‘Here, wat moet ek doen?’ (1)

2017-12-03
Psalm 119:105 NLV

Wanneer jy bid, ‘Here, wat moet ek doen?’ kan Hy op verskeie maniere reageer. Kom ons kyk oor die volgende paar dae na ‘n paar daarvan. Hy sal jou deur sy Skrif antwoord. In plaas van om enigeen in die omtrek vir leiding te vra, gaan na God toe. Maak sy Woord jou eerste opsie, eerder as jou laaste uitweg. Die Psalmdigter het geskryf, ‘U woorde is ‘n lamp vir my voete en ‘n lig op my pad.’ Sonder ‘n gereelde daaglikse inname van God se Woord, sal jy in die duister bly oor wat die beste vir jou is en die rigting wat jy moet inslaan. ‘…Wat Ek sê, gebeur altyd. Dit sal nie verder uitgestel word nie…’ (Esegiël 12:25 NLV). As God dit in sy Woord sê, kan jy daarop staatmaak. Daar is bevele in die Skrif, maar God het ons hoofsaaklik beginsels daarin gegee waarvolgens om te lewe. Hierdie beginsels benodig wysheid en oordeelkundigheid. Die Psalmdigter het gesê, ‘Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u gebooie’ (Psalm 119:66 NLV). Dit beteken nie dat jy ‘n spesifieke vers vir elke besluit en aksie wat jy maak, moet hê nie. Die meeste kere wat jy God vir leiding vra, sal Hy vir jou ‘goeie oordeel en kennis’ gee, wat genoeg is om jou in die regte rigting te stuur. Sal jy soms vrees ervaar? Ja, maar dis dan wanneer jy jou geloof moet gebruik! Jou grootste oomblikke van helderheid rakende God se wil, gebeur dikwels wanneer jy terugkyk, nie vorentoe kyk nie. Dis wanneer jy terugkyk na hoe God jou gelei het, wat jy kan sê, ‘…Nie een woord van al die goeie beloftes wat Hy… gegee het, het onvervuld gebly nie’ (1 Konings 8:56 NLV).

Sielskos: 1 Kon 17:1-7; 1 Kon 18:41-46; Mark 4:35-41