Staan op jou oortuigings en God sal jou eer

2020-07-02
Rigters 11:35 NLV

Vir maande lank het Eric Liddell vir die 1924 Olimpiese Spele geoefen. Hy het sy hart daarop gesit om die 100 meter wedloop te wen. Die meeste sportskrywers het voorspel dat hy gaan wen. Liddell het egter by die Spele agtergekom dat die 100 meter wedloop geskeduleer was om op ‘n Sondag plaas te vind. Dit was ‘n baie groot probleem vir hom, omdat hy geglo het dat hy nie God kon eer deur op die Here se dag deel te neem nie. Hy het homself aan die wedloop onttrek en sy aanhangers was verstom. Sommige mense wat hom in die verlede geprys het, het hom nou ‘n dwaas genoem. Toe ‘n naelloper homself aan die 400 meter wedloop, wat op ‘n weeksdag geval het, onttrek het, is Liddell die geleentheid gegee om sy plek te vul. Dit was nie regtig sy tipe wedloop nie. Die afstand was vier keer so lank as die een waarvoor hy ywerig geoefen het. Hy het egter die 400 meter wedloop gewen en ‘n nuwe rekord van 47.6 sekondes in die proses opgestel. Hy het sy Olimpiese goue medajle verdien en ‘n onwrikbare standpunt vir sy geloof ingeneem, wat in die rolprent Chariots of Fire oorvertel is. Liddell het egter ook ‘n groter aanspraak op roem. Hy het ‘n sendeling in China geword, waar hy as krygsgevangene in 1945 oorlede is. Hy is soos Jefta, wat gesĂȘ het: ‘…Ek het aan die Here ‘n gelofte gemaak en ek kan dit nie terugtrek nie.’ Die les wat ons uit hierdie man se lewe kan leer is hard en duidelik – staan op jou oortuigings, en God sal jou eer.

Sielskos: Jer 18-21; Luk 4:14-30; Ps 102:1-11; Spr 14:35-15:2