Wetenskap bewys dat die Bybel waar is (3)
2017-08-08Job 38:35 AFR83
Die Bybel het moderne telekommunikasie voorspel. Klink dit te goed om waar te wees? Kyk dan na hierdie vers: ‘Kan jy die weerligstrale uitstuur dat hulle vir jou kom sê: ‘Hier is ons’?’ Vyftien honderd jaar voor Christus, in die boek Job, het God gesê dat lig gestuur kan word en in spraak kan manifesteer. In dieselfde trant, het jy geweet dat alle elektromagnetiese bestraling – van radiogolwe tot X-strale – teen die spoed van lig (omtrent 186,000 myl per sekonde) beweeg? Dit is wat onmiddellike koordlose kommunikasie met iemand aan die ander kant van die wêreld moontlik maak. Die feit dat lig gestuur en in spraak omskep kan word, is eers in 1864 (3300 jaar later), deur die wetenskap ontdek toe die Britste wetenskaplike, James Clerk Maxwell, voorgestel het dat elektrisiteit en liggolwe twee vorms van dieselfde ding is. Samuel Morse, wat die eerste telegram ontwerp het en die wêreld van kommunikasie vir ewig verander het, was ‘n Christen wat in die Bybel geglo het. ‘n Paar jaar voordat hy oorlede is, het hy gesê, ‘Hoe nader ek aan die einde van my reis kom, hoe duideliker is die bewys van die goddelike oorsprong van die Bybel. Die grootsheid en verhewenheid van God se geneesmiddel vir die gevalle mens word meer waardeer, en die toekoms word deur hoop en vreugde verlig.’ In jou lewe sal jy ongelowige Tomasse ontmoet, wat God steeds liefhet. Jesus het selfs ‘n spesiale verskyning na sy opstanding gemaak om Tomas se vertwyfelinge te weerlê. Hy doen dit ook vandag! Raak dus bekend met jou Bybel, en laat elke opregte, vraende hart weet dat die wetenskap bewys dat die Bybel waar is.
Sielskos: 1 Kron 7:20-9:44; Mark 3:1-19; Ps 119:25-32; Spr 20:25-27