Sluit by Christus se seëvierende kerk aan! (3)

2018-07-10
2 Korintiërs 5:17 NLV

Niks in die geskiedenis kan vergelyk word met dit wat Christelike sendelinge vermag het nie. Meer as eenhonderd jaar gelede, het ‘n skrywer van ‘n reis rondom die wêreld teruggekeer en ontdek dat sendings en sendelinge deur kritiek in die Londense koerante gebombardeer word. Hy het toe ‘n brief aan die koerante geskryf wat die sendinge verdedig het. Daarin het hy gesê dat die transformasie van die wilde barbare op die eilande in die Suid See iets was om te aanskou en om die sendings af te kraak ‘n gruwelike misdaad was: “‘n Reisiger wat per ongeluk op een van hierdie eilande gestrand word, moet hard bid dat die lesse van ‘n sendeling hom vooraf gegaan het.” Die skrywer van hierdie brief was niemand anders as Charles Darwin nie. Nadat hy van sy wêreldreis teruggekeer het, was hy getransformeer. Dink aan die Papoeane, een van die inboorlingstamme van Nieu-Guinee. Sendelinge van Holland het met hulle begin werk en in 1860 het die werk van die Nuwe Hollandse Sending vrugte afgewerp, toe ‘n man genaamd Nathaniel Pepper, een van die inboorlinge, homself tot Christus bekeer het. ‘n Paar jaar later, toe duisende inboorlinge bekeerlinge geword het, het die Papoeaanse skool eerste prys in ‘n akademiese kompetisies onder die twaalfhonderd koloniale skole in Nuwe Holland, verower. Voorwaar ‘n prestasie! Skeptici mag dalk ‘n paar inrigtings vir melaatses, hospitale en weeshuise gebou het, maar dit is verreweg die volgelinge van Jesus Christus wat die grootste impak op hierdie wêreld gemaak het.

Sielskos: 1 Sam 27-31; Luk 6:1-16; Ps 122; Spr 17:18-21