Wees ‘n Samgar (2)

2017-11-03
Rigters 5:6 NLV

Toe Samgar sy drywerstok opgetel het en seshonderd Filistyne verslaan het, het hy besluit dat hy sou veg tot die dood. Dit is die sleutel tot verlossing, of dit nou van die Filistyne, trots, oordeel, pornografie of enige ander hardkoppige probleem in jou lewe is. Jy moet tot die aanval oor gaan. Daar kom ‘n punt wat jy sĂȘ, ‘Genoeg is genoeg.’ Jy weet dat jy nie op hierdie pad kan voortgaan nie, omdat dit verhoudingsgewys, fisies of geestelik ‘n doodloopstraat is. Dit mag jou dalk nie doodmaak nie, maar dit sal jou lewend opeet. Jy weet dat jy nie kan aanhou om te doen wat jy altyd gedoen het nie. Nie as jy fiks wil word of jou skuld wil delg nie. Nie as jy die vlam van romanse weer wil aanblaas of jou doelwit wil bereik nie. Nie as jy ‘n goeie nalatenskap wil agterlaat nie. Die goeie nuus is egter dat jy een keuse weg is van ‘n ander lewe. Jy moet egter jou drywerstok optel en daarvoor baklei. Sny jou kredietkaart op. Doen aansoek om weer te studeer. Gaan op ‘n sendingsreis. Maak ‘n afspraak met ‘n berader. William A. Lawrence het geskryf, ‘On the plains of hesitation bleach the bones of countless millions who, at the dawn of victory, sat down to wait, and waiting – died!’ Hou op om uit te stel. Hou op om ‘n perfeksionis te wees. Geestelike groei gaan oor vordering, nie perfeksie nie. Wanneer jy jou doelwitte nastreef, is jou grootste vyand traagheid. Ons het ‘n geneigdheid om aan te hou doen wat ons altyd gedoen het, met die hoop dat dinge op ‘n manier sal verander. Dit sal nie, wees dus ‘n Samgar en neem aksie!

Sielskos: Jes 42-44; Joh 7:1-13; Ps 86; Spr 28:21-24