Strewe daarna om God te verheerlik (1)
2018-04-142 Tessalonisense 1:12 NLV
Bach het 256 kantates gekomponeer. Die bekendste hiervan is sekerlik Jesu, Joy of Man’s Desiring. Amper 4 eeue later is dit steeds een van die gewildste liedjies waarop bruide by die paadjie afstap. Die rede hiervoor is dat sy musiek jou siel aanraak, omdat hy dit uit sy siel geskryf het. Het jy egter geweet dat sy kantates oorspronklik gebede was voordat dit liedjies geword het? Voordat Bach begin het om ‘n liedjie te komponeer, het hy JJ – Jesu, Juya – aan die bokant van die bladmusiek geskryf. Dit beteken ‘Jesus, help my.’ Aan die onderkant van elke komposisie het hy die letters SDG geskryf, wat staan vir Soli Deo Gloria – ‘alleenlik tot die glorie van God.’ Sy lewe was ‘n unieke uitbeelding van ‘n enkele beweegrede – om God te verheerlik. Jou lewe moet ook so wees. Niemand kan God soos jy verheerlik nie, of dit vir jou doen nie, want jou lewe is ‘n oorspronklike komposisie. Soli Deo Gloria is om vir ‘n gehoor van een te lewe; dis om die regte ding vir die regte rede te doen. Dit is om vir die applous uit hande wat met spykers deurboor is, te lewe. Dis om te verklaar dat Jesus alles vir jou is. Net Jesus. Niks meer nie, niks minder nie, niks anders nie. Paulus stel dit so: ‘Met dit in gedagte bid ons altyd vir julle. Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het. Mag Hy elke goeie voorneme en geloofsdaad met krag tot volkome uitvoering bring. So sal die Naam van ons Here Jesus verheerlik word deur wat julle doen. En jĂșlle sal deur Hom verheerlik word op grond van die genade van ons God en die Here Jesus Christus’ (verse 11-12 NLV).
Sielskos: Jer 51-52; Mark 2:23-28; Ps 50:16-23; Spr 10:11-13