Sleutels tot Bybelstudie (3)
2018-01-06Matteus 7:24 NLV
Sekere produkte kom met ‘n waarskuwing: ‘Pasop! Hierdie produk kan jou gesondheid benadeel!’ In plaas van om jou te help, kan sekere soorte Bybelstudie jou eintlik seermaak. Die Bybel sê, ‘…Kennis laat ‘n mens belangrik voel…’ (1 Korintiërs 8:1 NLV). Teen die tyd wat ‘n Fariseër ingeseën is, kon hy ure en ure se wette uit die Ou Testament opsê. Tog het Jesus gesê dat die Fariseërs soos witgepleisterde grafte is; gevul met dooie bene. Satan ken die Skrif so goed dat hy dit kon aanhaal toe hy Jesus in die woestyn versoek het. Wat is Satan se hoofkwaliteit? Trots. Dit is die sonde wat veroorsaak het dat hy uit die hemel gegooi is. Die hele punt daarvan om die Skrif te bestudeer is om jou meer afhanklik van God te maak en jou die regte lewensbenadering te gee. Mense lees die Skrif hoofsaaklik om drie redes: 1) Om bewyse te kry wat hulle sienswyse ondersteun. 2) Om beloftes te kry wat op hulle spesifieke behoeftes van toepassing is. 3) Om beginsels te ontdek om volgens te lewe. As jy wys is sal jy ‘n lid van die derde groep wees. Jesus het gesê, ‘Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ‘n verstandige persoon wie se huis op soliede rots gebou is.’ Wanneer die storms van die lewe opdaag, het die wyse man se huis stewig gestaan terwyl die dwase man – die een wat nie dit wat hy geweet het uitgeoefen het nie – se huis ineengestort het. Bykomende kennis bring meer verantwoordelikheid mee. As jy dus nie beplan om die kennis wat jy uit jou Bybelstudie kry toe te pas nie, is dit beter dat jy glad nie die Bybel bestudeer nie.
Sielskos: Lev 5-7; Matt 5:1-12; Ps 10:12-18; Spr 1:17-19