Strewe daarna om God te verheerlik (4)
2018-04-17Filippense 1:29 NLV
Dink aan Getsemane, die tuin waar Jesus self met die wil van God gestoei het. ‘…Neem tog hierdie beker van lyding van My weg…’ (Markus 14:36 NLV). Jesus het geweet dat Hy hierdie beker van lyding tot op die bodem moet drink, maar het sy Vader gevra of Hy dit kon wegneem, of daar ‘n ander manier was. Tog het Hy sy gebed afgesluit met ‘n gebed van oorgawe: ‘…Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!’ (Lukas 22:42 NLV). Ons gebede is geneig om meer op eksterne omstandighede as interne houdings te fokus, omdat ons wil hĂȘ dat God ons omstandighede, eerder as onsself, moet verander. Dis baie makliker so, maar ons mis die punt heeltemal. Dit is die slegste omstandighede wat dikwels die beste in ons na vore bring. As ons na die groter prentjie kyk en sien dat dit die slegte dinge is wat die beste dinge na vore bring, is dit waar dat die slegte dinge dus eintlik goed is! Dis net wanneer jy getoets word wat jy ‘n getuienis het om met ander mense te deel. Ja, jy kan van jou lyding gered word, maar jy kan nie geestelik volwasse word of toegerus word om ander te dien daarsonder nie. Dit beteken nie dat jy dit bewustelik opsoek nie, maar dit beteken dat jy dit sien vir wat dit is – ‘n geleentheid om God te verheerlik. Paulus, wat baie gely het, skryf, ‘Aan julle is immers die voorreg gegee om… ook… vir Hom te ly.’ Waar het Paulus sy krag vandaan gekry? ‘Ek weet verseker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie’ (Romeine 8:18 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: Strewe daarna om God in elke omstandigheid van die lewe te verheerlik.
Sielskos: Hand 1:1-3:10; Mark 3:7-12; Ps 43; Spr 10:17-18