. The Bible says, “Joseph dreamed another dream.” And the second was bigger than the first. In the first dream he saw sheaves of wheat on the ground bowing down to him, but in the second dream he saw stars in the heavens bowing down to him. Ask God to lift your sights and cause you to aim higher. But a note of caution: Before God will give you another dream, He will watch to see what you do with the one He gave you. “Do not despise these small beginnings, for the Lord rejoices to see the work begin” (Zechariah 4:10 NLT). Great endings usually start with humble beginnings. “God resists the proud, but gives grace to the humble. Therefore humble yourselves under the mighty hand of God, that He may exalt you in due time” (1 Peter 5:5-6 NKJV). If your dream is to prosper financially, it’s in harmony with God’s promises (See Deuteronomy 8:18; Isaiah 48:17; 2 Corinthians 9:8; 3 John v. 2). But there are three scriptural conditions you must meet in order for your dream to be fulfilled: (1) You must be willing to honor God with your present income (See Malachi 3:8-10). (2) You must be willing to share what you have and meet the needs of others (See Proverbs 11:25). (3) You must practice fiscal discipline rather than squandering what God gives you on reckless spending and impulse buying (See Proverbs 21:20). When you meet His conditions, God promises to bless you and fulfill the dream He has given you for your life.

Soul food: Isa 1-3; Luke 1:1-10; Ps 90:1-6; Prov 1:1-4