Stuur dit aan

2017-12-02
Matteus 7:12 DB

Die Bybel sê, ‘…dit sal verskriklik gaan net voor die Here weer kom… Elkeen sal net aan homself dink en niks vir ander omgee nie…’ (2 Timoteus 3:1-2 DB). As jy dit nie glo nie, probeer om ‘n parkeerplek te neem wat ‘n ander motoris wil hê. Of hou die mense wat inkopies doen dop as hulle in die ry probeer indruk om dertig sekondes te spaar. Wat van ‘jou sitplek’ in die kerk; jy weet, die een wat jy al dertig jaar warm maak? Die Bybel sê, ‘…Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se dinge’ (Filippense 2:3-4 NLV). Jesus het gesê, ‘…vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op…’ Met ander woorde, oefen om ander mense eerste te stel. Die Nobel pryswenner en mediese sendeling, Albert Schweitzer, het gesê, ‘Die enigstes tussen julle wat waarlik gelukkig sal wees, is diegene wat uitgevind het hoe om te dien.’ As jy motivering nodig het, begin die beste kwaliteite in plaas van die slegtes in mense te soek. Onthou, hulle moet dieselfde met jou doen. As jy regtig sukses in die lewe wil behaal, moet jy ander mense ‘n klein bietjie meer liefhê as wat hulle verdien, soos God jou liefhet. Ons verwag te dikwels van almal anders om die Goue Reël te beoefen, sonder om dit self te doen. Die lofsanger Henry Burton het geskryf: ‘Have you had a kindness shown? Pass it on. ‘Twas not given for thee alone, pass it on. Let it travel down the years, let it wipe another’s tears, till in heaven the deed appears – pass it on.’

Sielskos: Gen 28:1-30:24; Joh 13:1-17; Ps 130; Spr 31:28-31