S.O.S. gebede
2018-03-23Psalm 46:1-2 NLV
Een dag het ‘n vrou deur die platteland gery toe sy ‘n tornado sien aankom. Sy het agter haar kar weggekruip en gekyk hoe dit ‘n huis platvee. Toe die tornado verby is, het sy soontoe gehardloop waar daar nou net ‘n gat in die aarde was en ‘n man gesien wat gehurk met sy oë toegeknyp in die tornadoskuiling sit. ‘Is jy okay? Is daar enigiemand anders daar saam met jou?’ het sy gevra. ‘Nee,’ het hy geantwoord. ‘Net ek en God, besig om ‘n dringende gesprek te hê!’ Niks vuur gebed soos ware nood aan nie; in ‘n krisis sal selfs ongelowiges bid. Daar is sekere kwessies in ons lewe wat ons eenvouding nie self kan oplos nie, dus het die Psalmdigter geskryf, ‘In tye van nood sal ek U aanroep, en U sal my antwoord’ (Psalm 86:7 NLV). Wanneer jy uit opsies gehardloop het, ontwikkel jou geloof vinnig en word noodgevalle geleenthede om God se genade en krag op ‘n groter skaal te ervaar. As jy dus vandag in ‘n S.O.S. situasie is, is hier ‘n gebed wat God sal beantwoord: ‘Vader, dit voel asof ek in ‘n onmoontlike situasie is met geen manier daaruit nie. Laat my toe om u teenwoordigheid en die bemoediging van die Gees aan te voel. Herinner my dat met U, alle dinge moontlik is vir diegene wat glo. Van waar ek staan, lyk dinge hopeloos. U is egter die God wat die aarde uit niks geskep het en die Rooi See teruggerol het sodat u kinders dit veilig kon oorsteek. U het die blindes laat sien, die kreupeles laat loop en die dowes laat hoor. Vandag dank ek U dat u my God is en dat U altyd gereed is om in nood te help.’
Sielskos: Hos 6-10; Matt 26:47-56; Ps 116:12-19; Spr 8:10-13