Staan op teen diskriminasie

2018-09-22
Handelinge 6:1 NLV

Die Bybel sê: ‘Namate die aantal gelowiges steeds toegeneem het, het daar klagtes gekom. Die Griekssprekendes het gekla oor die daaglikse verspreiding van kos aan hulle weduwees. Hulle het beweer dat die Arameessprekendes hulle afskeep.’ Hoekom? Omdat hulle buitestaanders was. Hierdie vrouens het nie in Judea of Galilea grootgeword nie. Hulle was van die verre lande van Griekeland, Rome en Sirië afkomstig. As hulle enigsins Aramees gepraat het, het hulle dit met ‘n aksent gedoen. Daarom is hulle afgeskeep. Die bestuurder van die kosstoor het die Hebreeuse vrouens eerste keuse gegee. Die versoeke is in twee stapels gedeel: plaaslike vroue en immigrante se versoeke. Hoe het die kerk gereageer? ‘Die Twaalf roep toe al die gelowiges bymekaar…’ (vers 2 NLV). Hoekom het die apostels so ‘n vergadering geroep? As gevolg van die voorbeeld wat Jesus van die begin van sy bediening aan hulle gestel het: ‘Die boekrol met die boodskappe van Jesaja die profeet is aan Hom gegee en Hy het dit oopgerol tot by die plek waar dit sê…’ (Lukas 4:17 NLV). Daardie dag het Hy die ses dinge aangekondig wat God Hom gestuur het om te doen: 1) Om die evangelie aan die armes te gee. 2) Om gebroke harte gesond te maak. 3) Om gevangenes vry te laat. 4) Om blindes te laat sien. 5) Om onderdruktes vry te maak. 6) Om aan te kondig dat die tyd van die Here se goedheid gekom het. Dit was die bevrydingsjaar toe alle gevangenes vrygelaat is, alle skuld vergewe is en alles wat van jou weggeneem is, herstel is. Jesus voldoen aan elke behoefte: liggaam, siel en gees. Dit is die boodskap wat jy geroep is om met ander te deel.

Sielskos: 2 Tim 1-4; Luk 22:54-62; Ps 19; Spr 24:19-22