Trek skoon klere aan
2017-10-15Efesiërs 4:24 NLV
Wanneer jy verkeerde denke in die privaatheid van jou gedagtes vermaak, mag jy dalk in die versoeking kom om jouself te verskoon deur te sê, ‘Watter skade kan dit doen?’ Meer skade as wat jy dink! Jy word dit waaraan jy dink. Die Bybel sê, ‘Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan…’ Jy mag dit dalk nie wil erken dat jy steeds sommige van die ‘ou’ klere aanhet nie (houdings, tydsverdrywe en gewoontes), maar die waarheid is dat jy nie die skoon klere kan aantrek totdat jy die oues uitgetrek het nie. Jy kan verder ook nie die ou klere in die kas hang vir ‘n reëndag nie, of hulle op die vloer los waar jy oor hulle kan struikel nie. Jy moet van hulle ontslae raak. ‘…dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek… Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is… Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat… Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie. Die dief moet ophou steel en eerder hard werk. Hy moet sy eie hande vir eerlike werk gebruik sodat hy iets kan hê om met mense in nood te deel. Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie… Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar… Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (verse 22-32 NLV). Trek vandag jou skoon klere aan.
Sielskos: Joel 2:23-32; Hand 2:1-21