Wat is in ‘n naam? Alles! (1)
2018-09-03Psalm 83:19 NLV
Die Israeliete het God Jehova genoem, ‘n naam wat hulle as onberispelik en onverklaarbaar gesien het. Die naam beteken die ‘self-bestaande Een,’ en die ‘Ek is.’ Hy was die Skepper van alle dinge; ‘n wonderbaarlike en onkenbare Opperwese. God het egter begeer om op ‘n persoonlike manier geken te word. Dus het Hy vyf onthullende titels by die naam Jehova gevoeg – woordportrette van Homself wat ons help om Hom beter te verstaan. Israel het hierdie woordportrette gedurende krisistye en tye van nood ontdek; en hulle sal jou in jou tyd van nood seën en bemoedig. Kom ons kyk na elkeen van hulle. Jehova Jireh: Die Here sal sien, die Here sal voorsien. Abraham was op die punt om sy seun te offer toe God hom van ‘n lam voorsien het om in Isak se plek te geoffer te word. In reaksie daarop het Abraham Hom Jehova Jireh genoem, die Here wat sien en voorsien. Dit is nie net op Abraham van toepassing nie. Die Nuwe Testament sê dat die Here jou behoeftes sien en antwoorde voorsien. Jesus het gesê, ‘…Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het’ (Matteus 6:32 NLV). Soos ‘n besorgde, waaksame, oplettende ouer wat in elke behoefte van sy kind voorsien. Voor ‘n kind se skoene deurgeloop is, voorsien ‘n goeie vader hom van nuwes; sy kind het nie nodig om te smeek, te onderhandel of te pleit nie. ‘Hoekom het ek dan nie dit wat ek wil hê nie?’ vra jy. Omdat God weet wat jy regtig nodig het. Wat jy as ‘noodsaaklikhede’ sien, mag dalk eenvoudig net ‘wil hê’ in God se oë wees. Onthou – Jehova Jireh sien jou behoeftes raak en sal aan hulle voorsien!
Sielskos: Jos 5:1-8:29; Luk 19:11-27; Ps 103:1-12; Spr 22:27-29