Probeer God uit
2018-08-29Handelinge 2:38 NLV
‘n Plakkaat op ‘n kerk se kennisgewing bord het gelui: ‘Probeer God uit vir ‘n Week.’ Die idee was eenvoudig genoeg: As jy Hom vir ‘n week uitprobeer en nie van die resultate hou nie, kan jy weer na jou ou lewe toe terugkeer. Petrus het nie die skare op Pinkster aangesĂȘ om God vir ‘n week uit te probeer nie. Hy het gepreek, ‘…Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang. Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep’ (verse 38-39 NLV). ‘n Vis probeer nie uit die water kom nie; hy het water nodig om te oorleef. ‘n Plant probeer nie uit die grond kom nie; dit het grond nodig om te groei. Net so probeer jy nie van God wegkom nie; jy het God nodig omdat daar ‘n leemte binne-in jou is wat net Hy kan vul. Hy wil egter nie net in jou lewe inkom nie; Hy wil jou lewe oorneem! ‘Maar ek sukkel met sekere swakpunte,’ sĂȘ jy. Die waarheid is dat ons almal met sekere neigings gebore word; sommige is net meer sigbaar as ander. Dis hoekom elkeen van ons ‘…van bo gebore…’ (Johannes 3:3 NLV) moet word. Soos Jesus aan Nikodemus verduidelik het, alhoewel hy ‘n natuurlike geboorte gehad het, het hy ook ‘n geestelike geboorte nodig gehad. Verlossing en die waarborg van die hemel vind onmiddellik plaas; al wat jy moet doen is om jou vertroue in Christus te plaas. Om jouself aan die heerskappy van Jesus onderdanig te maak, is ‘n projek waaraan jy van die nuwe geboorte, tot die Nuwe Jerusalem, sal moet werk.
Sielskos: 2 Kro 32-34; Luk 18:1-17; Ps 119:145-160; Spr 22:14-16