Wanneer die familie versplinter

2019-08-14
Kolossense 3:13 NLV

Wanneer ‘n skeisaak jou familie versplinter, hoe kan jy jou kinders help? Eerstens, hou op praat oor wie hulle nie aanvaar nie en omring hulle net mense wat doen. Jou liefde as ouer kan ‘n lang pad stap om te vergoed vir iemand anders se verwaarlosing. Verduidelik dat mense soms saam groei, maar ander kere verby mekaar groei. Herinner hulle dat ‘Ken’ en ‘Barbie’ net poppe is en berei hulle voor om in die regte w√™reld te lewe. Moedig hulle aan om sterk, nie selfbejammerend nie, te wees. Soos hulle ouer word, leer hulle dat indien hulle hulself moet verander om by iemand te pas, dit nie die regte persoon vir hulle is nie. Wanneer liefde reg is, kan dit met sterk- en swakpunte onder dieselfde dak woon, want ‘…sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV). Ware liefde bedek ‘n fout soos ‘n versekeringspolis ‘n bestuurder in ‘n ongeluk dek. Moenie jou kind as ‘n wapen gebruik om mekaar te na te kom nie. Maak seker dat hulle verstaan dat jy die een is wat skei, nie hulle nie. Verduidelik dat iemand dalk ongeskik as ‘n eggenoot is, maar steeds ‘n goeie ouer kan wees. Wanneer jy die blaam wegvat, neem jy die skande weg en kan almal vorentoe beweeg. Bitterheid is ‘n dief, maar jy hoef nie toe te laat dat dit jou vrede, jou kreatiwiteit, jou lied of jou hoop vir ‘n beter toekoms steel nie. Begin vandag ‘n nuwe lewe vir jou en jou kinders bou. God se belofte is: ‘Ek gaan iets nuuts doen…’ (Jesaja 43:19 NLV). Jy kan dus oor begin en begin herbou.

Sielskos: Rig 12-15; Matt 17:14-27; Ps 119:81-88; Spr 17:27-28