Wetenskap bewys dat die Bybel waar is (2)

2017-08-07
Jesaja 40:22 AFR53

Die Bybel sê vir ons dat die aarde rond is. ‘Hy sit bo die kring van die aarde…’ Die woord kring kom van die Hebreeuse woord wat ook as ‘rondte’ vertaal kan word. Die boek van Jesaja is omtrent sewehonderd jaar voor Christus se geboorte geskryf. Dit is ten minste driehonderd jaar voor Aristotel voorgestel dat die aarde dalk ‘n sfeer kan wees. Dit was ‘n verdere tweeduisend jaar later, in ‘n tyd wat die wetenskap geglo het dat die aarde plat is, wat die Skrif vir Christopher Columbus geïnspireer het om rondom die wêreld te seil. Hy skryf: ‘Dit was die Here wat dit in my gedagtes geplaas het. Ek kon sy hand op my voel. Daar is geen twyfel dat die inspirasie van die Heilige Gees af gekom het nie, omdat Hy my met wonderlike illustrasie van die Heilige Skrif gerusgestel het’ (vanuit die dagboek van Christopher Columbus, met verwysing na sy ontdekking van die Nuwe Wêreld). Die Bybel leer ons oseanografie. In die negentiende eeu, het Matthew Fontaine Maury, wat die vader van moderne oseanografie en marine meteorologie genoem word, die woorde van Dawid oor ‘…die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see’ (Psalm 8:8 AFR53), gelees. Hy het gesê, ‘As God sê dat daar paaie in die see is, gaan ek dit vind.’ Vandag kan ons die ontdekking van die warm en koue seegetye aan hom toeskryf. Sy boek oor oseanografie word steeds vandag in universiteite regoor die wêreld gebruik. Die volgende keer wat iemand dus die akkuraatheid van die Skrif betwyfel, glimlag en sê vir hulle, ‘Wetenskap bewys dat die Bybel waar is.’

Sielskos: 1 Kron 6:1-7:19; Mark 2:23-28; Ps 119:17-24; Spr 20:22-24