Sluit by Christus se seëvierende kerk aan! (1)

2018-07-08
Matteus 16:18 NLV

Die Christelike kerk is twee keer so groot soos sy naaste mededinger. Dit sal bitter moeilik wees om so ‘n groot kerk se invloed omver te gooi. Veronderstel dat daar vandag ‘n groep sendelinge in jou dorp opdaag en vir jou vertel dat ‘n landbewoner wat tereggestel is, uit die dood uit opgestaan het. Hy is ook niemand anders as die Skepper van die heelal nie. Sal jy dit glo? Die apostels in die heidense Romeinse Ryk het dit geglo. In die aangesig van verskriklike vervolging, het die Christendom aanhou floreer. Selfs die pogings van Julian die Afvallige om die Christendom omver te werp en die heidense Ryk weer te vestig, was nie suksesvol nie. Toe Julian se aanslag teen die Christene op sy ergste was, het een van die keiser se volgelinge ‘n Christen gevra, ‘Wat doen jou timmerman se seun nou?’ Die Christen het geantwoord, ‘Hy is besig om ‘n kis vir jou keiser te bou!’ Nie lank hierna nie is Julian noodlottig tydens ‘n geveg gewond. Hy het grond toe geval, ‘n handvol sand gemeng met sy bloed in die lug gegooi en verklaar, ‘U het oorwin, Galileër.’ Nee, die kerk is nie perfek nie; dis hoekom mense soos ons welkom is daar! Nietemin is daar baie geldige redes hoekom die kerk van Jesus Christus aanhou seëvier. Dis ‘n hospitaal vir die gewondes, dis ‘n familie vir die eensames en dis ‘n skool vir diegene wat in die beginsels van dissipelskap opgelei word. Uiteindelik is dit die enigste ding wat sal staande bly wanneer alles wat tydelik is, in rook opgaan (sien 2 Petrus 3:10-12). Wy dus jou lewe aan Jesus Christus en sluit by sy seëvierende kerk aan!

Sielskos: Matt 5:7; Matt 18:21-35; Ps 103:8-18; Klaag 3:22-24