Vra God vir ‘n droom (1)

2019-01-01
Genesis 42:9 NLV

Die droom wat God vir Josef gegee het, het hom deur ervarings wat die meeste van ons sou verpletter het, gedra. Hy is deur sy familie verkwalik, herhaaldelik deur sy baas se vrou versoek en is toe vir dertien jaar in die tronk gegooi vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. Tog was God by hom. Toe hy op sy laagste punt was, het Hy elke tree gerig en het hom vir sy roeping as die redder van sy mense geposisioneer. Die Psalmdigter vertel van die vreemde manier waarop God vir Josef gelei het: ‘Hy het iemand vooruitgestuur: Josef, wat verkoop is as slaaf. Sy voete het hulle in boeie gedwing, en sy nek in ‘n ysterhalsband gesit tot sy woorde waar geword het, en die Here se woorde bevestig is’ (Psalm 105:17-19 NLV). Jou geslag of jou ouderdom is nie vir Hom ‘n probleem nie. Die samelewing mag dalk die jeug romantiseer en ouer mense eenkant toe skuif, maar jou seisoen in die lewe beperk God nie. Om egter vertroue te hê dat God jou drome sal vervul, moet jy weet dat jy uit sy Gees gebore is: ‘Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig maak nie’ (Romeine 8:8 NLV). Jou droom kan nie uit jou ego, of ‘n selfsugtige begeerte om dieselfde vlak van sukses as iemand anders te hê, of jou behoefte om iets aan iemand soos jou gewese man/vrou, jou familie, jou baas, of jou vriende te bewys, gebore word nie. Maak seker wat die bron van jou droom is, want wanneer God die bron is, sal Hy al die hulpbronne voorsien wat nodig is om jou droom te vervul. Het jy ‘n droom? Nie? Vra God om jou een te gee!

Sielskos: Rom 13:12-14:19; Joh 1:1-14

Ask God for a dream (1)


Genesis 42:9 NKJV

The dream God gave Joseph sustained him through experiences that would crush many of us. He was resented by his family, repeatedly tempted by his boss’s wife, then thrown into prison for thirteen years for a crime he never committed. Yet at his lowest points God was with him, arranging each step he took and positioning him to fulfill his calling as the deliverer of his people. The psalmist talks about the strange way in which God led Joseph: “Then he sent someone to Egypt ahead of them – Joseph, who was sold as a slave. They bruised his feet with fetters and placed his neck in an iron collar. Until the time came to fulfill his dreams, the Lord tested Joseph’s character” (Psalm 105:17-19 NLT). Your gender does not limit God, and your age is no problem to Him. Society may glamorize youth and marginalize old age, but your season of life doesn’t limit God. But in order to have confidence that God will fulfill your dream, you must know that it was born of His Spirit: “Those who are in the flesh cannot please God” (Romans 8:8 NKJV). Your dream cannot be born out of your unmet ego needs, or a selfish desire to have the same level of success as someone else, or your need to “prove” something to someone like your ex, or your family, or your boss, or your peers, etc. Check the source of your dream, because when God is the source, He will provide all the resources necessary to fulfill it. Do you have a dream? No? Ask God to give you one!

Soul food: Rom 13:12-14:19; John 1:1-14