Strewe na integriteit
2018-07-28Psalm 25:21 NLV
Bobby Jones word as een van die wêreld se beste golfers geag. Hy is egter meer bekend vir dit wat by 1925 se Amerikaanse Ope gebeur het, as al sy ander oorwinnings op die golfbaan. Hy het per ongeluk sy bal aangeraak en vir homself ‘n een-hou boete toegeken, selfs al het niemand anders gesien dat hy die bal aangeraak het nie. Daardie boete het veroorsaak dat hy die Ope met een hou verloor het. Toe toernooi beamptes hom oor sy integriteit probeer komplimenteer, het Jones eenvoudig gesê, ‘Jy mag my net sowel prys omdat ek nie banke beroof nie. Daar is net een manier om hierdie spel te speel.’ Bobby Jones het by die reëls gehou. Punt. Daarmee het hy die integriteit van die spel geëer. Een sportjoernalis het geskryf, ‘In die opinie van baie mense, van al die groot atlete, het Bobby Jones die naaste gekom aan wat ons ‘n groot man kon noem.’ Jones kon die toernooi gewen het, maar hy sou sy integriteit verloor het. Om die Amerikaanse Ope te wen was nie genoeg om ‘n een-hou boete op sy integriteit te plaas nie. Dis epiese integriteit! Dis iets om te vier. Ons lewe in ‘n samelewing wat talent meer as integriteit waardeer, maar dis verkeerd. Talent verloor waarde soos die tyd verloop. So ook intellek en voorkoms. Jy sal op die ou einde jou krag en jou mooi voorkoms verloor. Jy hoef egter nie jou integriteit te verloor nie. Integriteit is die een ding wat se waarde nie met verloop van tyd verminder nie. Niks neem langer om te bou as ‘n goddelike reputasie nie. Niks word egter ook vinniger met een hou van sonde vernietig nie. Dis hoekom jou integriteit bo alles anders gevier en beskerm moet word.
Sielskos: Sef 1-3; Luk 9:46-56; Ps 42:6-11; Spr 19:15-17