Opbou van mense (1)

2017-12-21
Romeine 16: 1-2 NLV

Jou kerk het gemeentelede nodig wat daaraan toegewyd is om mekaar te ondersteun en aan te moedig. Mense soos Febe, wat volgens Paulus ‘…al baie gelowiges ondersteun het…’ Die Bybelse geleerde, H.F. Moule, het Febe as ‘n ‘kampioen, wat vir ander opgestaan het, ‘n toegewyde, moedige vriendin vir bekeerlinge in die moeilikheid, wat die strydgevegte van protes gestry het waar sy onderdrukking teëgekom het,’ beskryf. Dis ‘n lywige taak! In vandag se ‘Ek-Generasie’ is nie baie mense gewillig om so ‘n taak aan te pak nie. Die waarheid is dat daar nie ‘n groter belegging as in mense is nie. Wanneer jy in ‘n ander persoon belê, gee jy jouself ‘n geskenk, omdat jy nie hulle pad kan belig sonder om jou eie pad te verlig nie. Die goddelike beloning weeg ook meer as enige aardse beloning: ‘Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…’ (Efesiërs 6:8 NLV). Soos een pastoor opgemerk het: ‘Jy het iets wat niemand anders kan gee nie. Dink daaraan hoe om iemand anders se lewe beter te maak. Wie kan jy ondersteun en versterk? Iemand het vandag bemoediging nodig. Iemand het nodig om te weet dat jy in hom glo, dat jy daar is vir hom, dat jy dink hy het wat dit benodig om sukses te behaal. As jy terugkyk, is die kans goed dat iemand anders ‘n belangrike rol gespeel het om jou te help om te kom waar jy vandag is. ‘n Ouer of ‘n onderwyser wat vertroue in jou gehad het. ‘n Baas wat jou in ‘n hoër posisie aangestel het as waarvoor jy gekwalifiseerd gevoel het. Iemand wat meer in jou gesien het as wat jy in jouself gesien het.’ Dis nou jou beurt!

Sielskos: Job 15-17; Luk 1:39-56; Ps 128; Pred 10:1-4