Word ‘n goeie denker
2017-09-16Spreuke 4:23 DB
Jy kan met oefening ‘n goeie denker word. 1) Goeie denkers tref voorsorg. ‘Getroue werk lewer wins op…’ (Spreuke 21:5 NLV). Wanneer jy getrou werk, struikel jy nie toevallig oor sukses en vind later uit hoe dit werk nie. Of jy nou in die bediening of in die sakewêreld staan, jou vlak van sukses sal dramaties verhoog as jy ‘n hoë waarde op goeie denkwyses plaas. Die skrywer Victor Hugo het gesê, ”n Klein man bestaan uit klein denke.’ Mense wat nie goeie denkwyses beoefen nie, vind hulself dikwels waar hulle aan die genade van hulle omstandighede oorgelaat is – of aan ander mense se denke. Omdat hulle nie in staat is om probleme op te los nie, kom hulle telkens dieselfde struikelblokke teë. Omdat hulle nie vooruit dink nie, is hulle gewoonlik net besig om op hulle omstandighede te reageer. Daar is ‘n ou Duitse spreekwoord wat lui: ‘Eerder ‘n leë beursie as ‘n leë kop.’ Goeie denkers kom hulle moeilikhede te bowe, insluitend ‘n tekort aan hulpbronne wat dikwels slegte denkers se sukses kelder. In sy boek, As a Man Thinketh, skryf James Allen, ‘Alles wat ‘n man bereik of nie bereik nie, is ‘n direkte resultaat van sy denke.’ Glo jy dit? As jy doen, sal jy ‘n hoë waarde op goeie denkwyses plaas en dit ‘n prioriteit in jou lewe maak. 2) Goeie denkers kyk vir die beste uit, nie die slegste nie. Hulle lewe volgense hierdie Skriftuurlike beginsel: ‘Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is…’ (Filippense 4:8 DB).
Sielskos: Miga 5-7; Mark 13:12-23; Ps 19; Spr 24:19-22