Strewe daarna om God te verheerlik (2)
2018-04-15Jesaja 6:3 NLV
Die onderskeid tussen heilig en wêrelds is ‘n valse verdeling. Alle dinge is deur God en vir God geskep – daar is geen uitsonderings nie. Elke noot musiek, elke kleur op die palet, elke smaak wat jy proe. Arnold Sommerfield, die Duitse fisikus en pianis, het opgemerk dat ‘n enkele waterstof-atoom wat eenhonderd frekwensies uitstraal, meer musikaal is as ‘n klavier wat net sewe-en-tagtig frekwensies uitgee. Elke enkele atoom is dus ‘n unieke uitdrukking van lofprysing. Volgens die komponis Leonard Bernstein is die beste vertaling van Genesis 1:3 nie ‘En God het gesê’ nie, hy glo dat die beter vertaling ‘En God het gesing’ moet wees. Die Almagtige het elke atoom in bestaan in gesing en elke atoom eggo daardie oorspronklike melodie, in drievoudige harmonie deur die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Sensitiewe klankinstrumente het bevind dat erdwurms dowwe staccato geluide maak, terwyl walvisse duisende kilometers onder water gehoor kan word. Lewis Thomas het dit so gestel: ‘As ons beter kon hoor en die wysie van seevoëls kon onderskei, die ritmiese melodie van ‘n skool visse kon aanhoor of selfs die verre harmonie van vlieë wat in die son in die veld rondvlieg kon hoor, sou die gekombineerde klank ons van ons voete afgelig het.’ Een dag sal ons dit alles kan hoor. Oordromme wat verheerlik is, sal die volgende Skrifgedeelte wat vervul word hoor: “Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê: ‘Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam, kom toe die lofprysing en die eerbetoning, die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd'” (Openbaring 5:13 NLV). Maak dit vandag jou doel om God in alles wat jy doen te verheerlik.
Sielskos: Gal 5:22; Luk 2:8-20; Spr 3:13-18; Ps 119:161-168