Oorkom jou vrese (2)
2017-11-12Psalm 112:7 NLV
Kom ons kyk na sommige van ons algemeenste vrese en hoe ons hulle kan oorkom. Vrees vir mislukking. Hierdie is die algemeenste vrees en weerhou ons daarvan om enige visie wat God vir ons gegee het, te vervul. As ons egter na die ware gevolge van mislukking kyk, is die kans goed dat jy sal lag oor die mag wat dit het. Nie net kan jy jou foute oorleef nie, hulle help jou om daaruit te leer en verskerp en verbeter jou as persoon. Wat daarvan as jy ‘n fout tydens jou aanbieding maak? Niemand gaan jou skiet nie? Wat daarvan as jy ‘n fout met jou projek of in jou somme maak? Ons almal wil perfek wees, maar die feit is dat ons almal foute het. In realiteit skep ons irrasionele vrees vir mislukking en ons weiering om foute te aanvaar, baie meer probleme in die langtermyn. Wanneer mense weier om die moontlikheid te aanvaar dat hulle ‘n fout kan maak, is hulle dikwels huiwerig om iemand anders toe te laat om hulle werk na te gaan of om die projek waaraan hulle werk te hersien. As gevolg daarvan maak hulle op die ou einde meer slegte besluite en foute, wat op sy beurt hulle bestaande onsekerhede aanspoor. Om te misluk maak nie van jou ‘n mislukking nie. Net wanneer jy tou opgooi, nie daaruit leer nie en weier om op te staan wanneer jy geval het, is jy een. Die Psalmdigter het gesĂȘ, ‘Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here.’ Gebruik die gawes wat God jou gegee het, neem ‘n risiko op geloof gebaseer en vertrou Hom vir sukses. As jy dit doen, ‘…sal [jy] dan sukses behaal op jou pad…’ (Josua 1:8 NLV).
Sielskos: 2 Kon 5:1-27; Matt 6:19-34; Hand 5:1-11