Vergewe hulle

2020-11-09
Lukas 6:35 NLV

In sy boek, Beneath the Cross of Jesus, vertel A. Leonard Griffith die verhaal van ‘n jong Koreaanse uitruilstudent wat ‘n leier in die Christelike kringe by die Universiteit van Pennsylvania was. Hy het sy woonstel die aand van 25 April, 1958 verlaat om ‘n brief aan sy ouers te pos. Toe hy by die posbus omdraai, het elf tienerseuns met leerbaadjies hom ingewag. Sonder om ‘n woord te sê het hulle hom met ‘n domkrag, pyp en hulle stewels en vuiste begin aanrand en hom vir dood op die sypaadjie agtergelaat. Die gemeenskap in Philadelphia het wraak geëis en die distriksaanklaer het op televisie aangekondig dat hy die doodstraf in die saak sou vra.

Toe het die volgende brief, wat deur die seun se ouers en twintig ander familielede in Korea onderteken is, gearriveer: ‘Ons familie het bymekaar gekom en besluit om hierdie petisie op te stel sodat diegene wat hierdie misdaad gepleeg het, die vrygewigste behandeling moontlik binne die wette van julle regering kry. Om bewys van ons opregte hoop wat in hierdie petisie vervat is te lewer, het ons begin geld spaar om ‘n fonds te skep vir die geestelike, opvoedkundige, professionele en sosiale leiding vir hierdie seuns wanneer hulle vrygelaat word. Ons hoop dit met die gees wat ons van die evangelie van ons Redder, Jesus Christus, wat vir ons sondes gesterf het, ontvang het.’

Hierdie verhaal neem vergifnis na die volgende vlak toe! Dit leer ons ook dat wanneer jy vergewe, jy die sitplek van die slagoffer prysgee en die sitplek van die oorwinnaar inneem. Dis wat Jesus ook vir jou vandag in gedagte het!

Sielskos: 1 Kro 6:1-7:19; Joh 9:13-23; Ps 115; Spr 25:23-25