Sadrag, Mesag en Abednego (1)

2018-06-01
Daniël 2:49 NLV

Sadrag, Mesag en Abednego het geweet dat hulle tereggestel sou word as hulle weier om voor die dertig meter hoë standbeeld van koning Nebukadnesar te buig. Hulle het egter ‘n bepalende besluit geneem om te doen wat reg is, eerder as om voor dit wat verkeerd is te buig. Die meeste van ons sou met ‘n dosyn rasionalisasies vorendag kon kom: ‘Ek buig dalk aan die buitekant, maar ek staan regop aan die binnekant,’ of ‘Ek sal vir vergifnis vra direk na ek klaar gebuig het,’ of ‘Hoe kan ek vir God werk as ek dood is?’ Dis egter ons rasionalisasies wat dikwels sy openbaringe nietig maak. Wanneer ons ons integriteit onder verdenking plaas, los ons nie veel plek vir sy goddelike ingryping nie. Wanneer ons sake in ons eie hande neem, neem ons God uit die situasie uit. Wanneer ons probeer om ‘n situasie te manipuleer, verbeur ons ‘n wonderwerk. As Sadrag, Mesag en Abednego hulle integriteit prysgegee het en voor die standbeeld gebuig het, mag hulle dalk steeds uit die oond gered gewees het – maar dit sou deur Nebukadnesar se hand plaasgevind het, nie deur God s’n nie. Hulle sou hulle getuienis prysgegee het deur die toets te faal. Hulle mag dalk hulle eie lewens gered het, maar hulle sou hulle integriteit opgeoffer het. Dit was hulle integriteit wat die sneller vir die wonderwerk was. Dit was hulle integriteit wat God toegelaat het om op te daag en sy mag ten toon te stel. Hulle integriteit het dividende betaal: ‘Daarna het [die koning] Sadrag, Mesag en Abednego bevorder en nog hoër posisies aan hulle in die provinsie van Babel gegee’ (Daniël 3:30 NLV). Wanneer jy die regte ding doen, sal God die regte ding vir jou doen!

Sielskos: Klaag 3:40-5:22; Mark 13:1-11; Ps 113; Spr 14:1-4