Voed jou kinders op
2017-11-16Efesiërs 6:4 NLV
Ons word aanhoudend deur stories waar kinders hulle onderwysers en ander kinders by die skool vermoor, voordat hulle die geweer op hulself draai, geskok. Twee seuns van twaalf en dertien, het ‘n man buite ‘n winkel doodgeslaan net omdat hulle iemand wou sien doodgaan. ‘n Ander seun het ‘n man by ‘n stopstraat doodgeskiet. Toe hy gevra word hoekom hy dit gedoen het, het hy geantwoord, ‘Omdat hy na my gekyk het.’ Wat veroorsaak hierdie gedrag? Maklike toegang tot gewere? Ure wat gespandeer word om na gewelddadige video’s te kyk? Dit mag dalk faktore wees, maar na uitgebreide navorsing het wetenskaplikes bevind dat gewelddadige gedrag dikwels deur mishandeling en verwaarlosing in die vroeë kinderjare veroorsaak word. Wanneer ‘n baba drie of meer dae in ‘n vuil doek spandeer of wanneer kinders gebrand, geslaan of geïgnoreer word, word hulle bloed met streshormone gevul – kortisol en adrenalien, onder andere. Hierdie hormone bombardeer en beskadig die brein van daardie kinders. Vir die res van hulle lewens sal hulle dus nie dink en voel wat ander mense dink en voel nie. Hulle verloor inderwaarheid die kapasiteit om met ander mense wat ly te empatiseer. Dieselfde navorsing het bevind dat babas en jong kinders veral tussen geboorte en die ouderdom van drie jaar verskriklik weerloos is. As hulle families hulle nie beskerm, liefhet en vir hulle sorg nie, sal die samelewing in later jare ‘n afgryslike prys daarvoor betaal. Die Bybel sê dat ons ons kinders moet opvoed. Dit beteken dat ons hulle moet liefhê, beskerm, aanmoedig, komplimenteer en die beste in hulle na vore moet probeer bring.
Sielskos: Rom 15-16; Joh 9:24-41; Ps 50; Spr 30:7-10