Wat is die fondasie van jou lewe?
2018-10-12Lukas 6:46 NLV
Jesus vertel die verhaal van twee mans wat elk ‘n huis gebou het. Die verstandige een het sy huis op ‘n rots gebou; die dwaas het sy huis op sand gebou. Toe die storm beide huise tref, het net die wyse man se huis staande gebly. Jesus was nie besig om wysheid met dwaasheid te vergelyk nie, omdat ons almal geneig is om by sekere tye wys en by ander tye dwaas te wees. Hy het ook nie gesê dat die huis wat oorleef het ‘n gelowige se huis was terwyl die huis wat vernietig was aan ‘n ongelowige behoort het nie, alhoewel dit geïmpliseer word. Hy het die twee fondasies vergelyk (sien Matteus 7:24-27). Wat is die fondasie van jou lewe? Wanneer dinge sleg gaan; wanneer jou rug teen die muur is; wanneer jy jou laaste bietjie krag opgebruik het – wat is dit wat jou deurtrek? Verseker nie jou wysheid of kerklidmaatskap nie. Getroue gelowiges spartel soms in die middel van die lewe se storms: ‘n verkeerde verhouding, ‘n finansiële ineenstorting, ‘n ontroue maat, ‘n onomkeerbare verlies, ‘n kind se siekte, psigologiese of fisiese gebreke, ens. Jesus se punt was egter: Wanneer die storms van die lewe arriveer, is die enigste manier om daar deur te kom om te doen wat Hy sê! Omdat God altyd sy Woord eer, bring jou gehoorsaamheid jou in lyn met sy Woord, sy wil en sy mag om namens jou op te tree. As jy in gehoorsaamheid wandel, sal God jou in staat stel om deur hierdie storm te kom, maak nie saak hoe lank en hoe erg dit woed nie.
Sielskos: Eks 16-18; Joh 2:1-11; Ps 23; Spr 26:10-12