Wat om te doen terwyl jy wag

2017-10-06
Psalm 40:1 NLV

Enigiets wat goed gebou word, word stadig en versigtig saamgestel. Ongeduld is ‘n teken van onvolwassenheid. Probeer om die volgende te verstaan: Jou ongeduld gaan nie God vinniger laat beweeg nie. Hy werk volgens sy eie skedule. Paulus skryf, ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk… volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). Net omdat die deur nog nie oopgemaak is nie, beteken nie dat God van plan verander het nie. Die tydsberekening mag dalk nie reg wees sodat Hy maksimum glorie en jy maksimum voordeel daaruit sal kry nie. Wat moet jy dus doen terwyl jy wag? Twee dinge: 1) Bid vir God se wil. Moenie toelaat dat dinge in jou lewe inkom wat teenstrydig daarmee is nie, veral nie haas en bekommernis nie. Jy moet weet hoe om jou tyd, energie en geld te allokeer, insluitend met wie jy tyd moet spandeer en met wie nie. God sĂȘ, ‘Ek maak die einde bekend vanaf die begin…’ (Jesaja 46:10 NLV). Voor God enigiets begin, het Hy reeds ‘n duidelike beeld van die einddoel en bepaal Hy die stappe wat jou daarheen sal lei. 2)Verbly jouself terwyl jy wag. ‘Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg, tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die Here! Ek sal juig oor God wat my verlos!’ (Habakuk 3:17 NLV). Begin vandag om God te bedank vir alles wat Hy reeds gedoen het en wat Hy in die toekoms om jou ontwil gaan doen. Hy sal dit doen – Hy sal absoluut vir jou deurkom.

Sielskos: Eks 7-9; Joh 1:1-13; Ps 29; Spr 26:4-6