Waaroor gaan Kersfees?

2017-12-24
Romeine 8:39 NLV

Die eerste Kersfees het God iets wonderbaarliks gedoen. Max Lucado stel dit so: ‘Hy het van die troon opgestaan, sy kleed van lig uitgetrek en Homself in menslike vel toegedraai. Die lig van die heelal het ‘n donker, nat baarmoeder binngegaan. Hy, wie engele prys, het Homself in die plasenta van ‘n plattelander ingenestel, is gebore in die koue nag en het toe op ‘n koei se hooi geslaap. Maria het nie geweet of sy vir Hom melk of eer moet gee nie, dus het sy Hom beide gegee – Hy was, sover sy kon agterkom, honger en heilig. Josef het nie geweet of hy Hom seun of vader moet noem nie. Op die ou einde het hulle Hom Jesus genoem, soos die engel vir hulle gesê het, omdat hulle nie die vaagste benul gehad het wat om die God wat in hulle arms lê, te noem nie.’ Lucado gaan voort: ‘Dink jy nie hulle het gewonder, ‘Wat op aarde doen U, God?’ nie. Of beter gestel, ‘God, wat doen U hier op aarde?’ ‘Kan enigiets veroorsaak dat Ek nie meer vir jou lief is nie?’ vra God. ‘Wonder jy hoe lank My liefde sal aanhou? Vind jou antwoord aan ‘n gesplinterde kruis, op ‘n rotsagtige heuwel. Dis vir My wat jy daar sien, jou Skepper, jou God… Dis hoe baie Ek jou liefhet.’ Paulus vra, ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei?..’ (vers 35 NLV). Dan antwoord hy sy eie vraag: ‘Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie’ (vers 39 NLV). Dit is waaroor Kersfees gaan!

Sielskos: Ps 103:8-18; Joh 3:16-18; Matt 18:21-35