Versterk jou geloof (3)
2018-02-25Psalm 56:4 NLV
Geloof is soos ‘n spier; probleme mag dit dalk strek, maar dit groei op die ou einde sterker. Dawid het hierdie waarheid verstaan. Hy is aanhoudend deur sy vyande gejag. Saul het selfs nog op die troon gesit toe Dawid as koning van Israel ingeseën is. In plaas van om geloof in God se belofte te verloor, het Dawid verklaar, ‘…Die Here het die getroues vir Hom afgesonder. Die Here sal antwoord wanneer ek tot Hom roep’ (Psalm 4:4 NLV). Toe die Filistyne hom gevange geneem het, het hy gebid, ‘My aanvallers soek my lewe sonder ophou, en baie val my aan, o Allerhoogste. Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou’ (Psalm 56:3-4 NLV). Toe hy in ‘n grot opgeëindig het waar hy voor Saul se jaloerse toorn gevlug het, het hy gesê, ‘…In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is’ (Psalm 57:1 NLV). Gedurende die derde eeu, toe St Felix van Nola vir sy vyande gevlug het, het hy skuiling in ‘n grot gesoek. Met die loop van tyd het ‘n spinnekop sy web oor die klein opening begin spin, wat dit laat lyk het of daar al maande lank niemand daar binne was nie. As gevolg daarvan het sy vyande verby die grot geloop. Toe hy weer in die sonskyn uitklim, het Felix verklaar, ‘Waar God is, is ‘n spinnekop se web ‘n muur. Waar God nie is nie, is ‘n muur ‘n spinnekop se web.’ Soms sal jy in ‘n grot opeindig oor iets wat jy gedoen het, of as gevolg van omstandighede waaroor jy geen beheer het nie. Met God aan jou sy, kan jy egter sê, ‘Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou.’
Sielskos: Eks 20:15; Jos 7:1-26; Tit 2:6-10; Ef 4:28